Een van die koffiedrinkers hier by hierdie koffietafel stuur vir ny hierdie vraag:“Iets wat ek oor wonder die afgelope paar dae. Ek bid al baie lank vir ‘n sekere iets en gisteraand het ek gewonder… wanneer hou mens op bid vir iets? Ek meen word Jesus nie moeg as ek elke dag vir dieselfde ding vra nie? En hoe weet ek nie of die antwoord dalk nee is nie? Ek hou aan bid en bid en bid vir dit en dit gebeur nie, is die antwoord dalk nee en nou hou ek aan met vra? Dit klink vir my so simpel om dit te vra maar ek wil regtig weet. Antwoord Jesus my dalk en ek hoor dit nie want dis nie die antwoord wat ek wil hoor nie? Dis vir my regtig deurmekaar en ek hoop jy verstaan wat ek eintlik wil vra.”
Ek dink ons verstaan almal wat die persoon vra. My vraag is: Hoe sou jy die vraag geantwoord het?
Ek weet nie of Jesus ooit moeg raak om na ons gebede te luister nie, selfs al vra ons dieselfde ding oor en oor. Ek dink amper dit is wat smeekgebede is. Ek dink nou aan Dawid wat so by die Here bly pleit en smeek het dat sy kind wat hy by Batseba verwek het nie sal sterf nie. Toe gaan die kind dood, toe weet hy die antwoord is “nee” en toe gaan hy aan met sy lewe. Ek wonder of die bietjie inligting die persoon help.
Ek het al gehoor mense sê jy kry een van drie antwoorde op jou gebed: Ja, Nee of nie nou nie. Hoe weet ‘n mens? Ek weet nie. Ek het al stories gehoor van mense wat baie jare vir iets gebid het en op die ou end het die Here daardie gebed verhoor. Ek weet van mense wat baie jare vir iets gebid het en die gebed is nooit verhoor nie. Ek weet die vaderhart van God is vol liefde vir ons. Ek sal met Hom bly praat as ek die persoon was. Hy gee sy wonderlike vrede op die tyd wat Hy goed dink.
Ds Attie die vers wat onmiddelik in my gedagtes opkom in Philippians4:6-7
“Do not be anxious for anything, but in everything by prayer and suplication, with thanksgiving, let your requests be made known to God; and the peace of God, which surpasses all understanding, will guard your hearts and minds through Christ Jesus.”
Someone has summarized the verse as saying that we should be “anxious in nothing, prayerful in everything, thankful for anything.”
If these attitudes characterize our lives, the peace of God, which surpasses all understanding, will guard our hearts and minds through Christ Jesus. The peace of God is a sense of holy repose and complacency which floods the soul of the believer when he is leaning hard upon God. This peace surpasses all understanding. People of the world cannot understand it at all, and even Christians possessing it find a wonderful element of mystery about it. They are surprised at their own lack of anxiety in the face of tragedy or adverse circumstances. This peace garrisons the heart and the thought life.
Ek kan verkeerd wees maar my ondervinding is as ons bid sonder om moed te verloor sien God hoe toegewyd ons is, dit bewys aan hom hoe ernstig ons is, meeste van die tyd leer ons waardevolle lesse deur die proses maar daar SAL ‘n antwoord kom en ‘n vrede “which surpasses all understanding”
As ek daardie persoon is sou ek net aanhou bid sonder ophou. Die antwoord sal kom. Wat ek soms doen as ek moedeloos raak is ek skryf my gebed op papier en die dae wanneer ek down voel lees ek dit vir God en ek se vir God dankie dat hy my hoor. God sien ons toewyding en wanneer mens die antwoord kry is die beloning 70 keer groter.
Sonder om enigsins te wil verskil van Lady… wil ek graag deel wat ek doen. Ek voel dat God het my die eerste keer gehoor as ek oor ‘n saak bid, daarom vra ek nie weer nie. Ek herhinner God wel aan Sy beloftes dat Hy getrou is maar ek weet ook dat Hy regverdig is. Om geduldig te wag op Sy antwoord dink ek is ook toewyding (Fill 4:6-7). Daar kom tog tye dat ek in gebed by God smeek oor iets en graag ‘n antwoord soek en dit gaan dan altyd gepaard met ‘n tipe vas en verootmoediging by God. God wil weet dat ons ernstig is in gebed maar ons moet verstaan dan ons planne is nie altyd Sy WIL met ons nie, Ons tyd is nie Sy tyd nie.
Die afleiding wat ek sover maak is dat mense se persoonlike verhouding met God uniek is. God hanteer nie twee van sy kinders dieselfde nie, net soos ek nie twee van my kinders dioeselfde behandel en hanteer nie. Hy is die Een wat ons uniek gemaak. Hy ken ons beter as wat ons onsself ken, en juis daarom sou ek versigtig wees om reëls te formuleer oor hoe ‘n mens in hierdie persoonlike verhouding met God moet leef. Bv. reëls oor wanneer mens moet ophou bid en wanneer mens kan aanhou bid. Leef in hierdie persoonlike verhouding met God. Wees jouself. As jy wil vra, vra. As jy wil herinner, herinner. As jy sy vrede ervaar, wees dankbaar.
Skies dat ek nou eers my stuiwer ingooi, maar soms dink mens God is besig om jou gebed te verhoor en dan draai dinge so anders uit as wat jy verwag of op gehoop het. En dit help jou nie jy word eers opstandig daaroor nie, want wat gaan jy daarmee bereik? Maar uiteindelik vra God ons om stil te word en Hom te vertrou. So, ek persoonlik vra oor en oor, want dit laat MY beter voel. En ek hou eers op as daar ‘n definitiewe nee van God kom. En dan probeer ek aanvaar God weet beter, maar sjoe, dis nie regtig in my (menslike sondige) aard nie. Daai deel is moeilik!
So gestel, verstaan ek beter, so ook my verhouding met God. Ek sal aanhou bid tot ek ook ‘n defnitiewe nee kry! Ek weet Hy het my lief en wil vir my net die beste hê, dalk is dit nog nie wat ek nodig het nie… Dankie Attie.