OP SOEK NA DIE HISTORIESE JESUS

John Spong se arrogante uitsprake krap ‘n hele paar mense om. My mening is: John Spong is deel van die groep wat met behulp van wetenskaplike metodes en werkswyses ‘n historiese Jesus daar wil stel wat vir die mens van vandag aanvaarbaar sal wees. Enigste voorwaarde is: Die historiese Jesus moet so min as moontlik ooreensteming toon met die Jesus wat Christus en Here van die Christelike kerk is.

Ek het Scott McKnight bietjie hieroor gaan lees en so ‘n klein bietjie in die dogmageskiedenis gaan blaai. Ek het dit maar meestal vir myself gedoen omdat ek ook sukkel om hierdie dinge in perspektief te sien. So sien ek dit: Lees voort “OP SOEK NA DIE HISTORIESE JESUS”

GELYKENISSE 3: DIE VASTYD

Hierdie is die eerste Saterdag sedert Julie-maand waar ek nie êrens heen oppad is of waar daar nie iets is wat ek êrens moet gaan doen nie. Ons het ook gisteraand Rustenburg Laerskool se revue (Broadway) bygewoon waarin die jongste (Renè) opgetree het. Na die revue het ons vir ons elkeen by McDonalds ‘n melkskommel gaan koop en sommer net lekker gekuier.

In die lig van die ongewone verskynsel dat ek vandag heel dag by die huis is, het Renate en die kinders gisteraand besluit dat ek ook nie te vroeg mag opstaan nie. Lees voort “GELYKENISSE 3: DIE VASTYD”

Blog at WordPress.com.

Up ↑