Ek gaan ‘n gedeelte van my vakansie wy aan die die lees van NT Teologie. Ek gaan van tyd tot tyd my leeswerk en daarmee saam my eie insigte hier neerskryf. Die rede waarom ek dit neerskryf is omdat dit my help om inligting te verwerk en in te internaliseer. Mense se opmerkings op wat ek skryf help my meeste van die tyd om beter te verstaan, maar dring my ook van tyd tot tyd tot selfondersoek. So is hierdie studie juis die resultaat van ‘n stukkie selfondersoek na onlangse kommentaar op hierdie “blog”.
Onlangse gebeure noodsaak my om te sê: Ek het ‘n keuse gemaak om die Bybel en die sentrale boodskap van die Bybel te glo, soos enige een ‘n keuse sou kon maak om die Bybel nie te glo nie. Ek is baie bewus van die gevolge van my keuse. Een van die gevolge van my keuse word beskryf in die titel van daardie besondere boek van Leonard Sweet: “Out of the question… into the mysstery.” My geloofskeuse het nie vir my ‘n antwoord op al my vrae gegee nie, maar het my dieper en dieper in die geheimenis ingeneem van ‘n persoonlike verhouding met God. ‘n Verhouding waar ek telkens weer moet erken en bely: Ek ken ten dele. Baie kere moet ek bely dat dit wat ek gekies het om te glo, groter is as dit wat ek verstaan.
Ek kan nie altyd my geloof en die inhoud van my geloof tot bevrediging van ander verklaar en verduidelik nie en selfs verdedig nie. Ek het gekies om te glo. Hierdie is ‘n proses waar ek weer vir myself wil verfyn wat dit is wat ek gekies het om te glo. Baie kere sal ek moet sê: Hier staan ek! God help my, ek kan nie anders nie.
Genadiglik is ek nie alleen nie. Rondom my is die gemeenskap van geleerde gelowiges wat hulle insigte met ander mense op verskillende maniere deel deur hulle boeke en artikels op die internet. Daar is ‘n paar name wat ek gaan gebruik om my te help dink oor hierdie sake, onder andere GE Ladd; Scott McKnight; Joachim Jeremias; Brian McClaren, en nog.
JESUS EN DIE KONINKRYK
Jesus begin sy bediening met ‘n aankondiging dat hy gekom het om die Koninkryk van God te verkondig. (Mk. 1:14-15; Mt. 4:23; Lk. 4:18-21) Ons kan nie 2000 jaar later die boodskap en die wonderwerke van Jesus reg verstaan as ons dit nie verstaan in die lig van hoe Jesus die mens, die wêreld en die behoefte aan die Koninkryk in sy tyd verstaan het nie.
In die Ou Testament is dit duidelik dat daar ‘n verwagting was dat wanneer die Messias kom, dinge anders sou wees as wat dinge in die tyd van die Ou Testament was. In hierdie verwagting van ‘n nuwe en beter bedeling teenoor dit wat die mense op daardie stadium beleef het, betree Jesus die toneel met die boodskap: Bekeer julle want die Koninkryk van God het naby gekom. (Sien Mk. 1:14-15) Jesus kondig die lang verwagte nuwe bedeling aan.
Die evangelies help ons om iets van hierdie nuwe bedeling beter te verstaan. Die nuwe bedeling waarna almal verlang het, begin wanneer God se kinders wat gesterf het uit die dood uit opstaan. (Lk. 20:35) Die nuwe bedeling sou die bedeling wees waar dood nie meer die laaste sê sou hê nie. Die opstandingslewe is die realisering (werklikheid word) van die nuwe bedeling – die lewe in die Koninkryk van God. Jesus se wederkoms sal die nuwe bedeling tot heerlike voltooing bring.
Die gelykenis van die koring en die onkruid (Mt. 13:36-43) verduidelik die kontras tussen hierdie bedeling en die nuwe bedeling wat aan die kom is. Totdat Jesus weer kom sal koring en onkruid langs mekaar groei. Jesus se wederkoms is die dag wat die onkruid en die koring finaal van mekaar geskei gaan word. Hieruit haal ek hierdie waarheid dat dit nie ons werk is om die onkruid uit te trek nie – dit is die Eienaar se werk. Ek wonder wat is die volle implikasies van hierdie waarheid vir ons lewe vandag?
Alles in die evangelies dui daarop dat lewe in die Koninkryk van God in die nuwe bedeling lewe op aarde sal wees waar ons vir die eerste keer werklik sal verstaan wat dit beteken as God Koning is. (Mt. 19:28)
Jesus verskyn op die toneel met ‘n duidelik spanning tussen hierdie bedeling en die nuwe bedeling waarvoor mense wag. Aan die een kant die werklikheid waar mense in omstandighede lewe wat oorheers word deur sonde, boosheid en dood. Van hierdie bestaan het hulle nodig gehad om verlos te word. Wanneer Jesus aankondig dat die Koninkryk van God tot by hulle gekom het, skep hy hoop – hoop dat God gaan ingryp en ‘n einde maak aan hierdie stukkende werklikheid waarin ons lewe.
In Jesus ontspring die hoop.
Hi ds. Ek het gehoop ds. gaan iets sê oor die vrou wat Jesus se voete gewas met haar trane en dit dan afgedroog het met haar hare. (Lukas 7). Tog het ds. met die boonste gedeelte oor my/jou geloof en dat ek vas glo in alles wat in die Bybel staan. Ons weet nie baie van haar af nie behalwe dat sy ‘n baie sondige lewe gely het en dat Jesus dit vergewe het omdat sy glo(haar geloof het haar gered Luk7:50). Dit was nie eens nodig dat die vrou iets sê of haarself hoef te verdedig nie.Ek dink ook oor ‘n nuusberig vanoggend dat die president wat weer amnestie gaan gee aan politieke gevangenis. Ons kan redeneer of hulle dit verdien of nie maar hulle gaan vry gelaat word op grond van hulle politieke “geloof”. – “Kan ek dit sê?.
Attie, mooi geskryf. Die hele keuse gaan vir my om die volgende:
Is daar ‘n God? Ek glo dit.
Het die persoon van Jesus van Nasaret werklik geleef? Ek glo dit en ek glo daar is historiese bewyse daarvoor (of hoe?)
Die res gaan daaroor of jy glo die Bybel is korrek tov die volgende:
Jesus se aanspraak daarop dat hy die Seun Van God en die Messias is en dat Hy die Weg, Waarheid en die Lewe is.
Jesus se sterwe.
Jesus se opstanding.
Die besluit is dus of jy die Bybel as betroubare (God-geinspireerde) bron beskou of nie. As jy die Bybel as dubbelsinnig en onbetroubaar afmaak, dan kan jy wel jou ongeloof op die hoeksteen bou van jou twyfel in die Bybel se geloofwaardigheid. Maak dit sin as ek dus redeneer dat, as jy die Bybel (en spesifiek die Bybel se getuienis oor Jesus) verwerp as onbetroubaar, jy vir Jesus self verwerp?
Daar is historiese bewyse dat Jesus geleef het. Die Evangelies is onder andere relatief naby in tyd die tyd toe Jesus geleef het.
Die res gaan waarskynlik daaroor dat die Bybel nie een of ander wetenskap handboek is nie, maar getuienis oor Jesus. As ons die Bybel verwerp is ons nie ver om Jesus se aansprake oor wie Hy is en wat Hy kom doen het ook te verwerp nie.
Ek glo dieselfde as jy in die hele Bybel, en ek verstaan ook nie noodwendig alles wat ek glo nie.
Maar hoe ek dit glo, is dat die nuwe bedeling reeds gekom het met Jesus se opstanding, hemelvaart en die uitstorting van die Heilige Gees. Die vrede en voorspoed is belowe vir nou, nie net vir eendag in die hemel nie. Dit beteken nie daar gaan geen teespoed oor ons pad kom nie. Daar gaan, as gevolg van DIE SONDE. Nie noodwendig MY SONDE nie, maar DIE SONDE, die heerskappy van satan op die aarde. Maar dit kan my nie meer wegruk uit my kind-verhouding met God nie. En hoe meer ek die HG toelaat om deur my te werk, my te vul, die sondige mensheid in my letterlik te vervang met Sy Gees, hoe meer word die vrugte van die Gees duidelik in my, en hoe meer ervaar ek die voorspoed wat God vir ons belowe het, reeds hier op aarde. Ek hoef nie net uit te sien na EENDAG nie.
Karien: Die Koninkryk van God het in Jesus se lewe naby gekom en in sy opstanding hier op aarde begin. God is nou besig om deur ons ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde te skep.
Attie
Ek is baie nuuskierig om te hoor wat jy toe gelees het m.b.t. NT teologie.
Die stuk wat ek vir jou gemail het (mercy vs musts)kan jy gerus op die blog plaas vir bespreking. Net soos jy is ek enige tyd reg vir self ondersoek, korreksie en natuurlik..LIG op die onderwerp.
Ek kan dit natuurlik self ook doen.
Ek het gesukkel om OU verbond te identifiseer van OATHS wat ook gemaak is in die ou testament. Ek dink nadat ek Lev 26 gelees het verstaan ek dit. Ook dat die verbond met Isak en Adam daarby ingesluit is.
Ek verstaan ook dat die ou verbond nietig is en dus net tydelik was … totdat Jesus gekom het en die ewige nuwe verbond gestig het.
My dilemma kom by die onderskeid tussen GRACE en MERCY. In die afrikaanse bybel word min onderskeid gemaak tussen die twee (behalwe in Ps 23 – net goedheid en guns…)albei word na verwys as genade.
Ek verstaan dit so…almal het genade ontvang maar nie almal ontvang Grace (God se guns) nie.
of is ek nou langs die pad?