TYD VIR DIE KERK OM OP TE STAAN

Dr. Chris Jones, ‘n teoloog van Stellenbosch, het op 19 Januarie 2013 in Die Burger hierdie artikel geplaas. Chris “challenge” my om te dink oor hoe ek oor “homoseksuele” dink en voel.

Ek “paste” sommer die hele artikel hier.

Dit is tyd dat die NG Kerkfamilie en ander Protestantse kerke die teologiese uitdaging van homoseksualiteit aanvaar en etiese leiding neem ter wille van God se koninkryk en gays se waardigheid, skryf Chris JonesVolgens my lees van die Bybel lewer nóg die Ou nóg die Nuwe Testament uitspraak oor homoseksuele oriëntasie soos ons dit vandag ken, óf oor ’n intieme verhouding tussen twee volwassenes van dieselfde geslag, gegrond in ’n monogame verbintenis en gekenmerk deur liefde, respek en menswaardigheid. Waaroor dit wél in die Bybel gaan, is homoseksuele verkragting, wellus, tempelprostitusie en pederastie (’n man wat onsedelike verhoudings het met persone van sy geslag, veral met jong seuns).

Hierom moet ons baie versigtig wees hoe ons die Bybel gebruik wat homoërotiek betref. Lees voort “TYD VIR DIE KERK OM OP TE STAAN”

HET DIE KERK ‘N “MESSIAS VIRUS”?

Ek lees Eugene Peterson se boek The Pastor: A Memoir. Eugene Peterson skryf:

“The messianic virus, which can so easily decimate the pastoral vocation once it finds a host (me!), is hard to get rid of.”

Hierdie “messias virus” het my sommer regop laat sit. Eugene Peterson sê die gevolg van die virus was dat hy op ‘n ander manier na sy gemeente gekyk het.

“… I realized in myself a latent messianic complex, which given free reign, would have obscured the very nature of congregation by redefining it as a gathering of men and women whom I was in charge of helping with their problems.

Volgens hom het hierdie “messias kompleks” tot gevolg gehad dat sy fokus geskuif het.  Lees voort “HET DIE KERK ‘N “MESSIAS VIRUS”?”

HOEKOM VAT DIT SO LANK?

Ons het gisteraand ‘n kleingroep gehad. Ons het oor Jesaja 62:1-5 gepraat. ‘n Teks wat vir my mooi momente gehad het en tog op ‘n wonderbaarlike manier ook vir my hoop gebring het vir die tyd waarin ons lewe. Ons lees gedeelte in die groep. Soos gewoonlik begin ons met die vraag: Wat steek by jou vas wanneer jy die gedeelte lees? Die eerste reaksie van iemand in die groep is: Hoekom vat dit so lank?  Lees voort “HOEKOM VAT DIT SO LANK?”

DIE KERK – THE BEAUTY AND THE BEAST

Die sprokie “The Beauty and the Beast” gaan oor ‘n verhouding tussen twee ongelyke verhoudingsvennote. Die skone prinses en die afskuwelike dierasie. Ek lees hierdie week Jesaja 62:1-5 met die oog op Sondag se preek en ek sien raakpunte met die sprokie. Terwyl ek so voorberei dink ek ook aan die gesprekke hier rondom my eie koffietafel en op nog ander plekke in die kuberruim. Ek lees en dit lyk soms vir my of mense moed opgegee het met die kerk.

Jesaja 62 het hierdie besonderse metafoor van ‘n huwelik. ‘n Huwelik tussen twee ongelyke verhoudingsvennote, God en Israel.  Israel wat nou bekend staan as “verstote vrou” en die land as “die een wat verlate lê”. (Jesaja 62:4) Die “Beast” in die sprokie as jy wil.

Die rolle is dus net omgekeerd. Lees voort “DIE KERK – THE BEAUTY AND THE BEAST”

WAT IS JOU GEESTELIKE PROFIEL?

Ek “challenge” jou.

Ek het vanoggend ‘n vraelysie met  tien vrae antwoord om te kyk wat my geestelike profiel is. Mens kan een van die volgende wees: “Believer, lover, seeker, maverick, companion,  thinker”.  Ek het myne vanoggend gedoen en was aangenaam verras met die resultaat. Ek is ‘n “BELIEVER”

Believers are people who naturally connect with the Holy One through simple trust. They are open and receptive to spiritual experiences and have an inner certainty that God is present in those experiences. Even when it appears that God is not acting overtly, they are confident in the movement of God’s Spirit.

When once they have been convinced of God’s presence and have given themselves in faith to God, they are not easily dissuaded from that trustfulness by situations or people that challenge their ready faith. Lees voort “WAT IS JOU GEESTELIKE PROFIEL?”

PASTOR TO PEOPLE IN THE LIONS DEN

My broer in die VSA doen my die groot guns om vir my Eugene Peterson se boek “The Pastor. A Memoir.” te stuur. Ek geniet die boek. In die begin was hy twee dae ‘n week professor by ‘n Universiteit en vier dae ‘n week “pastor” in ‘n gemeente. Hy skryf so oor die begin van sy bediening:

… I was getting a firsthand feel for what it meant to be a pastor on the ground.

Virginia, for instance. She was a shy worshipper easily overlooked. She showed up in my study  one day visibly terrified. Shaking she told me that her husband, Nick, was being threatened by the shylocks – if he didn’t come up up with five thousand dollars before the week was out, they would shatter his knees. Lees voort “PASTOR TO PEOPLE IN THE LIONS DEN”

EK GLO IN DIE OPSTANDING VAN DIE VLEES

Ding het op sy Stoep gevra wat mense glo as hulle bely dat hulle glo in die opstanding van die vlees. Ek dink ‘n paar dominees moet daar gaan lees. Ons het nie ons mense mooi geleer wat om te glo oor die opstanding van die vlees nie.  Mense weet nie wat om te glo nie. Meeste Christene weet net hulle mag nie glo wat die Nuwe Hervormers glo nie – wat ‘n goeie dinge is – maar hulle is ook nie heeltemal seker wat die Nuwe Hervormers hieroor glo nie. Net solank hulle nie dieselfde glo nie.

As ek nie op Ding se stoep mag speel nie, dan speel ek maar hier rondom my Koffietafel.

Ek is ‘n dominee, maar ek dink nie ek is die wêreld se skerpste teoloog nie. Lees voort “EK GLO IN DIE OPSTANDING VAN DIE VLEES”

DIE KERK VAN DIE TOEKOMS

Ding sukkel met my. Hy wil nou opsluit hê ek moet sê hoe ek die kerk van die toekoms sien.

Eers verskoning vir may afwesigheid. Twee moeilike begrafnisse en ek het die naweek gepreek tot dit by my ore uitloop.

Wel ek sal heel eerste moet sê dat ons maar net kan spekuleer oor hoe die kerk van die toekoms gaan lyk. Waaroor ons egter nie kan spekuleer is dat die kerk as die liggaam van Christus en die voertuig van God se genade na hierdie wêreld gaan bly voortbestaan. Lees voort “DIE KERK VAN DIE TOEKOMS”

JESAJA 43:1-7 (2)

Ek lees weer vanoggend Jesaja 43:1-7.

Konteks is die lens waardeur mense en tekste verstaan word. As jy die Bybel lees, moet jy die konteks van die teks ook in gedagte hou. Veral dit wat in die tekste voor die teks gesê word.

Die volk het gekla dat God hulle in die steek gelaat het. In 42:19 noem God hulle blind en doof. Hulle kyk maar hulle sien nie. Hulle hoor maar hulle luister nie. (42:20) Hulle is gevangenisse en daar is niemand wat probeer om hulle vry te maak nie. (42:22) Hulle het ‘n volk geword wat nie aandag gee aan hierdie dinge en wat dalk in die toekoms kan gebeur nie. (42:23)

Met ander woorde. In hierdie twee hoofstukke het ons ‘n egsprek tussen God en die volk Israel. In die vorige hoofstuk (42) wys God Israel se foute en mislukkings uit. Israel het misluk in dit wat God bedoel het dat hulle moet wees.

Nou sê God vir hulle dat Hy die Een is wat hulle geskep het en dat hulle nie bang hoef te wees vir die toekoms nie. (43:1) Lees voort “JESAJA 43:1-7 (2)”

JESAJA 43:1-7 (1)

Ons teksgedeelte vir die week is Jesaja 43:1-7. Wat ‘n wonderlike teksgedeelte is dit nie.

Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.

As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie,

want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder. Ek gee Egipte as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.

Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet, gee Ek mense in jou plek, volke in ruil vir jou lewe.

Moenie bang wees nie, Ek is by jou. Ek bring jou kinders van die ooste af, Ek maak hulle bymekaar van die weste af,

Ek sê vir die noorde: Gee! vir die suide: Moet hulle nie terughou nie! Bring my seuns van ver af, my dogters van die uithoeke van die aarde af,

elkeen wat na my Naam genoem word, elkeen wat Ek geskep het tot my eer, wat Ek gevorm het, wat Ek gemaak het.

Die eerste keer toe ek die gedeelte lees, toe dink ek natuurlik daaraan dat Lees voort “JESAJA 43:1-7 (1)”

Blog at WordPress.com.

Up ↑