Ek het ‘n ruk terug op Ladyguinevere se “blog” gelees van die fliek “The Golden Compass”. Hierdie fliek word op 7 Desember 2007 ook in Suid Afrika bekend gestel. Hierdie fliek is gebaseer op die eerste van drie boeke van die ateïs Phillip Pullman. In ‘n onderhoud in 2003 het Phillip Pulman geen twyfel gelaat oor wat sy doel is met die boeke wat hy skryf nie. Hy het gesê: “I wan’t to kill God.”
Die rolprent het bekende sterre waaronder Nicole Kidman wat daarin speel en is ‘n afgewaterde weergawe van die boek in die hoop dat ouers vir hulle kinders die boek vir kersfees sal koop. Phillip Pullman is in reaksie teen CS Lewis se “The Chronicles of Narnia”
Die volgende aanhaling is dalk van waarde: An article written about him said “this is the most dangerous author in Britain” and that Pullman would be the writer “the atheists would be praying for, if atheists prayed.”
Wees maar versigtig wanneer julle hierdie Desember gaan besluit watter fliek julle moet gaan kyk.
Die teenargument kan hier gelees word:
http://blog.beliefnet.com/idolchatter/2007/10/responding-to-my-fellow-christ.html
Ek het daardie bladsy gaan lees waarna Bertus ons verwys. Ek dink almal moet dit lees voordat hulle ‘n finale besluit oor hierdie fliek neem. Ons as Christene maak maklik beswaar as een of twee tekste buite konteks gebruik word en dalk is dit dieselfde hier. Gaan lees dan gesels jy saam.
Ds Attie Pullman se in ‘n onderhoud nadat die dame voorstel sy sien in die storie dat God gered word en nie doodgemaak word nie Pullman: “Yes it’s about saving the Divine and not killing him” Hoe op aarde kan ‘n gevalle mens wat die skepping is van ‘n almagtige God die skepper red?
Ek dink hierdie ou het sy sokkies geroook!!!
Ek het ook daardie bladsy gelees, maar ek stem saam met lady. Kan ‘n nietige mens God se redder wees. Ek weet darem nie mooi nie.
Wel ons nietige mense kry dit bitter goed reg om God goed dood te laat lyk deesdae. Miskien het dit tyd geword dat ons hom red.
Nee wat, ek dink nie die ou het sy sokkies gerook nie. Ek dink hy gee ietsie substantial vir Christene om lank en diep oor te gaan dink.
Lees weer Pullman se woorde. Dink daaroor en gaan google hom dan. Lees so bietjie meer oor hom en dan besluit ons wat om te dink.
toe ek op skool was (ek dink vroeg hoërskool, so st. 6, 7) het ek daai trilogie van pullman gelees.
dit was briljant. werklik briljant.
ek onthou nou nog hoe lyra (dis mos haar naam?) en pantalaimon vir die eerste keer geskei is. og, ek wou skree. en die toneel in boek #3 waar god, wat gesterf het, dood in ‘n kis rondgedra word op pad iewers heen. en die bloedige toneel met die ysbere. en die hekse. oi dit was net die wonderlikste drie boeke wat ek nog ooit in my kort lewetjie gelees het toe.en die einde van “the northern lights”
bril.jant.bi.fo.cal.bril.jant.
dankie dat jy my herinner het hieraan. ek dink ek gaan dit weer uitneem 🙂
Eerstens: Ek dink ons moet hoor wat rightsaidreverend sê. Ons as Christene slaag daarin om God nogal dood te laat lyk – dit beteken nie God is dood nie. As Pullman se fliek ons wakker skud deur dit wat Johan Swarts sê in die verhale gebeur “… waar god, wat gesterf het, dood in ‘n kis rondgedra word op pad iewers heen.” dan sal dit dalk ‘n positiewe uitwerking hê.
Ek dink egter ook ons sou ‘n fout maak om Pullman skeilik ‘n heilige kleed aan te trek. Pullman is ‘n ateïs. Sy menings is en bly die van ‘n ateïs wat weinig of geen respek vir God het nie, en heel moontlik daarop gemik is om geloof in die God en vader van ons Here Jesus Christus te ondermyn.
Kom ons as Christene benader ook hierdie fliek vanuit die perspektief van:
(i) Ons geloof. Ons geloof kan tog nie deur fiksie bedrieg word nie. As ek weet wat ek glo, dan hoef ek nie bedreig te wees hierdeur nie. Dit beteken nie ek hoef aan alles deel te hê en met alles saam te stem nie.
(ii) Die reeds behaalde oorwinning. Ons is tog meer as oorwinnaars. Dit is God wat met sy kerk op weg is en die magte van die hel sal dit nie oorweldig nie.
(iii) Christen ouers se verantwoordelikheid teenoor hulle kinders. Flieks is ‘n baie kragtige medium waarmee daar aan kindertjies gekommunikeer word, en juis daarom het Christen ouers die ideale geleentheid om ‘n sinvolle gesprek met hulle kinders te hê. Ongeag of hulle die fliek gaan sien of nie. Uit my ondervinding met tieners weet ek dat hulle tussen ander jongmense baie kere soortgelyke uitsprake hoor. Pantser julle kinders daarteen. ‘n Verbod om die fliek te gaan sien, kan baie maklik teen produktief wees en die kinders kan dit juis uit nuuskierigheid gaan sien, jy as ouer gaan dalk net nie eers weet as hule dit gaan kyk het nie. Glo my, hulle doen dit.
Wat gaan ek doen? Ek gaan die fliek waarskynlik sien sodat ek eerstehandse kennis daaroor kan hê. Ek gaan met my gesin hierdie fleik bespreek en indien hulle daarna voel sal ons dit as gesin gaan kyk en dit daarna weer bespreek. Op grond van dit wat ek nou reeds weet, gaan ek my kinders “challenge” om so te leef, dat niemand ooit sal dink hulle God is dood nie.
Ons is mos meer as oorwinnaars. God kan mos van enige negatief ‘n positief maak. God kan mos die negatiewe van die bose omdraai en sy kinders se geloof daardeur versterk. God het die geweldige negatiewe van die sterwe van Jesus aan die kruis omgedraai in ‘n wonderlike oorwinning. Hy doen dit elke dag weer.
Ek hoop ek kon mense help om bietjie hieroor te dink. Jy hoef nie te maak soos ek maak nie. Elkeen moet in die lig van sy eie oortuiging optree.
Ek weet nie of ek hierdie fliek sal gaan sien nie. Ek is dalk net te beïnvloedbaar en naïef daarvoor. Maar ek gaan bietjie dink oor ‘n gedagte wat ek tussen die lyne lees van attie se kommentaar lees: Die gees wat in ons woon vul ons nie met vrees nie, maar met blydskap envreugde en opgewondenheid. Ek gaan bietjie mooi dink oor wat beteken die belofte dat niks my uit Sy hand kan ruk nie. Dankie dat julle my laat dink.
Ek weet nie !! Soos ds. sê die fliek kommunikeer baie kragtig veral kinders. Ek hoor ook so in die gange wat kollegas van my sê as hulle ‘n fliek gaan kyk het. Ek raak soms bang as ek hoor hoe HULLE dink en redeneer daaroor. Ek weet dat my fondament is sterk gelê maar ek gaan nie kyk dat die ou my God belaster nie. My God leef en Hy alleen kan red.
Ek neem enige iemand se WAARSKUWING van enige fliek baie ernstig op – dit sê dat iets hom gepla het en dan sal dit my ook heel moontlik pla. Ook ‘n goeie resensie gaan kyk ek dan ook graag.
Vraag: Is dit nie ook ‘n deel van ons gehoorsaamheid nie? Hierdie en ander sulkes is tog nie vermaak nie – dit het ‘n doel.
Attie – ek wil nie ongeskik klink nie en daarom gaan ek ook nie. (dit sal in elk geval net uiters arrogant wees vir iemand van my ouderdom om vir jou voor te sê 😉 ) MAAR:
lees tog net eers boeke voor jy daaroor skryf? hierdie inskrywing is baie onregverdig teenoor pullman. die lyk van god in daai boek word beskryf as ‘n baie ou, verskrompelde, wit man met ‘n baard in ‘n fragiele glaskis. pullman se kritiek (indien dit ooit kritiek is) is duidelik teen ‘n sekere godsbeeld wat baie kerke het. god die wit man.
regtig. lees eers die boeke. hulle is nou al vir ‘n hele paar jaar beskikbaar en eers nou – noudat hollywood besluit hulle vang dit op film vas – skuim die ver-regse konserwatiewes in amerika by die mondhoeke. nou skielik gee die res van die wêreld om.
Johan: Ek het ongelukkig nie die boek gelees nie. Maar ek het gelees wat ander hier geskryf het. En daarom het ek by # 8 hier bo so geskryf: “Ek dink ons moet hoor wat rightsaidreverend sê. Ons as Christene slaag daarin om God nogal dood te laat lyk – dit beteken nie God is dood nie. As Pullman se fliek ons wakker skud deur dit wat Johan Swarts sê in die verhale gebeur “… waar god, wat gesterf het, dood in ‘n kis rondgedra word op pad iewers heen.” dan sal dit dalk ‘n positiewe uitwerking hê.”
Pullman is en bly ‘n uitgesproke en selferkende ateïs.
Ek is nou nogal jammer oor Johan Swarts se kommentaar. In die eerste plek omdat ek juis gedink het jy het die perspektiewe bietjie reggetrek by #8. Ek kry soms die gevoel dat mense enige iets oor Christene mag sê en dan mag Christene niks terug sê nie omdat dit dan onregverdig sou wees teenoor die persoon wat dit gesê het. Ek het waardering dat jy bereid was om jou mening aan te pas. Ek stem nie noodwendig saam met die aanpassing wat jy gemaak het nie, maar dit is nie nou ter sake nie.
yes. kyk, dalk moet ek net eers weer herhaal – ek bedoel nie my woorde negatief of neerhalend nie. ek skryf maar net vanuit die perspektief van iemand wat die boeke gelees het, dit fassinerend gevind het en steeds ‘n christen is.
Johan: Ek aanvaar jou opmerking in daardie lig. Hierdie e-pos sirkuleer en ek wou juis bietjie reaksie uitlok hieroor. Toe ek die post geplaas het het ek bietjie na die skakels wat saam met die e-pos gekom het gevolg. Ek het ook vraagtekens by die titel gesit omdat ek juis wou hê mense moet dink. Ons aanvaar te maklik ketting e-posse as die waarheid.
Pullman is ‘n ateis. Pullman is ‘n ondersteuner van die British Humanist Association.
” Humanism encompasses atheism and agnosticism but is an active and ethical philosophy far greater than these negative responses to religion.” (BHA)
Pullman ondersteun die leuns wat in Charles Darwin se evolusieleer bevat is.
Hoe kan iets goeds kom uit ‘n mens wat se lewe gevestig is in die werke van Satan? Satan en sy travante het min verbeeldingskrag want hulle 6400 jaar oue resep werk nog steeds klopdisselboom- LIEG. Kul jou hier, kul jou daar. Hy maak gebruik van die Trojaanse Perd beginsel waar hy sy leuens en verraad verpak in mooi boeke, kleure, “special effects” ja selfs “Christelike” rympies en beginseltjies. Hoeveel e-poste kry ons nie wat ‘n Christelike boodskap bevat maar onderaan sê: “Stuur aan vir 10 mense en jy sal vandag nog ‘n geluk ontvang”- Satan wat vir ons wil leer van geluk bo geloof, onafhanklikheid van God, as jy dit doen dan kry jy iets, jy moet alles verdien, jy kry niks (saligheid) verniet nie.
Pas op vir die ooglopende mooi tema en inhoud van goeie menslike waardes in sy boeke/ films wat goeie Christene lok en dan sal hulle met groot bravado standpunt inneem want “ek het die boeke gelees en niks sleg gevind nie” JULLE HET DIE LEUENS HOOK LINE AND SINKER INGESLUK! Sal jy geografie klasse neem by iemand wat glo die aarde is plat?
“Humanism is an approach to life based on humanity and reason – humanists recognise that moral values are properly founded on human nature and experience alone. Our decisions are based on the available evidence and our assessment of the outcomes of our actions, not on any dogma or sacred text.” (BHA)
Humaniste is nie satanaanbidders nie, hulle is ook nie Christusaanbidders nie en ek gaan nie hulle publieke produkte ondersteun wat daarop gemik is om mense te leer en te beinvloed nie. Mense wat verseker gedek word deur die bloed van die Lam kan dit lees/ kyk ek die “goeie” van die snert skei maar dit is nie iets wat ek aan my jong kinders gaan oorlaat nie.
Aan Pullman se aanhangers/fans: Tik “Phillip Pullman” in en druk “search” dan lees julle bietjie waar sy hart lê. Ek het en ek sê vir julle, hy het JESUS nodig in sy lewe!
Hear no evil, see no evil, speak no evil…and never write a bestselling novel…
Ne Johan jy het dit verkeerd. Mense kan “bestselling novels” skryf, maar as jy “bestselling novels” wil skryf ten koste van ander en ten koste van dit wat dit vir ander baie waardevol is, dan moet jy verwag om kritiek – en selfs erge kritiek te kry. In kommentaar soos hier, staan mense op vir dit wat vir hulle waardevol en kosbaar is, en hulle word nou in die beskuldigdebank geplaas. Die punt is net, soos jy voel oor mense wat Pullman hier onregverdig behandel, so voel ons oor die manier waarop Pullman die Christene behandel. Hy kan ‘n ateïs wees as hy wil, maar dan moet Christen nie in hierdie proses verkleineer word nie. Ja , ek weet Christen en kerke maak foute en verdraai mense se beeld van God, maar dit regverdig nie die saak nie.
kleinvissie – AMEN
[sug]
kleinvissie, gaan google “ad hominem”. jy kan nie sonder meer aanneem pullman se trilogie is godslasterlik net omdat hy ‘n ateïs is nie. gaan google dan “parody”.
niks in hierdie lewe is heilig nie, my vriend, ook nie die kerk nie. ek stem saam dat christene nie verkleineer word nie, maar jy help nie juis die boodskap aan deur op jou beurt vir pullman te verklein nie.
ek herhaal graag: nie een van julle is klaarblyklik bevoeg daarantoe om enigiets oor die boeke te sê nie, omdat julle dit nog nie gelees het nie. tweedehandse inligting (veral die soort wat in kettingbriewe is) tel nie.
lees. die. vervlakste. boeke.
Wil nie!!!
he he he tanzie jy’s snaaks, ek nooi jou sommer oor vir tee!
Johan Swarts ek vergewe jou vir daai nasty comment wat jy my gestuur het!
Johan sorry dit klink nou half sarkasties ek bedoel dit nie so nie, ek is opreg as ek se “no hard feelings!”
(hu? ek het gesien jy het nooit my comment gepubliseer nie, maar wat daarin gestaan het was glad nie nasty bedoel nie…)
Hier is my eenvoudige filosofie en is nie noodwendig die opinie van hierdie blog nie:
As ek ’n alkoholis is wat wil herstel bly ek weg van my drinkebroers af en vermy kroeë.
As ek ’n seksverslaafde is wat wil herstel bly ek uit stripper joints en weg van prostitute en slegte vrouens (man se oogpunt) af.
As ’n bokser breinskade begin opdoen kry hy ’n ander werk.
As ek my geestelike lewe wil laat groei assosiëer ek my nie met ateiste, sataniste en ander godloënaars nie.
As ’n ouer werklik omgee vir sy kinders sal hy hulle beskerm deur die huis te beveilig van elektriese drade, skerp voorwerpe, oop swembad, blok “slegte” tv kanale, bestuur veilig…
Dit is ’n ouer se plig om sy kinders ook te beskerm van die aanslag van die vyand. Die dinge wat by hulle ore en oë ingaan het ’n baie groot effek op hulle menswees en daarom moet dit in die ouerhuis (te laat vir meeste skole) gefiltreer word en hulle voor te berei om snert van goed te skei. Baie mense noem hulself liberaal en glo die satan se verdraaing van die Bybelvers wat sê: “beproef alles maar behou die goeie”. Fyn lyn tussen liberaal en stupid…
Johan, jy herinder my baie aan myself toe my eiegeregtigheid nog my common sense oorheers het en my ore doof gemaak het. Ek het so hard probeer om my punt te maak dat ander mense se logika nie eers my oordromme bereik het nie. Ek gaan dit nie persoonlik opneem dat jy my vergelyk met die apies wat hulle oë, ore en monde toedruk nie. Ons het nou herhaaldelik verneem dat jy die boeke gelees het. Ek is jammer jy het maar niks is vir God te moeilik om te herstel nie. Jy kan nou maar jou spiere ontspan, maar dit is my (en baie ander s’n) keuse om dit nie te doen nie ondanks jou herhaaldelike propaganda. Bestseller? Dit beteken net dat BAIE mense geflous is en die Trojaanse Perd se geskenk aanvaar het. Baie meer mense het NIE die boeke gelees nie as wie dit wel gedoen het. Ek baseer my keuses op ondervinding, wysheid (meestal ander mense s’n) en God se raad. Hy sê vir my dat hy satan lankal reeds onner die alie geskop het, hoekom sal ek daardie liefdesdaad van Hom onteer deur met die satan se travante gesien te word en hulle produkte/ waardes/ lering op ’n Christelike blog te promofeer?
Ek is bly jy is ’n Christen. Dit beteken jy is “Christ- like” wat ’n wonderlike eer en voorreg is en gelei word deur die vraag: WWJD?! Vertel ons nou van Christelike boeke wat jou passie soortgelyk aanwakker!
Attie, ek wou voorstel dat ons ’n Harry Potter debat begin maar dit sal dalk ’n erger kan wurms oopmaak. Miskien ’n ander dag…
Alles hierbo geskryf met groot liefde en respek vir Jesus se mense.
hmm…die doel was nie om jou met apies te vergelyk nie. dis bloot ‘n aanhaling van ‘n beroemde skrywer, wat ek nogal toepaslik gevind het tot hierdie gesprek.
vergewe my tog…maar dit was vir my nou baie snaaks om jou nuutste kommentaar te lees. want: JY HET NOG NIE DIE BOEKE GELEES NIE. my eiegeregtigheid (?) oorheers nie my common sense nie. my common sense fuel my eiegeregtigheid.
(as an aside – attie, hou asseblief op om my aan te haal oor die dood van god in the amber spyglass. jy ruk dit heeltemal buite konteks.)
Johan: Waar???
opmerkings 8 en 12.
(bygesê, jy kan teoreties netsowel daarmee aanhou ook. dis jou eie goeie reg 😉 )