Iemand het my gevra om ‘n paar sinne te skryf oor geestelike volwassenheid. Ek skryf graag ‘n paar gedagtes daaroor neer.
Geestelike volwassenheid is ‘n proses wat begin by geloof in Jesus Christus as verlosser. Die Heilige Gees werk weergeboorte in ‘n mens en die weergebore mens kies dan om sy lewe in Christus te lewe. Volgens Fil. 3:12-14 verstaan Paulus geestelike volwassenheid as ‘n proses en nie as iets wat hy reeds bereik het nie. Hoeveel te meer is dit dan nie waar van ons nie. Lees voort “GEESTELIKE VOLWASSENHEID”