WERKLOOSHEIDSYFERS IN SUID AFRIKA HET DRASTIES VERMINDER

Ek het ‘n doelbewuste keuse gemaak om in Suid Afrika te bly. Daarmee spreek ek geen vorm van oordeel uit oor enige iemand wat ‘n keuse gemaak het of ‘n keuse maak om te bly nie. Die keuse beteken nie dat ek nie bang is dat ek beroof en selfs doodgemaak kan word nie, die keuse beteken net dat ek hier gaan bly omdat ek in my hart daarvan oortuig is dat die Here my tot hierdie land en selfs hierdie streek geroep het.

Ek is ook in my hart daarvan oortuig dat baie ander mense ook die keuse maak om te bly. Dit is veral die Afrikaanse pers wat ‘n uiters negatiewe prentjie oor die land teken, en daardie negatiewe boodskap maak dit moeilik vir mense wat kies om te bly.

Daar is ook goeie nuus waarvan ons wat gekies het om te bly gerus maar kan kennis neem. Die goeie nuus bevestig aan ons dat ons die regte keuse gemaak het.

Daar is ‘n webwerf met die naam: South Africa: The Good News. Hierdie artikel  is die hoof-artikel op die webwerf vandag. Ek plaas dit net soos dit daar staan:

“South Africa’s unemployment rate sank to 23 percent in September last year, a record low since the inception of the Labour Force Survey in 2001, Statistics SA said on Thursday. Lees voort “WERKLOOSHEIDSYFERS IN SUID AFRIKA HET DRASTIES VERMINDER”

CHRISTEN WANBEGRIP – ‘N NUWE AANSLAG

Ek is baie verbaas oor die baie kommentaar wat ek gekry het op my vorige skrywe oor Christen wanbegrip. Ek is veral verbaas oor die hoeveelheid mense wat reageer en sê ek gaan nie kerk toe nie, maar ek het wel die behoefte om kerk toe te gaan, of ek gaan nie kerk toe nie, maar dit beteken nie dat ek nie glo nie.

Daar is ‘n hele paar mense wat reken dat die gelowiges buite die kerk ‘n groeiende getal is. Hierdie is een van die redes vir geweldige groei wat “emergent” beweging veral in die VSA beleef. Hulle fokus op daardie mense wat nie meer kans sien om in die huidige kerk-sisteem as gelowiges te funksioneer nie. Een van hulle het bv. ‘n kerk in ‘n ongebruikte kroeg oopgemaak waar mense tydens die erediens by die kroegtoonbank of rondom die tafels gesit het.

Belangrike name in hierdie gesprek is Scot McKnight (Hy kom in Mei-maand Suid Afrika toe) en Brian McClaren.

Die “emergent” beweging is op soek na daardie mense wat die rug op die modernistiese-era gedraai het en nou in ‘n era leef waarvoor hulle nie regtig ‘n naam het nie, en daarom noem hulle dit sommer die post-moderne era.

Die post-moderne mens vra veral met betrekking tot leierskap in die kerk ‘n nuwe aanslag. Lees voort “CHRISTEN WANBEGRIP – ‘N NUWE AANSLAG”

CHRISTEN WANBEGRIP – SOUT EN LIG

Adrie skryf op haar blog – doringsensomsrose onder die opskrif: CHRISTEN WANBEGRIP oor christene met ‘n klein lettertjie. Haar groot frustrasie (en baie ander sin ook) is met mense wat graag getuig dat hulle christene is, maar wie se lewe die teenoorgestelde wys. Wat my onder andere getref het was hoeveel mense daar kommentaar lewer wat sê dat hulle hulleself as gelowiges sien, maar nie deel van die kerk sien nie, juis as gevolg van hierdie teenstrydigheid.

Ek is besig met leeswerk met die oog op ‘n preek Sondag 6 April. Voordat ek op Adrie se “blog” afgekom het, het ek reeds besluit dat ek oor ons roeping om sout en lig te wees gaan preek. Lees voort “CHRISTEN WANBEGRIP – SOUT EN LIG”

SAAM MET JESUS OPGESTAAN

Op Paassondag was die boodskap in ons gemeente dat Jesus Christus uit die dood uit opgestaan het, en dat elkeen wat in Hom glo saam met Hom opgestaan het. Die tema was: Die opstanding maak ons opstandig en die opwekking maak ons opgewek. Die opstanding van Jesus het egter ook hierdie toekoms boodskap: Omdat Jesus uit die dood opgewek is, kan elkeen wat in Hom glo verwag om ook uit die dood opgewek te word. Ons Almagtige God en Vader het Jesus Christus uit die dood laat opstaan en hierdie waarheid word verwoord in een van ons liedere wat sê: “Jesus leef en ons met Hom, dood wie sou vir jou nog bewe.”

Dr. Charles Hodge het die volgende geskryf na aanleiding van die dood van Laura Bridgman: Lees voort “SAAM MET JESUS OPGESTAAN”

OPRAH WINFREY – A COURSE IN MIRACLES

Ek kry ‘n e-pos met hierdie inhoud:

Be aware and on guard against false teachings. (http://www.crossroad.to/articles2/007/smith-oprah.htm)” or “Oprah and Friends” Barack Obama to teach course on New Age Christ ……… Jesus Christ being reinvented, redefined, and blasphemed and, this false New- Age Christ teaching is about to make huge inroads into the world, with the help of the queen of television talk shows, Oprah Winfrey.

Oprah Winfrey, beginning January 1, 2008, on her daily radio program will offer a year-long course on the New Age Christ, in a lesson a day and completely cover the 365 lessons from the Course in Miracles “Workbook.”

Listeners will be encouraged to buy A Course in Miracles for the year-long course, and an audio version, recited by Richard (John Boy Walton) Thomas will be available on compact disc. Lees voort “OPRAH WINFREY – A COURSE IN MIRACLES”

LEEF IN DIE TEENWOORDIGHEID

Die oorspronklike Markus-evangelie eindig by Markus 16:8. Alles in die laaste verse (9-20) is anders as die res van die Evangelie. Daarmee saam is hierdie slot in nie een van die belangrikste manuskripte wat gevind is nie. Die Evangelie eindig dus sonder ‘n logiese slot. Twee moontlikhede word meestal genoem. Die een is dat Markus nie lank genoeg gelewe het om die slot te skryf nie, of dat die slot weggeraak het.

Wat besonder belangrik is, is hoe die taak en rol van die kerk in hierdie verse uitgespel word. Die man wat die slot geskryf geskryf het, was daarvan oortuig dat die Here Jesus aan die kerk sekere take gegee het wat gedoen moet word. Lees voort “LEEF IN DIE TEENWOORDIGHEID”

INTIMITEIT MET GOD

Ek  lees gewoonlik meer as een boek gelyk. Ek het jare terug agtergekom dat as ek net een boek op ‘n slag lees, raak ek verveeld met die boek en dan maak ek selde die boek klaar. As ek twee boeke gelyktydig lees, dan neem dit my langer om ‘n boek klaar te maak, maar ek maak dan gewoonlik altwee klaar.

Op hierdie stadium lees ek Marin Lloyd Jones se “The Beatitudes” en Phillip Yancey se boek “Reaching for the Invisible God”. In Lloyd Jones se boek lees ek van die honger en dors na wat reg is vir God en in Yancey se boek hierdie woorde: “Sometimes God allows us to determine the intensity of His presence.” Hierdie twee gedagtes het my op die spoor gesit van Intimiteit met God. In my eie lewe beleef ek hierdie honger en dors na intimiteit met God, terselfdertyd herinner Yancey my daaraan dat God my soms toelaat om die intensiteit van ons intimiteit (Sy nabyheid of teenwoordigheid in my lewe) te bepaal.

Hierdie stukkie is nou maar die resultaat van my leeswerk oor die onderwerp. Lees voort “INTIMITEIT MET GOD”

ADVOKAAT NORMAN ARENDSE IS NIE ‘N RASSIS NIE

Aanvanklik wou ek die opskrif by hierdie inskrywing gemaak het NORMAN ARENDSE IS ‘N RASSIS. Toe gaan kyk ek bietjie na die definisie van ‘n rassisme by WIKIPEDIA. Wikipedia se definisie van rassisme is: “Racism has many definitions, the most common being that members of one racial group consider themselves intrinsically superior to members of other racial groups.”

Nou is ek nie seker of Norman Arendse ‘n rassis is of nie. Die rede waarom ek hieroor onseker is, is die polemiek die laaste paar weke rondom hierdie groot baas (snaakse term in ‘n rassisme gesprek)  van Krieket SA. Uit al die gesprekke die laaste paar weke wil dit vir my voorkom asof Norman Arendse nie dink dat anderskleurige krieketspelers op hulle eie vaardighede en vermoëns of eie meriete in staat is om die nasionale krieketspan te haal nie. Lees voort “ADVOKAAT NORMAN ARENDSE IS NIE ‘N RASSIS NIE”

JESUS – LEEF!!!

Eintlik weet ons nie wat ons sê wanneer ons sê dat Jesus uit die dood opgestaan het. Hierdie is ‘n unieke gebeurtenis en kan met geen ander gebeure vergelyk word nie. Jesus se opstanding gaan ons ervaring en ons rede te bowe, met ander woorde: Ons het nog nooit so iets beleef nie en weet nie hoe om hierdien gebeurtenis te verklaar nie.

Jesus se opstanding is die wonderlike vreugde van Paasfees, maar as iemand ons vreugde aanskou het en daarna vir ons kom vra om hierdie gebeure te verklaar, dan staan ons telkens weer met ‘n mond vol tande. Lees voort “JESUS – LEEF!!!”

JESUS – DOOD

Vandag is die dag na Jesus se kruisiging. Die Evangelies is duidelik daaroor dat Jesus aan die kruis gesterf het en dat Hy daarna begrawe is en dat die graf verseël is. Die kerk oor die wêreld kom gewoonlik die Vrydag van die kruisiging by mekaar en dan weer die Sondag-oggend met die doel om die opstanding te vier.

Tog word ons ontneem van een van die kardinale waarhede van die Goeie Nuus oor Jesus. Jesus was dood. Vrydag sê ons: Jesus is gekruisig. Sondag sê ons: Jesus het opgestaan. Saterdag behoort ons vir mekaar te sê: Jesus het gesterf.

Jesus se hart het ophou klop. Daar was ‘n tyd toe Jesus se liggaam geen teken van lewe getoon het nie, omdat daar geen lewe in sy liggaam meer oor was nie. ‘n Tyd toe die dissipels vir mekaar moes sê: Jesus is dood. Jesus het gesterf.
Martin Luther het oor hierdie dag gesê dat die duiwel hier oor God die oorhand gekry het; Lees voort “JESUS – DOOD”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑