Ons gemeente het Sondag-aand ons kerssangdiens. Hierdie jaar kombineer ons die liedere wat ons gaan sing met snitte uit die baie besondere rolprent: The Nativity Story. Dit was vir my en Renate weereens ‘n wonderlike ervaring om die diens te beplan en die liedere te laat aansluit by die tonele in die fliek.
Jy kan kyk na ‘n lusmaker van die rolprent.
Besondere fliek. Ek dink dit gaan ‘n besondere aand wees.
Ek het ‘n ruk terug die fliek gekyk en dit was vir my baie goed. Ek het ook gedink dat dit mens help om die omstandighede van Jesus se geboorte en veral van Maria en Josef beter te verstaan.
Ek’s MAL oor hierdie fliek, ons het dit verlede jaar gesien en besluit om dit elke jaar te kyk. Ek wens ek was daar om die diens by te woon.