JESUS EN DIE KONINKRYK (2) DIE GEESTESWÊRELD

Die Satan waarvan ons in die Nuwe Testament lees het sy oorsprong in die Ou Testament waar God beskryf word waar Hy omring is met hemelse wesens wat Hom dien en sy opdragte uitvoer. Onder andere is Satan een van hierdie wesens wat in die boek Job van God die toestemming kry om Job te beproef. (Job 1-2)

In die evangelies word Satan uitgebeeld as ‘n bonatuurlike wese wat aan die hoof staan van ‘n hele aantal minderwaardige bose geeste wat duiwels genoem word. Lees voort “JESUS EN DIE KONINKRYK (2) DIE GEESTESWÊRELD”

GELYKENIS 22: VERGIFNIS VIR ‘N NAAMLOSE VROU

Voor ek die Here Jesus geken het was my lewe redelik rof. Ek het alles gedoen wat ek kon doen en alles gedoen wat ek wou doen, en dan het ek nog ‘n paar dinge uitgedink wat ‘n mens sou kon doen om aan jou wilde begeertes en drang na losbandigheid uiting te gee. Toe leer ek die Here ken en ek ontdek die wonderlike waarheid dat Hy my sondes vergewe. Ek begin ‘n nuwe lewe.

As kind van God het ek op ‘n stadium verval in oormatige geloofsekerheid. Daardie gedagte van eenmaal gered altyd gered, het my arrogant teenoor God gemaak. Lees voort “GELYKENIS 22: VERGIFNIS VIR ‘N NAAMLOSE VROU”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑