WARE WYSHEID (DAG 26)

Ek het gisteroggend (Woensdag-oggend) ‘n heerlike sessie gehad met ons Bybelstudiegroep na aanleiding van Hebreërs 4:12. Sommige van hulle het gesê dat die tekste wat ons hierdie week lees, mens eintlik herinner aan Hebreërs 4:12 want as ‘n mens Jakobus ernstig neem, dan word jou diepste gevoelens, gedagtes en motiewe blootgelê.

Vanoggend is Jakobus 3:13 ons fokus.

Is daar ‘n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig.

As ek vir die teks ‘n paar vrae moet vra, sal dit iets soos die volgende wees:

Wat word bedoel met wys en verstandig?

Wat is die verskil tussen goeie gedrag en dade wat van nederigheid en wysheid getuig?

Is daar ‘n verskil tussen nederigheid en wysheid?

LEES DIE VERS WEER EN WEER  Lees voort “WARE WYSHEID (DAG 26)”

GELOOF EN WERKE – VINKEL EN KOLJANDER (DAG 25)

Die boek Jakobus daag die leser altyd uit. Die skrywer huiwer nie om ‘n ding skerp te sê nie. Soos byvoorbeeld dat iemand wie se geloof nie tot dade oorgaan nie, se geloof sonder meer dood is. Ons studiegedeelte vanoggend is Jakobus 2:17-18.

17 So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.

18 Maar iemand kan miskien sê: “Die een het die geloof en die ander het die dade.” Goed, wys dan vir my jou geloof wat sonder dade is, en ek sal jou my geloof wys uit my dade.

GELOOF TEENOOR WERKE – WERKE TEENOOR GELOOF

Ek sien raak dat geloof wat nie oorgaan in dade nie, dood is. Ek sien raak dat Jakobus sê dat hy juis sy geloof uit sy dade gaan bewys. Kom ons kyk na ‘n paar vertalings. Lees voort “GELOOF EN WERKE – VINKEL EN KOLJANDER (DAG 25)”

REEDS BY MY GEESTELIKE EINDBESTEMMING? (DAG 24)

Ek hoor Rick Warren sê dikwels in hierdie 40 Dae in die Woord veldtog dat ons net die dele van die Woord glo wat ons doen. Die paar verse wat ons vandag lees, laat mens dalk besef dat Rick nie verkeerd is nie. Ons lees Jakobus 1:22-25:

22 Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself. 23 Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in ‘n spieël kyk: 24 hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. 25 Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat ‘n mens vry maak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen.

LEES DIE GEDEELTE WEER EN WEER

Terwyl ek die gedeelte weer en weer lees, sien ek dat ek gewaarsku word dat ek myself dalk kan bedrieg. Ek sien ook die gedagte van “altyd net woord aanhoor”. Ek sien ook die gedagte van”verdiep in die volmaakte wet wat ‘n mens vrymaak”. So iemand sal gelukkig wees.

DINK OOR WAT GOD VIR JOU SÊ Lees voort “REEDS BY MY GEESTELIKE EINDBESTEMMING? (DAG 24)”

WOEDE – TEENVOETER VAN DIE KONINKRYK (DAG 23)

Die SOM DIT OP!  metode waarmee ons hierdie week werk het werklik die potensiaal om elkeen van ons nie net dieper in die betekenis van die Woord in die te neem nie, maar ook te vra: Hoekom sê die Here dit juis nou vir my? Ek was gisteraand verbaas om te sien hoe die tieners hierdie metode baasraak. Vandag kyk ons na Jakobus 1:19-20.

19My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie.

20’n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie.

LEES DIT WEER EN WEER

Ek lees eers die vers vir myself ‘n paar keer deur. Ek skryf die woorde of uitdrukkings neer waaroor ek meer sou wou dink. Bv.:

“in gedagte hou.”; “elke mens”; “te gewillig”; “luister”; “nie te gou”; “praat”; “kwaad word”; “nie reg voor God nie”

Nou gaan ek dieselfde gedeelte in ‘n paar ander vertalings lees: Lees voort “WOEDE – TEENVOETER VAN DIE KONINKRYK (DAG 23)”

WEES BLY OOR JOU SWAARKRY (DAG 22)

Hierdie week se metode is ‘n besondere metode. Die teksvers wat in die kleingroepe met behulp van die metode behandel gaan word, is Hebreërs 4:12 waarin die Woord van God as ‘n skerp twee-snydende swaard beskryf word. Wanneer mens hierdie metode begin gebruik, dan word die Bybel inderdaad skerper as ‘n twee-snydende swaard en lê dit ‘n mens se diepste bedoelings bloot. Ons noem hierdie metode die SOM DIT OP! metode. Die bedoeling is dat jy die paar verse in jou eie woorde saal opsom of parafraseer.

Ons lees hierdie week die boek Jakobus. Jakobus het vyf hoofstukke. Ons gaan elke dag by ‘n paar verse uit Jakobus stilstaan. Vandag se verse is Jakobus 1:2-4.

Uitdagings2 My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom,

3 want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.

4 En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming.

‘n Mens sou dalk kon gaan sit en vinnig ‘n parafrase hieroor skryf en daarmee dink dat jou werk afgehandel is, of jy sou bietjie “werk” kon insit en die teks toelaat om met jou te werk. Jy kan op die volgende manier bietjie werk insit: 

LEES DIE TEKS WEER EN WEER Lees voort “WEES BLY OOR JOU SWAARKRY (DAG 22)”

JESUS HET OPGESTAAN (DAG 21)

Ons lees vandag Markus 16:1-20.

Dit is ‘n redelik lang stuk, so ek gaan dit nie hier plaas nie. Jy kan dit egter HIER LEES.

Ons probeer die Bybel ondersoek met behulp van die akroniem B.O.S.V.A.R.K.I.E.  (Belofte om toe te eien; Opdrag om te gehoorsaam;Sonde om te bely; Voorbeeld om na te volg; Afdwaling om te vermy; Rede om die Here te loof; Knielgebed om te bid; Ingesteldheid (Gesindheid) om te verander; Egtheid (Waarheid) om te glo.)

Is hier ‘n belofte om toe te eien?

“Wie tot geloof gekom het en gedoop is, sal gered word.” Lees voort “JESUS HET OPGESTAAN (DAG 21)”

HIERDIE MAN WAS WERKLIK DIE SEUN VAN GOD (DAG 20)

Vandag is ons halfpad deur ons 40 Dae in die Woord veldtog. Hierdie week doen ons die ONDERSOEK DIT! metode aan die hand van die Akroniem B.O.S.V.A.R.K.I.E.  (Belofte om toe te eien; Opdrag om te gehoorsaam;Sonde om te bely; Voorbeeld om na te volg; Afdwaling om te vermy; Rede om die Here te loof; Knielgebed om te bid; Ingesteldheid (Gesindheid) om te verander; Egtheid (Waarheid) om te glo.)

Vandag kyk ons na Markus 15:33-39, Jesus se kruisiging.

33Teen twaalfuur die middag het daar duisternis oor die hele land gekom en dit het tot drie-uur geduur. 34Om drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eloï, Eloï, lemá sabagtani?” Dit beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat?

35Toe party van die mense wat daar naby gestaan het, dit hoor, sê hulle: “Hoor daar, hy roep vir Elia.”
36Een van hulle het toe gehardloop, ‘n spons in suur wyn gesteek en dit vir Hom op ‘n stok gehou om te drink. Hy het gesê: “Wag, kom ons kyk of Elia hom van die kruis kom afhaal.”
37Daarna het Jesus hard uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas.
38Die voorhangsel in die tempel het van bo tot onder middeldeur geskeur.
39Toe die offisier, wat reg voor Jesus gestaan het, Hom die laaste asem só sien uitblaas het, het hy gesê: “Hierdie man was werklik die Seun van God.”

Die verhaal van die kruisiging is eintlik baie bekend. Dalk is dit so bekend dat ‘n mens by iets verby kan lees.

Is hier ‘n belofte om toe te eien? Lees voort “HIERDIE MAN WAS WERKLIK DIE SEUN VAN GOD (DAG 20)”

AANBIDDING OF HULPVERLENING? (DAG 19)

Ek wens ek kon by elkeen wat deel is van ons 40 Dae in die Woord veldtog gaan sit en hulle persoonlike belewenis hoor. Die mense met wie ek praat vertel van nuwe diepte in hulle Bybelstudie en hulle stiltetyd en hulle  persoonluike verhouding met die Here. Mense vertel hoe gemotiveer hulle is om dit wat hulle leer en lees ook in die praktyk toe te pas.

Vandag se gedeelte is vir my besonder kosbaar. Die gedeelte van die vrou wat Jesus met olie gesalf het. Markus 14:3-9:

3Jesus was in Betanië in die huis van Simon die melaatse. Terwyl Hy aan tafel was, het daar ‘n vrou gekom met ‘n albaste fles egte, baie duur nardusolie. Sy het die fles oopgebreek en die inhoud daarvan op sy kop uitgegiet. 4Party van die mense het onder mekaar hulle verontwaardiging uitgespreek: “Waarvoor is hierdie vermorsing van reukolie? 5Hierdie reukolie kon vir meer as drie honderd silwermuntstukke verkoop en die geld vir armes gegee gewees het.” En hulle het teen haar uitgevaar.

6“Laat staan haar,” het Jesus gesê. “Waarom maak julle dit vir haar moeilik? Sy het ‘n goeie daad aan My gedoen. 7Julle het tog altyd armes by julle, en wanneer julle wil, kan julle aan hulle goed doen, maar vir My het julle nie altyd by julle nie. 8Wat sy kon, het sy gedoen. Sy het vooruit al my liggaam gesalf as voorbereiding vir my begrafnis. 9Dit verseker Ek julle: Oral waar die evangelie in die hele wêreld verkondig word, sal daar ook vertel word wat sy gedoen het, tot ‘n herinnering aan haar.”

Die metode waarvolgens ons hierdie week die Bybel lees, is met behulp van die akroniem B.O.S.V.A.R.K.I.E. (Belofte om toe te eien; Opdrag om te gehoorsaam; Sonde om te bely; Voorbeeld om na te volg; Afdwaling om te vermy; Rede om die Here te loof; Knielgebed om te bid; Ingesteldheid (Gesindheid) om te verander; Egtheid (Waarheid) om te glo.

Is hier ‘n Belofte om toe te eien? Lees voort “AANBIDDING OF HULPVERLENING? (DAG 19)”

VERGEWE OM VERGEWE TE KAN WORD? (DAG 18)

Vandag se gedeelte is dalk een van dardie gedeeltes in die Bybel wat dikwels bespreek word en selfs in omstredenheid gedompel word. Die teks is Markus 11:25

“En wanneer julle staan om te bid, en julle het iets teen iemand, vergewe hom; dan sal julle Vader wat in die hemel is, julle ook julle oortredings vergewe.”

Die verstaan van die hele kwessie oor vergifnis van ander en God wat dan vergewe is nie so maklik nie. Maar kom ons probeer aan die hand van B.O.S.V.A.R.K.I.E.

Is hier ‘n belofte om myself toe te eien? 

Die wonderlike belofte wat hier is, is dat God, my Vader wat in die hemel is, my oortredings vergewe. Die vraag wat onmiddelik opspring, is: Lees voort “VERGEWE OM VERGEWE TE KAN WORD? (DAG 18)”

WIE KAN DAN GERED WORD? (DAG 17)

Dag 17 van die 40 Dae in die Woord. Vanoggend se gedeelte is ‘n redelike lang gedeelte. Markus 10:17-31 – die gedeelte oor die ryk jongman.

17Net toe Jesus uit die huis uitkom om verder te gaan, kom daar iemand aangehardloop. Hy val toe voor Hom op sy knieë en vra Hom: “Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?”

18Daarop sê Jesus vir hom: “Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe God alleen. 19Jy ken die gebooie: ‘Jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuienis aflê nie,’ jy mag nie iemand veronreg nie, eer jou vader en jou moeder.”

20“Meneer,” sê hy vir Hom, “dit alles het ek van my kinderdae af nagekom.”

21Jesus het na hom gekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: “Net een ding kom jy kort. Gaan verkoop alles wat jy het, en gee die geld vir armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My!”

22Hy het egter geskrik toe hy dit hoor en het bedruk weggegaan, want hy het baie besittings gehad.

23Jesus kyk toe na sy dissipels rondom Hom en sê vir hulle: “Hoe moeilik sal mense wat ryk is, in die koninkryk van God kom.”

24Die dissipels was verbaas oor hierdie woorde van Hom. Jesus sê toe verder vir hulle: “Kinders, hoe moeilik is dit om in die koninkryk van God te kom. 25Dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te kom as vir ‘n ryke om in die koninkryk van God te kom.”

26Dit het hulle geweldig ontstel en hulle het vir mekaar gesê: “Wie kan dan gered word?”

27Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik.”

28Petrus sê toe vir Hom: “Kyk, óns het alles verlaat en ons volg U.”

29Jesus antwoord: “Dit verseker Ek julle: Daar is niemand wat ter wille van My en ter wille van die evangelie afgesien het van sy huis of broers of susters of moeder of vader of kinders of eiendom nie, 30of hy kry nou in hierdie tyd honderd keer soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en eiendom, saam met baie vervolging, en in die bedeling wat kom, die ewige lewe. 31Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste.”

Ons werk met die akroniem B.O.S.V.A.R.K.I.E. Lees voort “WIE KAN DAN GERED WORD? (DAG 17)”

Blog at WordPress.com.

Up ↑