Geestelike/emosionele mishandeling

Die engels vir geestelik/emosionele mishandeling is “mental abuse”. Met geestelik/emosionele mishandeling gaan dit nie oor wat gedoen word nie, maar oor die effek wat die optrede van ‘n persoon of groep op ‘n ander persoon (of selfs ‘n groep) het. Geestelik/emosionele mishandeling vind plaas wanneer iemand emosies gebruik om die ander persoon te kritiseer, in die verleentheid te stel, te verneder, of selfs te manipuleer. Gewoonlik word ‘n enkele geval van verbale aggressie, oorheersende optrede of jaloerse optrede nie as geestelik/emosionele mishandeling gesien word nie. Geestelik/emosionele mishandeling is veel eerder ‘n reeks van gebeure oor ‘n sekere tydperk.

Geestelik/emosionele mishandeling kan in enige verhouding plaasvind. Geestelik emosionele mishandeling vind plaas in:

  • huwelik (huweliksmaats);
  • families (ouers vs kinders; kinder vs ouers);
  • uitgebreide families (oupas, oumas, ooms, tantes, neefs, niggies);
  • vriendekringe;
  • skole (kinders teenoor mekaar, onderwysers vs skoliere, skoliere vs onderwysers, skoliere teenoor mekaar, d.w.s. boelies)
  • die werkplek (kollegas; werkgewer/werknemer);
  • gemeenskap (geweld, misdaad, onderdrukking, diskriminasie)

Die onderliggende doel van geestelik/emosionele mishandeling is om die slagoffer te diskrediteer (niemand sal hulle meer glo nie), te isoleer (daar is niemand meer om te vertel nie) en stil te maak (selfs al is die geleentheid daar, sal die persoon nie vertel nie.

Die volgende is (net) enkele voorbeelde van geestelik/emosionele mishandeling:

  • verbale mishandeling – skreeu, beledig, vloek.
  • verwerping – verwerp deurlopend die ander se gedagtes, menings of idees, teenwoordigheid.
  • saai twyfel – twyfel oor eie gevoelens en gedagtes, selfs geestgesondheid deur die waarheid te manipuleer.

Die moontlike gevolge van geestelik/emosionele mishandeling is die volgende:

  • Verwarring – bevraagteken eie herinnering aan die gebeure.
  • Vrees – verander gedrag uit vrees dat dit die ander persoon sal kwaad maak, of dat gedrag die verhouding sal benadeel.
  • Gevoelens van skaamte of skuld.
  • Gevoelens van magteloosheid en hooploosheid.
  • Gevoelens dat hulle gemanipuleer, gebruik en beheer word.
  • Gevoelens dat hulle nie welkom is by enige iemand en op enige plek nie.

Geestelik/emosionele mishandeling het sekere gevolge wanneer dit gebeur. Bv.:

  • Sukkel om te konsentreer
  • Buierigheid
  • Saamtrek van spiere, bv. in die nek, hoofpyne
  • Nagmerries
  • Vinnige hartklop
  • Verskeie ander pyne

Daar is egter ook moontlike lantermyngevolge:

  • angstigheid
  • kroniese pyne
  • skuldgevoelens
  • slaaploosheid
  • sosiale onttrekking en eensaamheid

Alhoewel geestelik/emosionele mishandeling nie altyd tot possttraumatiese stressversteuring (PTSD) lei nie, kan dit wel gebeur. PTSD is ‘n diagnose wat deur ‘n gekwalifiseerde persoon (mediese praktisyn soos ‘n psigiater) gemaak behoort te word. As gevolg van die stigma wat daar tans in die samelewing heers met betrekking tot geestesongesteldheid, moet daar baie versigtig met diagnoses of gevolgtrekkings oor PTSD omgegaan word.

Simptome van PTSD sluit in:

  • Woede uitbarstings
  • Senuweeagtig
  • Negatiewe gedagtes
  • Slaaploosheid
  • Nagmerries
  • Herlewing van die gebeure

In die tyd waarin ons lewe is geestelik/emosionele mishandeling baie meer aan die orde van die dag. Daar is aanduidings dat selfs soveel as 30% van mense slagoffers is van geestelik/emosionele mishandeling. Die gevolge van geestelik/emosionele mishandeling kan met terapie aangespreek word.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: