Fiela bly saam met haar ouma op die hoek van Cunninhamlaan, oorkant die NG Kerk Waverley (Die gemeente waar ek dominee is). Die res van Fiela se familie bly in die Noord-weste. Fiela se ouma bly by die mense wie se huishulp sy is. Fiela se ouma sê die mense is goed vir haar want hulle laat Fiela toe om by hulle te bly, en as hulle vir haar kos gee dan gee hulle altyd vir Fiela ook.
Lena is huishulp in Cunninghamlaan 1263, die gemeente waar ons werk se huis waarin ons gesin, Lena (Sy is die oudste) en ek en Renate en René bly. Vir Lena is ek is Maruti en Renate is Ma-maruti. Elkeen van ons kinders het by Lena ‘n ander naam, ‘n troetelnaam. Andrea is “Alla”; Elané is Elanétjie; René is “Nanie-Nel;, haar witbroodjie vir wie sy nooit kwaad word nie en vir wie sy enige iets sal doen, is Seuneman, ons seun Andries. Lees voort “fiela se ouma”