BLACKABY 1: LEIERS SE UITDAGING

Ek het toe hoofstuk 1 van Blackaby gelees gekry. Nou moet ek sê: Ek lees verskriklik baie, maar ek moet erken ek lees nie fiksie nie. Dalk ‘n swakpunt in my mondering, maar dit is hoe dit is. Ek lees op hierdie stadium ook ‘n boek van Brian D Mc Claren. Omdat ek so baie lees, gaan baie dinge by my verby ook. As ek nou hier op ‘n “post” ‘n paar sinne skryf oor wat ek gelees het, dan is dit ook vir my makliker om te onthou. Julle kommentaar help my dan weer met een van die ander swakpunte in my mondering en dit is dat ek nie krities genoeg lees nie, ek aanvaar te maklik dit wat ek lees net so.

Ek gee ‘n kort opsomming van die hoofpunte van Blackaby. My eie kommentaar sal telkens in hakies wees.

Elke uitdaging wat ons gemeenskap beleef is ‘n roep na leierskap. Leiers is die mense wat mense sover kry om uitdagings die hoof te bied.

Politieke leiers: Mense is naarstigtelik op soek na leiers wat hulle kan vertrou.

Leiers in besigheid:  Leiers in besigheid moet vandag besluite neem wat sal verhoed dat ‘n besigheid in die toekoms probleme het. (Soos bv. Eskom in SuidAfrika. ‘n Gebrek aan leierskap het ons gebring waar ons vir die volgende 10 jaar met kragonderbrekings sal moet saamlef.)

Leiers in die kerk: Volgens Blackaby is daar ‘n groeiende belangstelling in geestelike aangeleethede, maar intussen toon alle kerke (Met die uitsondering van ‘n paar kerke in Afrika) ‘n negatiewe groei op hierdie stadium. Volgens hom is die belangrikste rede die gebrek aan leierskap. Kerke benodig leiers wat die huidige probleme kan oorkom, maar ook in staat sal wees om nuwe lidmate te trek en hulpbronne te genereer om ‘n baie duur organisasie te befonds.

Leierskap: Sekulêr of geestelik?  “Incredibly, as secular writers are embracing Christain teachings with the fervency of first-century Christians, Christian leaders are inadvertently jettisoning many of those same truths in an effort to become more contemporary.” (Bladsy 11)

Hierdie gewilligheid om die unieke geestelike karakter van hulle leierskap prys te gee is nie uniek aan die Christene van vandag nie. In die tyd van Samuel was dit dieselfde. Die mense wou ‘n koning hê – soos al die volke en state rondom hulle –  en toe kry hulle vir Saul. (1 Sam. 8:10-22)

“Society’s great deficit is that it does not have enough leaders who understand and practice Christian principles of leadership. Effective leaders are not enough. Hitler was an effective leader. (Spesiaal vir Ding!) The world needs people in business who know how to apply their faith in the boardroom as well as in the Bible study room.”  (Bladsy 13)

“The challenge for today’s leaders is to discern the difference between the latest leadership fads and timeless truths established by God.” (Bladsy 14)

“Christian leaders who know God and who know how to lead in a Christian manner will be phenomenally more effective in their world  than even the most skilled and qualified leaders who lead without God.” (Bladsy 15)

Nog ‘n paar interessante opmerkings:

Mense weet instinktief dat elkeen wat daarop aanspraak maak dat hy ‘n leier is of elkeen wat in ‘n leiersposisie staan, is nie noodwendig ‘n leier nie.

Die gemeenskap vra vir staatsmanne, maar hulle kry politici.

Mense kies nie meer werke net op grond van salaris en voordele nie. Hulle is op soek na organisasies met korporatiewe waardes wat aansluit by hulle persoonlike waardes. (Ek persoonlik twyfel aan hierdie beginsel in Suid Afrika. Werk is te skaars. regstellende aksie maak dat ons moet vat wat ons kry.)

Die volgende Skrifgedeeltes kan dalk van hulp wees:

Jeremia 6:15; 8:12; Matteus 24:11; 1 Samuel 8:10-22a; Matteus 6:33; 2 Kronieke 16:9.

Ek het gister gaan sit en daardie gedeelte in Samuel gaan lees en baie lank daaroor nagedink. Ek het baie gdink en gewonder oor of ons nie dalk die gevaar loop om die tipe van leierskap wat uniek is aan die koninkryk van God en die kerk prys te gee vir dit wat effektief blyk te wees in die wêreld nie. Dan word kerke effektiewe besighede, maar nie effektiewe voertuie waardeur die koninkryk van God na ‘n stukkende wêreld kan kom nie.

Ek wonder hoe dink jy oor die huidige tendense in leierskap in kerke na aanleiding van hierdie paar opmerkings?

Wat sou jy graag wou sien in jou geestelike leier of die leier van jou gemeente met betrekking tot sy/haar verhouding met God of sy/haar afhanklikheid van God?

5 thoughts on “BLACKABY 1: LEIERS SE UITDAGING

Add yours

  1. Ek wonder of leierskap in kerk nie meer fokus om suksesvolle besighede te wees as wat hulle fokus op hulle eintlike roeping en taak nie?
    Ek soek ‘n geestelike leier wat wys dat hy in afhanklikheid van God leef en self bereid is om vir my ‘n voorbeeld te wees van hoe ek behoort te lewe. Ek soek ‘n leier wat bereid is om met God te waag omdat God bereid is om met hom/haar te waag.

    1. Ek stem honderd persent met u mening, want daar was n man by die naam van Taylor van Engeland wat na China gegaan het baie jare gelede en baie terugslae ondervind het en baie sukses behaal en deur sy deursettingsvermoe en geloof in God(en nie in enige iets anders nie)…die christelike lewe uitegelewe het volgens die wil van die Here!!! God is baie teleurgestel in baie van ons ‘geestelike leiers’ wat meer in geld(Mamom) vertrou en nie meer die geloof behou of het om Sy wil te doen nie…dis a jammerte…ek hoop en vertrou en hop ons almal ondervind gou n ware geestelike herlewing, sodat ons werk kan voltooi en Christus spoedig moet kom. Maranatha!!! Die Here seen…

  2. Ek dink as ‘n kerk ‘n “effektiewe besigheid” is, dan kan hy JUIS die beste en mees effektiewe voertuig wees waardeur die koninkryk van God na ‘n stukkende wêreld kan kom. Hy moet net sy prioriteite reg kry.

  3. Alec: Ek verstaan dat ‘n gemeente ook effektief moet wees met betrekking tot die besigheidsaspekte van kerk. My probleem is dat “besigheids”-kerke (Verskoon die term) die verkeerde “bottom line” check. Die regte “bottom line” om te “check” is: Ek was honger, dors, naak, siek, in die tronk, en julle het my nie kos/water/klere gegee of besoeke gebring nie. Onthou dan nou net dat ek reken dat hierdie tweede “bottom line” die balansstaat beïnvloed: Mense wat gekies het om in Jesus as Verlosser te glo omdat mense hulle in hulle nood en seer net so lief gehad het as wat hulle hulleself liefgehad het. Die probleem is dat die “besigheidsarm” van die kerk besluit waar kerke se geld heengaan en nie die geestelike arm nie. Dan is die skoen mos aan die verkeerde voet.

  4. Een van Blackaby se uitdrukkings wat my getref het, was hierdie een: Mense weet instinktief dat elkeen wat daarop aanspraak maak dat hy ‘n leier is of elkeen wat in ‘n leiersposisie staan, is nie noodwendig ‘n leier nie.

    Ek wonder wat dink julle daarvan en hoe het julle dit in die praktyk beleef.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: