DEON MAAS AFGEDANK

Gisteraand oppad huistoe van ‘n jaareindfunksie luister ons nuus. Groot was my verbasing om te hoor dat Tim du Plessis aankondig dat Deon Maas se dienste by Rapport beëindig is. Dit alles omdat Deon Maas in sy rubriek gereken het dat satanisme die reg het om as ‘n godsdiens beoefen te word. Natuurlik is Deon Maas se werk om reaksie uit te lok. Nou het hy dit gekry, en nou moet hy nie huil nie. Hy kan skryf wat hy wil, die lesers kan mobiliseer as hulle wil. Dit het nou gebeur.

Ek hoor oor die nuus dat Deon Maas sê dat die ouens wat die WSJD (Wat Sal Jesus Doen) armbandjies dra hier nie gemaak het soos Jesus sou gemaak het nie. Lees voort “DEON MAAS AFGEDANK”

BLACKABY 1: LEIERS SE UITDAGING

Ek het toe hoofstuk 1 van Blackaby gelees gekry. Nou moet ek sê: Ek lees verskriklik baie, maar ek moet erken ek lees nie fiksie nie. Dalk ‘n swakpunt in my mondering, maar dit is hoe dit is. Ek lees op hierdie stadium ook ‘n boek van Brian D Mc Claren. Omdat ek so baie lees, gaan baie dinge by my verby ook. As ek nou hier op ‘n “post” ‘n paar sinne skryf oor wat ek gelees het, dan is dit ook vir my makliker om te onthou. Julle kommentaar help my dan weer met een van die ander swakpunte in my mondering en dit is dat ek nie krities genoeg lees nie, ek aanvaar te maklik dit wat ek lees net so.

Ek gee ‘n kort opsomming van die hoofpunte van Blackaby. My eie kommentaar sal telkens in hakies wees. Lees voort “BLACKABY 1: LEIERS SE UITDAGING”

GELYKENIS 16: DIE GOEIE VERRUIL VIR DIE BESTE

Ek het gisteraand gelyktydig twee jaar-eindfunksies gehad. Ek het vanaand nog een. Gisteraand moes ek ‘n keuse maak. Ek moes besluit watter een gaan ek bywoon en watter een gaan ek nie bywoon nie. Die een was afsluiting van die Beheerliggaam van die hoërskool waar ons kinders is en die ander een was die byeenkoms van al die NG Predikante van Rustenburg en hulle vrouens. Aangesien ek die voorsitter is van die groep van predikante, kon ek nie anders nie, ek moes die geleentheid bywoon. Daarmee saam is die geleentheid vir die predikante en hulle vrouens eerste genooi. So neem almal van ons besluite om sekere uitnodigings aan te neem en ander nie. Vandag se voorbeeld gaan oor mense wat God se uitnodiging gekry het, maar dit nie aanvaar het nie.

“Jesus het weer in gelykenisse met die mense gepraat. Hy het gesê: ‘Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met ‘n koning wat vir sy seun ‘n bruilofsfees voorberei het. Lees voort “GELYKENIS 16: DIE GOEIE VERRUIL VIR DIE BESTE”

Blog at WordPress.com.

Up ↑