Enige persoon wat in God drie-enig glo, is onlosmaaklik deel van die huisgesin van God. Om saam met ander gelowiges kinders van God te wees, impliseer tog duidelik die gedagte van ‘n geloofsfamilie. (Sien Ef 1:5) God het ons geskep en herskep om as deel van hierdie geloofsfamilie te laat wees. (Sien 1Kor 12:13-26) God gee ons met ons verskillende gawes vir mekaar sodat ons geestelik volwasse kan word. (Sien Ef 4:11-16) Geestelike groei kom dus as gevolg van ons interaksie met dié mense saam met wie ek in ‘n geloofsfamilie is.
In Hebreërs 10:24 staan hierdie mooi woorde: “Laat ons na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie werke.” en in 1 Tessalonisense 5:11: “Praat mekaar moed in en versterk mekaar…”
In die tyd waarin ons lewe, het ons so geïsoleerd begin lewe Lees voort “‘n Geestelike Reisgenoot”