WANNEER HOU EK OP MET BID?

Een van die koffiedrinkers hier by hierdie koffietafel stuur vir ny hierdie vraag:“Iets wat ek oor wonder die afgelope paar dae. Ek bid al baie lank vir ‘n sekere iets en gisteraand het ek gewonder… wanneer hou mens op bid vir iets? Ek meen word Jesus nie moeg as ek elke dag vir dieselfde ding vra nie? En hoe weet ek nie of die antwoord dalk nee is nie? Ek hou aan bid en bid en bid vir dit en dit gebeur nie, is die antwoord dalk nee en nou hou ek aan met vra? Dit klink vir my so simpel om dit te vra maar ek wil regtig weet. Antwoord Jesus my dalk en ek hoor dit nie want dis nie die antwoord wat ek wil hoor nie? Dis vir my regtig deurmekaar en ek hoop jy verstaan wat ek eintlik wil vra.”

Ek dink ons verstaan almal wat die persoon vra. My vraag is: Hoe sou jy die vraag geantwoord het?

SOUT VAN DIE AARDE; LIG VIR DIE WÊRELD.

Ons lees vandag Matteus 5:13-16.  

“Julle is die sout vir die aarde. maar as sout verslaan het, hoe kry ‘n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggeggooi en die mense vertrap dit. Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek ‘n mens nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n emmer nie maar op ‘n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle vader wat in die hemel is verheerlik.”

Baie jare gelede het die kommunistiese regering van China ‘n skrywer opdrag gegee om ‘n biografie van Hudson Taylor, die bekende sendeling in China te skryf. Hulle doel was om die feite te verdraai en hierdie besondere man van die Woord in ‘n slegte lig te stel. Lees voort “SOUT VAN DIE AARDE; LIG VIR DIE WÊRELD.”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑