en sê nou ng waverley se deure maak more toe

‘n Vrou skakel verlede week een van ons gemeente se leraars. Sy is onderwyseres in die grondslag-fase by een van die laerskole in ons omgewing. Sy vertel van die nood wat die leerders in daardie skool beleef. Die kinders het nie skryfbehoeftes nie. Hulle kort goed soos skrifte, potlode en liniale. Ons besluit toe om die gemeente te vra om te help.

Ons kondig toe by die drie eredienste af van die nood. Teen gisteraand het ons n bedrag van R2200 gehad en ons het reeds skrifte vir 60 kinders en n klomp potlode en liniale. Sommige mense het inkleurkryte en “kokie-penne” gekoop. Tieners het gisteraand opgewonde gereageer en die boeke en potlode ens. sal deur die loop van die week by die juffrou se eie kinders wat saam met die tieners in die skool is gegee word.

Iemand het verlede jaar gevra of Waverley sal weet as NG Waverley nie meer daar is nie. Lees voort “en sê nou ng waverley se deure maak more toe”

Stiltetyd – gebed

Gebed is ‘n wesenlike deel van stiltetyd. Jesus het vir sy dissipels die Ons Vader gebed geleer. Die Roomsekatoelike bid die Ons Vader deurlopend. Ek reken dat dit selfs n goeie gebruik of gewoonte kan wees. Ek weet van besware teen gewoonte-Christene ens. maar daar is slegter gewoontes wat ‘n mens sou kon aanleer. Probeer gerus net vir een daag om elke uur op die uur vir ‘n oomblik stil te raak en die Ons Vader gebed te bid. Besef dan die dissipline wat daarmee gepaard gaan maak kyk veral of dit dalk vir jou enige betekenis gehad het.

Volgens die evangelies was Jesus dikwels alleen om te bid. Frank Laubach en Brother Lawrence het ‘n besondere boekie geskryf: “Practicing the Presence of God.” Frank Laubach het eintlik die boekie geskryf en groot dele van Brother Lawrence se werk bygesit. Die tweede helfte van die boek is net Brother Lawrence se werk. Lees voort “Stiltetyd – gebed”

help! my stiltetyd

Ek kry onlangs ‘n noodkreet: Help my asseblief! Ek het n behoefte aan n sinvolle stiltetyd, maar ek weet nie mooi hoe nie. My stiltetyd was vir baie jare sinvol, maar ewe skielik…

Ek dog toe ek gee ‘n paar wenke.

Die eerste wenk wat ek wil gee as dat stiltetyd nie as een van die reëls/wette  van die Christelike lewe gesien moet word nie. Ons moenie stiltetyd hou omdat ons dink dit is die regte ding om te doen nie. Stiltetyd behoort die manier te wees waarop ek uitdrukking gee aan ’n diep en intense verlange om by God te wees. Tyd alleen met God is ’n voorreg en nie ’n plig nie, selfs nie ’n verantwoordelikheid nie. ’n Paar riglyne. Lees voort “help! my stiltetyd”

die kerk is nie besig om te sterf nie

Ek lees gister in Rapport hoe n sekere SGC (Ek wonder hoekom skryf hy onder n skuilnaam) van Oudtshoorn oor die kerk skryf. .Hy maak hoofsaaklik twee opmerkings.

Die eerste is dat die kerk sal moet leer om kritiek te verdra. Hy is natuurlik reg, ons as kerk (gelowiges) sal moet aanvaar dat alles wat ons glo om die waarheid te wees, onder die vergrootlglas van die rasionele gaan beland en dat andersdenkendes nie langer gaan stilbly wanneer hulle nie met ons saamstem nie. Alles word reeds bevraagteken. Die enigste probleem is dat mense soos SGC enige reaksie van die kerk (gelowiges) op ander se kritiek sien as n onvermoë om kritiek te hanteer. Lees voort “die kerk is nie besig om te sterf nie”

die kerk – bekommernis en hoop

Op verskeie plekke op die internet en in die pers is daar tans gesprekke oor die kerk wat vashou aan sekere belydenisse wat wetenskaplik nie verifieerbaar is nie. In Suid-Afrika het ons in die laaste jare gesien hoe geloof meer en meer plek maak vir die rede. Met ander woorde, dit wat ek nie met my verstand kan verwerk en verklaar nie, kan nie geglo word nie.

Die onlangse gesprek is aangevuur deur die brief van “Ds. Kannieamenkrynie” oor eredienste op Kersdag en dominees wat met teologiese stellings wat wetenskaplik nie bewys kan word nie, die hoorders verveel. Gister was dit weer Koot Bosman. Koot skryf:

“Ek en ander soekendes wil nie die kerk verlaat nie.  … maar ’n groeiende aantal lidmate soek ruimte en geleentheid om te bely en te glo soos ingeligte oortuiging hulle lei. Maar dan moet die kerk geloofwaardig bly deur oop te wees vir nuwe insigte en vrae wat daaruit voortvloei.”

Ek wil nie Koot se brief ontleed nie. Ek wil eerder ’n paar subjektiewe opmerkings maak oor wat ek hier in lees. Koot vra dat die rasionele en die wetenskap die laaste sê sal hê met betrekking tot die inhoud van ons geloof. Ek besef daar is al hoe meer Afrikaanssprekendes wat uit die teologiese “kas” uitklim en hulle soortgelyke standpunte uitspreek. Ek merk ook dat dit gesien word as die manier waarop almal regoor die wêreld deesdae oor teologie dink.

Die beklemtoning van die rede of die rasionele is ’n tipiese kenmerk van die modernistiese era wat sy oorsprong het in die Verligting (Enlightenment). Lees voort “die kerk – bekommernis en hoop”

gesprekke in 2011

Ek het onlangs ‘n baie negatiewe en beledigende kommentaar op een van my “posts” gekry. Die gevolg was dat ek my blog vir eers vir kommentaar gesluit het. Ek wil graag bietjie agtergrond hieroor gee aangesien ek graag in 2011 weer die “blog” wil laat herleef.

As n reël gee ek nie om vir opmerkings of kommentaar wat van myne verskil nie. Hierdie betrokke persoon het egter in haar kommentaar dinge geskryf wat baie lank terug in my lewe gebeur het. Ek moet eerlik wees en sê dat die dinge wat sy gesê het nie alles onwaar is nie, maar dat alles wat sy gesê het ook nie waar is nie. Sy het die waarheid ekstra bietjie ekstra kleur probeer gee. Ek vermoed die rede is omdat sy nie saamgestem het met iets wat ek in een van my “posts” geskryf het nie.

Ek is baie Verleë  oor dinge wat in my lewe gebeur het, Lees voort “gesprekke in 2011”

Blog at WordPress.com.

Up ↑