ouer-tiener verhoudings is belangrik

Ek tel veral by tieners die gevoel op dat hulle dink dat hulle verhoudings met hulle ouers nie so belangrik is nie. Daar is natuurlik ouers wat ook so voel. Tieners wens hulle is al uit die huis uit en ouers kan nie wag dat die tieners uit die huis uit moet kom sodat dinge rustig en meer ontspanne kan raak nie.  Intussen is tieners se verhouding met hulle ouers baie belangrik, veral omdat dit die plek is waar hulle sosiale vaardighede aanleer.

Die gesin is die beste en die veiligste plek waar sosiale vaardighede aangeleer word. Veilig omdat daar tog ‘n band is wat sterker is as enige ander band en waarheen ‘n mens altyd terugkom al was die skermutseling hoe erg. Ek sê soms spottenderwys dat jou gesin die  mense is wat vir jou lief moet bly maak nie saak wat gebeur nie.

Die volgende sosiale vaardighede kan in die gesin en die verhouding tussen ouers en tieners aangeleer word.

1. Konflikhantering.

Konflik in die gesin is gewaarborg. Geen mens is gebore met die vermoë om konflik altyd korrek te hanteer nie. Wanneer ‘n tiener en sy ouers bots, word dit die ideale geleentheid om te leer hoe om konflik te hanteer. Baie kere is dit ‘n probeer en tref leer proses.

2. Selfbeheersing.

Selfbeheersing is vir baie tieners een van die moeilikste sosiale vaardighede om aan te leer. Juis omdat hulle in ‘n lewensfase is wat soms storm en drang genoem kan word. Buie wat soms agressie en woede insluit maak dit vir tieners moeilik, indien hulle in die gesinsopset kan aanleer om in beheer van hulle emosies te bly, sal hulle vir die res van hulle lewens die vrugte daarvan pluk.

3.  Selfvertroue.

Selfvertroue het te make met die vertroue wat ‘n mens in jou eie vermoëns, talente en vaardighede het. In die huisgesin leer ‘n kind hierdie eienskappe ken en ontwikkel tot op die punt waar hy dit met vertroue in homself gebruik.

4. Selfhandhawing.

Selfhandhawing is die vermoë om jou mening so uit te spreek en terselfdertyd op so ‘n manier by jou standpunt te hou, sonder dat die verhouding skade ly, of dat jy ter wille van die vrede jou standpunt wysig.

5. Kommunikasie.

Kommunikasie is veel meer as om jouself op ‘n manier uit te druk dat ander verstaan wat jy bedoel. Goeie kommunikasie het veral ook daarmee te make dat ‘n mens op so ‘n manier luister dat jy verstaan wat die ander persoon bedoel het.

Geen persoon is volmaak in enige een van hierdie sosiale vaardighede nie, maar tog bly die gesin die eerste en seker die belangrikste plek waar hierdie vaardighede aangeleer word, al is dit soms deur probeer en tref, of deur ‘n gesprek wat sê: Die manier waarop ek hierdie ding hanteer is nie goed nie of is nie reg nie dit maak mense seer en beskadig verhoudings, moet di nie so doen nie. Die tiener behoort begelei en gehelp te word om hierdie die sosiale vaardighede in die huis aan te leer sodat dit juis verhoudings in sy lewe verbeter.

11 thoughts on “ouer-tiener verhoudings is belangrik

Add yours

  1. Ek sien uit om verder te lees oor konflik. Ek leer soooo baie. Ek wens hierdie goed het vroeër in my lewe my pad gekruis. Seënwense

  2. Ds Attie, ek lees graag oor tieners, want ek is nou daar met my jongste. Moet sê die uitbarstings, “mood swings”, woede, ens is vir my soms net te veel. Die oudste was glad nie so nie. Moet sê my tiener is steeds baie ordentlik.

  3. Gelukkig is my verhouding met albei my kinders van baie kleins af baie sterk, ons het saam gegroei, ons doen ongelooflik baie dinge saam, ek leef vir my kinders!!! Ek weet dadelik as iets hulle pla of andersom, ons praat openlik oor baie dinge, probleme, mxit, en so meer!! Hulle steek niks weg vir my.

  4. ek moet daarmee saam stem dat baie tieners nie n verhouding mat hul ouers het nie,weens ouers verstaan nie hul kinders nie want ouers dink dat kinders die selfde belange het as hulle toe hulle nog jonk was.ek hoop dat ouers meer betrokke gaan raak in hul kinders se lewens..

  5. Kan ek raad kry asb. Ek het 2 tieners in die huis, en nou het ek ook 2 pleeg kinders van 8jaar en 7jaar.
    Is dit reg teenoor my kinders, Het ek die regte ding gedoen om dit te doen. My dogter van 16jaar wil my tyd en aandag he. en nou is dit moeilik. Wat kan ek doen.
    Kan u my raad gee asb.

    1. Thea

      Dit is altyd moeilik om so oor ’n afstand raad te gee. Ek is alreeds deur drie tieners en leef nou saam met my laaste een. Tienerjare is baie belangrike jare. Ek dink n besluit rondom iets soos pleegsorg moet saam met die tieners geneem word. Ek was op n stadium betrokke by kindersorg en het gewoonlik met die aansoeke om pleegsorg met die hele gesin ook n gesprek gevoer.

      Praat die ding deeglik met jou tiener deur. Maak tyd om by mekaar te sit en hieroor te praat. Hoor wat sy sê. Sê veral hoe bekommerd jy is dat julle verhouding afgeskeep gaan word. Luister! Luister ! Luister!

      Kinders wat in pleegsorg geneem word, kom gewoonlik uit omstandighede waar hulle ekstra aandag en liefde nodig het. Hou dit gerus in gedagte en sterkte met wat jy ookal besluit.

  6. Ek het 2 tiner dogters grootgemaak, dit was nie altyd maklik nie, maar hulle het GEPRAAT ek het geweet wat in hulle lewe en koppe aangaan nou het ek ‘n 14 jarige seun, hoe kry ek hom om met my te praat?

  7. Ai jinne ek is ook daar met my seun my enigste mood swings buierig weet ni meer hoe om hom te hanteer ni ek verloor ook soms my humeer en dan dreun die huis weet ek moet kalm bly

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: