ONS EN ONS LEIERS

Met die oog op Sondag se preek lees ek hierdie week 2 Samuel 23:1-7, Dawid se laaste woorde. Uit die aard van die saak moet ons verstaan dat die laaste woorde van Dawid lank na sy dood geskryf is. Waarskynlik in ‘n tyd toe hy reeds meer as ‘n ikoon geword het. In die oë van God en mens was daar nooit weer ‘n koning soos Dawid nie, en sou daar ook nooit weer een soos Dawid wees nie. Maar, kan mens die man wat ons in 1 en 2 Samuel leer ken, die grootste koning in die oë van God en mens noem?

Die prentjie wat Dawid se laaste woorde oor hom skets, is nie akkuraat nie of ten minste nie die volledige prentjie nie. Uit hierdie laaste woorde sal ‘n mens nooit raai dat dit die man is wat ‘n buite egtelike verhouding met Batseba gehad het en toe sy swanger raak haar man laat doodmaak het nie. Lees voort “ONS EN ONS LEIERS”

EK WIL NET GOD SE SPOOR SNY

Ek dink die laaste paar weke dikwels oor leierskap.

Ek hoop dit is algemene kennis dat iemand wat in die alledaagse lewe ‘n leier is nie noodwendig ‘n goeie leier in ‘n gemeente ook sal wees nie. Ek dink die teendeel is dikwels (nie in alle gevalle nie) waar.

‘n Leier in n gemeente moet tot n sekere mate ‘n aangename persoon wees. Mense moet met hom oor die weg kan kom en hy/sy moet dit vir hulle maklik maak om met hom/haar oor die weg te kom. John Maxwell reken “Leadership is influence. Nothing more. Nothing less.” ‘n Aangename persoonlikheid en die feit dat mense van jou hou gee natuurlik vir jou n basis omm van te werk om mense te beïnvloed.

Iemand met ‘n aangename persoonlikheid kan mense egter ook negatief beïnvloed. Leiers kan ook sulke aangename mense wees dat mense alte lekker in hulle gemkasones ontspan. Hoe meer tuis jy my in my gemaksone laat voel, hoe meer hou ek van jou. Ek vertrou op jou as my geestelike leier om seker te maak dat ek nie nodig het om my grense te skuif nie. Solank dit gebeur het jy my ondersteuning.

Steve Jobs was nogal van mening dat ‘n mens iets moet ontwikkel wat mense nie weet dat hulle nodig het nie. Lees voort “EK WIL NET GOD SE SPOOR SNY”

besluitneming in ‘n gemeente

In Christianity Today van 5 April 2005 skryf Mike Bonem ’n artikel getitel: “From Good to Great to God.” Hy skryf na aanleiding van ’n lesing van Jim Collins wat hy bygewoon het,  waarin Collins gepraat het oor die navorsing wat hy gedoen het met die oog op sy boek “From Good to Great.” Collins se boek is gerig op leierskap in die korporatiewe wêreld. Bonem verwys dan na Collins se opmerking van hoe belangrik dit is “to get the right people on the bus and the wrong people off the bus.”

Tydens die lesing het die volgende vraag deur Bonem se gedagtes gemaal: “Wouldn’t the church be much more effective for the Kingdom if we got the wrong people off the bus?”

Waar Bonem voorheen op die leierskapsvorming en fasilitering in die korporatiewe lewe gefokus het, het hy het met die verloop van tyd meer op leierskapsvorming  in die kerk begin fokus. Hierdie skuif het tot gevolg gehad dat hy weer moes besin: “What does it mean to be an effective, biblical leader in a local congregation? It was no longer enough for me to say, ‘My leadership gift has been shaped in the marketplace, and now God wants me to use this gift in ministry.’” Lees voort “besluitneming in ‘n gemeente”

ABRAHAM LINCOLN EN LEIERSKAP

Ek kry e-kerk se nuusbrief en daar is baie kere artikels in wat vir my waardevol is. Hierdie een oor leierskap het hierdie week my aandag getrek:

Meeste Amerikaners beskou Lincoln as een van hulle grootste presidente. Wat ons wel kan sê, is dat hy ‘n groot leier was en vir elkeen van ons ‘n voorbeeld is van wat bereik kan word as jy jou op iets toespits

Hy is in ‘n houthuis gebore; hy het minder as een jaar formele opvoeding gehad – en hy word president. Wat egter opvallend is, is sy mislukkings: Lees voort “ABRAHAM LINCOLN EN LEIERSKAP”

BLACKABY 1: LEIERS SE UITDAGING

Ek het toe hoofstuk 1 van Blackaby gelees gekry. Nou moet ek sê: Ek lees verskriklik baie, maar ek moet erken ek lees nie fiksie nie. Dalk ‘n swakpunt in my mondering, maar dit is hoe dit is. Ek lees op hierdie stadium ook ‘n boek van Brian D Mc Claren. Omdat ek so baie lees, gaan baie dinge by my verby ook. As ek nou hier op ‘n “post” ‘n paar sinne skryf oor wat ek gelees het, dan is dit ook vir my makliker om te onthou. Julle kommentaar help my dan weer met een van die ander swakpunte in my mondering en dit is dat ek nie krities genoeg lees nie, ek aanvaar te maklik dit wat ek lees net so.

Ek gee ‘n kort opsomming van die hoofpunte van Blackaby. My eie kommentaar sal telkens in hakies wees. Lees voort “BLACKABY 1: LEIERS SE UITDAGING”

GEESTELIKE LEIERSKAP

Ek wil graag bietjie nadink oor leierskap. Ek gaan vir die volgende tien dae elke dag ‘n hoofstuk lees in Henry & Richard Blackaby se boek Spiritual Leadership: Moving people on to God’s agenda. Ek sal vandag die eerste hoofstuk lees en more iets daaroor skryf.

Ek is ‘n dominee – een van vier – in ons gemeente. Ons het ‘n groot gemeente en elke leraar is ‘n geestelike leier in eie reg. Lees voort “GEESTELIKE LEIERSKAP”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑