Ek het ‘n Bybelleesprogram vir Desember 2007. As jy lus is saam met ander dieselfde gedeeltes te lees kan jy onder die BYBELLEESPROGRAM hier kry en dalk uitdruk om in jou Bybel te sit. In die tyd rondom kersfees sluit die leesprogram aan by die tyd waarin ons is en lees ons verskillende gedeeltes oor die geboorte van Jesus. So ver moontlik gaan ek my gedagtes oor die gedeeltes hier op die “blog” kom neerpen as jy wil saam gesels en saam dink.
GELYKENIS 27: KOM ONS WERK SAGGIES MET DIE KINDERS VAN DIE HERE
Ek is dikwels geskok oor die manier hoe kerkrade of ‘n gemeente se leierskap of selfs individue hulle leraars behandel, maar ek is net soveel kere geskok oor hoe leraars hulle kerkrade of leierskap of gemeentes behandel. Beide sou waarskynlik na aanleiding van gister en vandag se gelykenis kan sê: Ek is die slagoffer van die slegte en onbetroubare slaaf. Wie van ons sal dan nou doelbewus daarop uit wees om mede-gelowiges sleg te behandel? As die hale van die sweepslae en die slaan op jou rug lê dan is dit waarskynlik omdat jy dit verdien. Vandag se gelykenis laat my dink… Lees voort “GELYKENIS 27: KOM ONS WERK SAGGIES MET DIE KINDERS VAN DIE HERE”