TIENERS – IS GROEPSDRUK ‘N “ISSUE”?

Tieners is kudde diere. Hulle leef, beweeg en bestaan in groepe.

My matrikulant tiener stap Vrydag-aand met ‘n lang gesig by die TV kamer in. Toe ek vra wat aangaan sê sy al haar vriende gaan vanaand by ‘n sekere kuierplek wees en sy het gesê sy het reeds gesê dat sy nie sal kan gaan nie, want sy weet ek sal haar nie toelaat om na ‘n plek toe te gaan waar onder andere drank bedien word nie en nog die potensiaal het dat ‘n groot klomp ander dinge ook kan gebeur. Einde laaste voel ek my kind se sosiale lewe kan nie lei onder my rol in die gemeenskap nie. Ek gee my toestemming dat sy mag gaan. Natuurlik was die manipulerende lang gesig toe vergete. My enigste voorwaarde was ek stap saam met haar in en gaan kyk wat daarbinne aangaan en as ek dink dit is nodig, dan kom sy saam met huistoe.

Ek voel omtrent soos ‘n “celebrity” toe ek daar instap, want die meeste van die tieners wat my ken is bly om my te sien. (Daar was ook die wat probeer wegkruip het.) Sy was reg al haar vriende was daar, omtrent drie honderd van hulle. Sy was reg daar word drank bedien, maar dit wil voorkom asof die ouderdomsbeperking in die verband gehandhaaf word, maar die aadn was nog jonk en mens weet nie wat alles daarna gebeur het nie. Ek bly vir omtrent tien minute om te sien wat aangaan. Ek gaan met ‘n rustige gemoed huistoe, nie omdat ek dink die plek is die paradys nie, maar ek vertrou my kind en ek glo dat sy die regte besluite sal neem.
Sy het die aand geniet, maar dit het net weer bevestig: Die meeste tieners is op hulle beste in groepe.

Maar, ek het andersins ‘n moeilike week agter die rug met tieners. Die volgende is voorbeelde van die probleme waarmee tieners met wie ek hierdie week gesels het, worstel.

Een seun het weggeloop van sy huis af en saam met van sy vriende gaan vakansie hou. Volgens hom het hy weggeloop om skoon te kom van sy gewoonte om te dagga rook. Ek kon nog nie vasstel of dit gewerk het nie. Sy vriendekring was die plek waar hy met die dagga in aanraking gekom het en wat hom daarvan voorsien het wanneer hy dit nodig gehad het.

‘n Ander tiener is ‘n toegewyde kind van die Here. Sy en haar vriend se verhouding het te ver gegaan en nou sy sukkel sy om die negatiewe gevoelens daar rondom te verwerk en te hanteer. Alles is nie net skuldgevoelens wat gaan verdwyn as die Here nie meer ‘n rol in haar lewe speel nie. Haar woorde: “Ek voel my lyf was nog nie reg hiervoor nie.” “Ek het myself in die steek gelaat.” “Dit is nie hoe ek my lewe beplan het nie.” Volgens haar was sy regtig van mening dat sy die enigste een in haar vriendekring was wat nog nie saamgeslaap het nie, nou lyk dit nie die geval te wees nie. (Ek moet nog met die seun praat, hy wil my ook graag sien.)

‘n Ander tiener moet deur die seer van ‘n gebreekte verhouding werk.  Hy het aan beweeg na ‘n volgende meisie toe en sy het regtig iets meer permanents gesoek as wat hy wou gehad het. Sy verweer: Die manne in ons groep voel ons wil bietjie vry wees. Ons lewe lê voor ons, ons wil nie nou al so ingeperk wees nie.

‘n Ander tiener is een van daardie wat nie alles vir soetkoek opeet nie. Bevraagteken alles – dikwels vir my. Maar ons het ‘n goeie verhouding en ons kan openlik en eerlik met mekaar gesels. Maar, die dinge wat in die vriendekring beleef word, bring hierdie vraag: Waar is die Here? Die tiener se woorde: “Hoekom slaan Hy nie met ‘n donderslag hier langs my sodat ek kan weet Hy soek my aandag nie.”

‘n Ander paartjie het die meisie verlede jaar matriek klaar geskryf. Hulle babatjie is 2 jaar oud. (Hy was in matriek toe die babatjie gebore is) Wonder bo wonder het hulle sover by mekaar gebly, maar hulle is nog nie gereed om te trou nie. In ons gesprek is twee dinge duidelik: (i) Beide se ouers se harte is baie seer oor wat gebeur het en is teleurgesteld omdat hulle kinders nie na hulle waarskuwings hieroor geluister het nie.  (ii) Beide se vriendekringe dink dit is so erg nie, en hulle het amper held-status in die vriendekringe.

Ek dink mens sou nog voorbeeld op voorbeeld op voorbeeld kon noem van wat groepsdruk doen. Tieners wil nie hê dat mens hieroor met hulle praat nie, wat volgens hulle kry hulle genoeg daarvan.

Vraag: Is groepsdruk vir tieners ‘n “issue”, of is dit spoke wat volwassenes opjaag?

Vraag: Indien nie, watter verklaring kan ons gee vir tieners se optrede en gedrag wat lynreg bots met dit wat hulle weet hulle ouers van hulle verwag en wat hulle meeste van die tyd mee saamstem dat dit die regte ding is om te doen of die verkeerde ding sou wees om te doen?

Vraag: Indien wel, wat kan mens sê om tieners teen groepsdruk te waarsku?

Vraag: Indien wel, watter ervaring het jy rondom groepsdruk gehad? Kan jy onthou van ‘n keer toe jy onder groepsdruk geswig het en wat jou laat swig het? watter raad sou jy gee om ‘n tiener te help om groepsdruk te hanteer?

Het jy ‘n mening hieroor?

14 thoughts on “TIENERS – IS GROEPSDRUK ‘N “ISSUE”?

Add yours

  1. Doom Attie: Ek het ‘n baie interessante artikel hieroor gelees. Ek gaan net so ‘n paar sinne daaruit hier “copy”

    “I knew what I was doing was wrong, but I could do nothing about it. Trapped in a moral dialema between doing what was right, and what my friends were doing. What would happen if I spoke up. If I were to exclaim how this was unfair and uncouth of us. How they would laugh at me, as if I was petty fool trying to make friends with the enemy, bringing bullies and victim together as one. Perhaps, the thought crossed my mind, I might become the subject of their round of notes.

    Cowardice was my watchword, standing in the background and letting this deplorable act occur day after day after day. The guilt ate away at me every night until tears streamed down my face and I awakened all red and puffy. I felt like I was betraying everything that I knew was right and good, everything that in those four years of primary schooling all those teachers had taught.”

    Iemand wat belangstel kan dalk die res van die artikel gaan lees by http://www.bookrags.com/essay-2004/9/21/173555/467.

    Ek dink groepsdruk is reuse “issue” in tieners se lewe.

  2. Dag daar Attie!

    Ek is self maar pas uit die studentejare (wat, voel dit vir my – maar net ‘n verlenging van die tienerjare is) en ek glo groepsdruk is ‘n harde realiteit maar ek dink ons verstaan hom verkeerd. Ek dink ook dat die hele konsep..maar veral die oorsprong van tieners se reaksie daarop, konstant verander en dat hierdie reaksies ‘n vingerafdruk is van die sosiale en maatskaplike situasie van die tyd. Daarom dink ek NB vrae is ook “wat maak dat tieners positief / negatief reageer op groepsdruk” en “wie is daarvoor aanspreeklik”.

    Nou dink ek…waarmee sit ons vandag? (ek noem sommer ‘n paar random goed op, soos dit in my kop kom)
    – Ouers wat altyd werk, kinders wat by ‘n nanny grootword, kinders wat geld as liefdesbetoon ontvang.
    – ‘n Uitkomsgebaseerde en verbruikerssamelewing waar prestasie alles is en interpersoonlikeverhoudings niks.
    – Kerke wat nie saam met jongmense groei nie en hulle veroordeel omdat hulle “swig onder groepsdruk” of omdat hulle vrae vrae wat te sensitief is vir Jeaugleiers om te beantwoord.
    – Die legacy van ‘n kerkgeskiedenis waar Geesvervulde bekering en ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus nie ter sprake was nie, maar jou teenwoordigheid in elke erediens wel…
    – Die post-moderne era van relatiwiteit waar daar geen absolute waarheid bestaan nie – alles is onderhandelbaar.

    Ek dink elkeen van hierdie aspekte dra by tot ‘n helse verwarring onder jongmense. Hulle soek liefde. Hulle soek sekuriteit. Hulle soek ‘n stabiele omgewing – geborgenheid. En wanneer hulle hierdie dinge nie ken nie, wat anders kan mens verwag as dat hulle negatief gaan reageer itv groepsdruk. Dan is dit dalk nie meer groepsdruk nie, maar eerder ‘n proses waarby basiese onvervulde behoeftes deur vriende of vriendekringe vervul word.

    Ek dink ook mens moet anders begin kyk na hoe kinders en tieners in die kerk grootgemaak word. Ek wil nie te veel daaroor sê nie maar ek het noudiedag ‘n kosbare opmerking gehoor:

    “Mens moet jou kinders eers toelaat om sondaars te word voordat hulle werklik tot bekering kan kom…”

  3. duskant: baie dankie, ek het gehoop ouens soos jy reageer. Ek sien die seer in hierdie tieners se lewens en ek het Sondagaand tieners (so om en 350 van hulle) met ten minste een ouer van die meeste van hulle in dieselfde erediens en ek wil hierdie ding bietjie probeer aanspreek. EK gaan bietjie jou opmerking oor die ongemaklike vrae wat aan jeugleiers gevra word met die jeugleiers in ons gemeente deel. Jou opmerkings help my.

  4. Attie, ek het hierdie ‘n baie insiggewende post gevind en sommer bly geword dat my kiddies nog nie tieners is nie. Ek weet nie of mens ooit reg is om tieners groot te maak nie!! 😆
    Ten spyte van die feit dat ek geen ervaring in hierdie opsig het nie, wil ek egter maar sommer my 2c-worth ook ingooi….

    My vraag aan tieners: As jy dan nou kamtig genoeg kry van speeches oor groepsdruk, waarom is dit steeds vir jou ‘n issue om dit (1) uit te ken en dus te vermy (2) ‘n moeilike situasie om te hanteer?
    Hulle wil obviously maar net nie die waarskuwing hoor nie want dan voel hulle minder skuldig as die versoeking verby kom. Ek dink dit antwoord jou 1ste en 2de vraag, Ja groepsdruk is ‘n issue, maar nie een wat graag gepak word nie. Soms wil ons maar net dinge op ons eie ervaar, wil ons weet dat onsself in beheer is, wil ons vertrou word.
    Vraag 3: Ek sou net eerlik wees. Ek sal hulle vertel dat ook ek net voete van klei het en dat ek baie foute gemaak het in my lewe, sommige met katastrofiese gevolge van baie hartseer en sommige net met die gevolg van ‘n baie groot kopseer die volgende oggend. Die punt is jy gaan eendag voor ‘n kruispad staan en self moet besluit of jy bereid is om die gevolge van jou aksies te dra, want verantwoordelik gaan jy gehou word. En soms vat dit lank om die stukkies op te tel. Ek is nie perfek nie en ek verwag allermins van my tiener om te wees, maar ek dra die gevolge van my besluite en ek verwag hulle sal ook. Voorspoed dan met whatever jy besluit, ek het my werk gedoen om jou groot te maak, ek trust jou om jou eie besluite te maak. Want groepsdruk gaan jou in moeilike posisies plaas. Weet dit en wees voorbereid, ek kan nie vir jou besluit nie…
    No4: Hoe om groepsdruk te hanteer?? Be true to yourself. Niemand is in beheer van jou lewe buiten jy nie. En as jou pelle vir jou giggel of jou spot, dan moet jy seker maar wonder watse tipe pelle hulle nou eintlik is. Die lewe is nie maklik nie, ware vriende gaan jou respekteer as jou opinie van hulle s’n verskil. Onthou, dit vat net een sterk persoon om “Nee” te se, en sommige ander gaan volg. Wees JY die leier, maak jou stance en die wat nie saamstem nie… well so be it. Respekteer hulle swak oordeel, jy sal jouself baie meer respekteer as jy doen wat jy WEET reg is as wat jy net jou pelle gaan try impress. Op die einde van die dag onthou niemand die “groupie” nie, hulle kyk op na die sterk individu. Hulle gaan jou dalk nie like nie, maar die lewe is nie ‘n popularity contest nie, daar is genoeg ander mense wat jou gaan respekteer vir jou karakter.

    By the way, ek dink jy het die situasie met jou dogter mooi hanteer. Persoonlik sou ek dalk ‘n rukkie langer vir ‘n bier gebly het, maar nou ja…

  5. DM: Ek en sy het daarna weer daaroor gesels nadat ek ‘n paar sms’e van die tieners gekry het wat my herken het. Hulle se toe ek was die eerste ouer wat daar ingestap het om te kyk hoe die plek lyk. Maar, ek en my dogter het besluit dat ek volgende keer ‘n paar minute sal bly en dalk saam met die ouens ‘n ietsie sal drink. Dankie vir jou insette, jy stimuleer my gedagtes en gee ‘n paar pointers. Die lewe is nie ‘n popularity contest nie! Ek hou daarvan. Ek gaan bietjie hoor hoe dink hulle want ek dink juis dit is daardie populaarity ding wat die moeilikheid maak.

  6. Ek dink dis vreeslik nice dat jy by die plek kon instap sonder om ‘n pyn daaroor te wees. Ek onthou dat ek as tiener (was eintlik maar ‘n nerd, so ek is seker nie die beste voorbeeld om te gebruik nie) graag wou gehad het dat my ouers en ouer broer en suster regtig geweet het wat in my lewe aangaan, eerder as om dit net af te maak as “tienergoed”. My ma (en selfs pa) het baie bedag na al die skinder en “kan julle gloooooo sy’t dit gedoen” geluister en pa het mooi bygehou met al die storielyne – omdat ek groepe en groepsdinamiek, al was dit hoe oppervlakkig, met hulle kon bespreek kon ons ook die lewenslesse om daaruit te leer, bespreek. Dit alles het my tienerlewe baie makliker gemaak.

  7. Groepsdruk is absoluut van die duiwel, maar ek moet baie van die blaam op die ouers plaas…

    Voorbeeld, Jy het die moeite gedoen om te gaan kyk, jy het omgegee, jou kind het en kon jou getrust het. En vice versa. Jy het nie n paar note in die hand gedruk en bly gewees om van die lang gesig ontslae te wees nie!

    Jare terug, as student het ek skolliekampe gedoen, en die ouer faktor gesien, tot onlangs was ek nou betrokke by moderation v tiener chatrooms, al wat verander het is groter bedrae geld!

    n Bietjie liefde is al wat hulle vra, even die rebelle!

    En hier besef ek nou ek mis hulle, even die laatnag self moordpogings as pappie betaal vir ‘gunsies’ terwyl mammie gedrug by die huis lê en tiener iemand nodig het!

    Maybe moet ek oor hulle blog?

  8. justjane: Thanx – ek dink as daar gesprek kan wees tussen ouers en tieners hoef die tienerlewe nie ‘n nagmerrie te wees nie.
    platterfuss: Dalk moet jy bietjie oor hulle “blog”. Ek kry ook redelik baie met die stories te doen en ens se hare rys partykeer. ‘n Bietjie liefde – dis waardevol.

  9. Ek’t bietjie mixed feelings oor die ding, en weet nog nie regtig wat ek sou wou skryf nie, sal dalk meer moet gaan dink. Maar alles in my sê dat die ding nie so eenvoudig is nie.
    Chat gisteraand met ‘n meisie in graad 7 wat wonder of haar verhouding met ‘n ou dalk te ernstig is. Nee, dis nie “hoe ver is te ver” wat my laat dink sy moet pasop nie, maar wel die feit dat hy veroorsaak dat sy haar vriendinne verloor, asook nie met ander seuns mag vriende wees nie. Wonder wat het van “groepsdruk” geword? Hoekom wil die vriende haar nie push om die ou te bat nie? Want dit is ‘n nice girl, duidelik die tipe met wie ander wil vriende wees, maar sy kies vir ‘n verhouding wat haar ongewild maak. Groepsdruk???
    Of wat as groepsdruk verwyder word? Wie van ons se belydenis klasse sal dan nog vol wees? Dit is maar danksy groepsdruk dat baie van ons jongmense kom belydenis van geloof aflê, en dan kry jy hulle by die kerk… maar wag bietjie, dan beteken dit ouers kan ook groepsdruk toepas nie waar nie?
    En pressure die kerk nie mense om maar te conform nie? Daarom is almal sulke mooi oulike skapies aan die buitekant, en niemand weet regtig wat hulle dink nie.

    Ek het ‘n onderwyser op laerskool gehad wat gesê het groepsdruk is ‘n mite, jy kan mos self besluit. Ek dink hy het nonsens gepraat. Maar ek dink as ons dink groepsdruk is dit wat die direkte groepie mense rondom jou doen, dan is dit ook bietjie missing the point. Ons is almal deel van ‘n culture, en die culture maak partymaal dat ek dinge doen wat nie een van my vriende my in gepressure het nie, inteendeel, partymaal dinge wat hulle self nie eers gedink ek het moet doen nie. Die effek van hierdie wyer culture dink ek moet ons meer aandag aan gee as die van die direkte trop waarbinne ek beweeg.

  10. Hello…
    Ek is self op die oomblik ‘n tiener en moet nou ‘n ondersoek taak doen oor die probleme wat tieners se lewens moeiliker maak. Ek is ‘n leeder by ‘n Christen Hoërskool, maar selfs al het ons Christelike waardes is tieners wat onder groepsdruk geplaas word om elke hoek en draai.

    Ek stem saam, groepsdruk is ‘n moeilike ding. Ek het al gevalle beleef waar die tieners hulle waardes en waarin hulle glo sal los net om in te pas. Die maklikste teiken van groepsdruk is die mense wat ‘n lae selfbeeld het en wat baie graag net aanvaar wil word. Die meisies wat dink die ouens sal meer van haar hou as sy, onder groepsdruk, iets doen is ‘n goeie voorbeeld.

    Ek verstaan nie altyd hoekom tieners onder groepsdruk knak nie, maar die behoefte om net aanvaar te word vir wie jy is, is baie sterk onder die tieners. Groepsdruk is maar net die begin van jou probleme. Groepsdruk het al veroorsaak dat een van my vriende dagga begin rook het en nou is hy ‘n verslafde en hy wou dit nie doen nie.

    Van die kinders wat knak onder groepsdruk is op soek na liefde, want hulle kry dit nie altyd by die huis nie. Van hulle soek weer iets meer, iets om die gat binne in hulle te vervul, die gat wat net Jesus vir hulle kan vol maak.

    Ek het ‘n oulike aanhaling by my Engelse onderwyser gehoor.
    ” Only dead fish go’s with the flow. The rest swims upstream”

  11. moenie so voel nie almal kry daai dae los dit net en gaan met jou lewe . Die HERE se: “die wat jou spot sal in die hel gespot word”

  12. Ek het nou deur almal se reply gelees en ek moet saam stem dat groepsdruk werklik ‘n moeilike vissie is om vas te hou!
    As ek terug dink aan my tiener jare het ek ook nooit geglo dat groepsdruk bestaan nie, want ek het ‘n keuse en niemand dwing my om te rook of te drink nie! Maar hoekom het ek dit dan gedoen: ek wou “belong” het! En ek wou nie in die ‘koeke’ groep wees nie, so omdat ek wou populer wees het ek gedoen wat almal gedoen het, sonder enige druk van iemand af.

    Nou dink ek dat dit nie net tieners is wat val onder groepsdruk nie, want volwassenes is net so bang wat ander van hulle dink of se!

    My tiener sussie bly by my en ek sal met haar gesels oor wat sy glo groepsdruk is. Dalk sal ek dit dan self beter verstaan.

  13. Ek het nogals tiener se “comments” wardeer, ja ek stem saam. As mens nie staan vir iets nie val jy vir alles. As Christus die Koning van jou lewe is maak dit nie saak wat ander mense van jou dink nie. Jy leef net anders. Jy het nie ‘n “don’t care” houding nie, maar jou uitkyk is net anders. Mens weet waaroor die lewe gaan en wil net leef om dit wat God jou gemaak het ten volle te onlluik.

    Groepsdruk…is ‘n dilemma, veral vir kinders wat nie in hul huise aanvarding liefde en stabiliteit kry nie. Kinders wat so graag wil inpas.

    Staan vir wat reg is, kry reëls waarvolgens jy lewe. Stel vir jouself “goals”. Mik vir iets, anders gaan jy niks behaal nie en baie baie baie maklik saam met die groep gelseur word.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: