Vandag is dit Sondag. Ek weet nie hoeveel lesers sal hier lees voor hulle kerk toe gaan nie, maar ek het ook ‘n vermoede dat daar getroue lesers hier is wat nie kerk toe sal gaan nie. Of jy kerk toe gaan of nie, as jy hier gelees het sal vandag se gelykenis op jou van toepassing wees.
Die punt is: Verskillende mense sal vandag dieselfde woorde en dieselfde boodskap hoor en verskillend resultate lewer. Daar is vier verskillende gevolge in die lewe van mense nadat hulle die woord gehoor het.
“‘n Saaier het eendag gaan saai. Met die saai het ‘n deel van die saad op die pad geval, en die voëls het gekom en dit opgepik. ‘n Ander deel daarvan het op die klipbanke geval, waar daar nie baie grond was nie, en dit het gou opgekom omdat die grond nie diep was nie. Maar toe die son warm word, is dit verskroei, en omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog. ‘n Ander deel het tussen die onkruid geval en, en die onkruid het opgekom en dit laat verstik. Die ander saad het in goeie grond geval en ‘n oes gelewer, party honderdvoudig, ander sestigvoudig en ander dertigvoudig. ‘Wie ore het moet luister!'” (Matteus 13:3-7)
Jesus het self hierdie gelykenis verklaar in verse 18-23: Lees voort “GELYKENIS 4: DIE SAAIER”