Met tye wens ek die verlossing wat ons ontvang was nie verniet nie. Met ander woorde, ek wens dit het ons iets gekos. Ek wens soms dat elkeen wat in ‘n verhouding met God die Vader wil leef iets moes opoffer of prysgee. Lees voort “SOMS WENS EK…”
GELYKENIS 7: DIE INVLOED VAN DIE CHRISTENDOM
“Hy het hulle nog ‘n gelykenis vertel: ‘Die koninkryk van die hemel is soos suurdeeg wat ‘n vrou gevat en in ‘n groot skottel meel ingewerk het totodat dit heeltemal deursuur was.'”
Jesus se gelykenisse kom uit die alledaagse lewe. Hy het dinge sien gebeur en dan die dinge wat Hy gesien het, het Hy gebruik as voorbeelde wanneer Hy iets vir mense verduidelik het. Jesus het die dinge wat bekend was gebruik om die dissipels (en dikwels ander mense ook) aan dinge te laat dink waaraan hulle nog nooit gedink het nie. In hierdie geval neem Jesus sy voorbeeld uit die kombuis van ‘n alledaagse huis.
Die punt van die voorbeeld lê in die veranderende krag van die suurdeeg. Lees voort “GELYKENIS 7: DIE INVLOED VAN DIE CHRISTENDOM”