‘N NUWE HART

Een van die meer bekende uitsprake van Jesus is die een wat Hy teenoor Nikodemus gemaak het toe Hy gesê het dat Nikodemus nodig het om weergebore te word. Ek verkies om die uitwerking van die weergeboorte as ‘n proses te sien, maar terselfdertyd as ‘n appèl. Met ander woorde, ek dink die feit dat ek weergebore is, is iets wat hoe langer hoe meer in my lewe tot uitdrukking kom, maar terselfdertyd is die saak van weergeboorte n appèl (Engelse sou dalk gesê het ‘n “challenge”) om dit wat reeds waar is van my in my lewe sigbaar te laat word.

Dalk kan ‘n mens weergeboorte ook beskryf as ‘n nuwe begin. Lees voort “‘N NUWE HART”

VERSKILLENDE GENERASIES IN EEN KERK?

Die vraag wat in hierdie week tydens die Noordelike Sinode se byeenkoms by Weesgerus in my hart begin leef het is: “Kan verskillende generasies in die kerk van die Here Jesus mekaar se hande vat en saam die koninkryk van God in Suid Afrika en in die wêreld bou?”

Die verskillende mense wat telkens saam met my aan die tafel gesit het, het hierdie vraag by my laat ontstaan. Daar is eers diegene wat in die tyd voor 1994 reeds ‘n betekenisvolle rol in die kerk gespeel het; daar was ook diegene (soos ek self) wat eers na 1994 daarin kon begin slaag om enigsins ‘n  rol in die kerk te speel; Lees voort “VERSKILLENDE GENERASIES IN EEN KERK?”

NOORDELIKE SINODE EN ZIMBABWE

Die gemeentes in Rustenburg is deel van die Noordelike Sinode. Ons het van Dinsdag tot Donderdag by Weesgerus naby Nylstroom bymekaar gekom. Ek was deel van die taakspan wat die Sinode help beplan het, en dit was een van die redes warom ek so lank laas kans gekry het om te “blog”.

Die drie NG gemeentes in Zimbabwe (Daar was voorheen baie meer), is ook deel van die Noordelike Sinode. Een van die dinge wat vir my uitgestaan het, was toe die predikant in Harare, Piet van Vuuren, se vrou Grieta vertel het van hoe dit in Zimbabwe gaan. Lees voort “NOORDELIKE SINODE EN ZIMBABWE”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑