JESUS EN DIE KONINKRYK (1)

Ek gaan ‘n gedeelte van my vakansie wy aan die die lees van NT Teologie. Ek gaan van tyd tot tyd my leeswerk en daarmee saam my eie insigte hier neerskryf. Die rede waarom ek dit neerskryf is omdat dit my help om inligting te verwerk en in te internaliseer. Mense se opmerkings op wat ek skryf help my meeste van die tyd om beter te verstaan, maar dring my ook van tyd tot tyd tot selfondersoek. So is hierdie studie juis die resultaat van ‘n stukkie selfondersoek na onlangse kommentaar op hierdie “blog”.

Onlangse gebeure noodsaak my om te sê: Ek het ‘n keuse gemaak om die Bybel en die sentrale boodskap van die Bybel te glo, Lees voort “JESUS EN DIE KONINKRYK (1)”

GELYKENIS 21: JESUS KOM WEER!

Daar word ‘n fabel vertel van die duiwel wat gereed was om drie jong duiwels die wêreld in te stuur. Net voordat die duiwel die drie leerlinge die wêreld instuur om mense se lewens vol versoekings en ongeloof te maak sodat hulle lewens vernietig kan word, praat hulle vir ‘n laaste keer oor strategie.

Die eerste leerling-duiwel sê: “Ek gaan vir hulle sê daar is geen God nie.” Die duiwel antwoord: Lees voort “GELYKENIS 21: JESUS KOM WEER!”

THE NATIVITY STORY – JESUS SE GEBOORTE

Ons gemeente het Sondag-aand ons kerssangdiens. Hierdie jaar kombineer ons die liedere wat ons gaan sing met snitte uit die baie besondere rolprent: The Nativity Story. Dit was vir my en Renate weereens ‘n wonderlike ervaring om die diens te beplan en die liedere te laat aansluit by die tonele in die fliek.

Jy kan kyk na ‘n lusmaker van die rolprent.

Blog at WordPress.com.

Up ↑