KRY ‘N PRENTJIE LANGS JOU NAAM

‘n Hele paar ouens e-pos my en vra hoe hulle ook ‘n prentjie langs hulle name kan kry soos myne en al die ander ouens wat op die “Blog” skryf. Hulle wil nie noodwendig ‘n “blog” hê nie, maar die prentjies langs hulle name lyk goed.

Ek gaan my bes probeer om die proses uit te stippel. Gelukkig hoef mens net ‘n klein bietjie rekenaarvaardig te wees om dit reg te kry.

  1. Gaan na Afrikaanse WORDPRESS se tuisblad.

  2. Kliek op Sign Up Now!

  3. Voltooi die vorm wat aangedui word.

  4. As jy graag ‘n ‘Blog” wil begin , kliek op die kolletjie voor: “Gimme a blog!”

  5. Indien jy net ’n gebruikersnaam wil hê, kliek op die kolletjie voor “Just a username please.”

  6. Kliek “Next”.

  7. Die blad sal oopmaak by Global Dashboard.

  8. Kliek op “Profile” daar kan jy kies om ‘n foto of ‘n ander prentjie langs jou naam te sit.

Volg die roete om as jy belangstel. As jy dit regkry en jy moet iets êrens anders doen,  kom sê hier vir ons of kom wys net jou naam en jou prentjie vir ons.  Sterkte!

GELYKENIS 5: DIE ONKRUID EN DIE KORING

Eerskomende Sondag lê amper 90 tieners belydenis van hulle geloof af. Daar is verskillende kinders in die groep. Daar is die kinders wat ek in hierdie jaar wat verby is sien groei het in hulle geestelike lewens en in hulle gehoorsaamheid aan die Here Jesus. Daar is ook die oor wie ek klein bietjie onseker is omdat ek tekens sien dat hulle wel die Here liefhet, maar hulle vang die stoutste dinge denkbaar aan. Daar is ander oor wie ek baie onseker is. Hule lewens en hulle gebrekkige getuienis laat my wonder of hulle die regte ding doen om belydenis van hulle geloof af te lê. Vandag se gelykenis kom op die regte tyd want die gelykenis help my om te weet hoe ek oor hierdie dinge moet dink. Lees voort “GELYKENIS 5: DIE ONKRUID EN DIE KORING”

Blog at WordPress.com.

Up ↑