DIE KERK IN CHINA

In die 1950’s was Mao Zedong aan die bewind in China. In die tyd van Mao Zedong is gepoog om alle Christene in China finaal uit te wis. Dit was onwettig vir Christene om bymekaar te kom en God te aanbid.

In die 1970’s was daar ‘n kulturele revolusie. Die Chinese Regering het dit toe nog moeiliker gemaak vir die ongeveer 1 miljoen Christene om te aanbid. Een van die gevolge was dat die Christene in China ondergronds gegaan het. Dit was ‘n tyd van bitter vervolging vir die Christene in China. In daardie tyd het dit onwettig geword om in groepe van meer as 15 bymekaar te kom. Die Christene was nie toegelaat om enige gebou te hê nie, en geen Bybels mag versprei geword het nie.

Die Christene in China het onder erge vervolging deurgeloop. Van daardie tyd af was dit onwettig om in groepe van meer as 15 by mekaar te kom. Die Christene mag geen geboue gebou het nie, en hulle mag geen Bybels versprei het nie. Ten spyte van al hierdie streng maatreëls, is die Christen nog steeds vervolg.

Op 8 Oktober 1997 is die leier van die ondergrondse kerk in China, Su Zhimin. Die klag teen hom was dat hy die landswette oortree het deur die Christelike godsdiens te bevorder. Op 18 November 2004 het Joseph Kung getuig dat Su Zhimin nog steeds nie opgespoor kon word nie. Al die Christene in China is daarvan van oortuig dat Su Zhimin reeds dood is.

Phillip Yancey ‘n boek geskryf oor Christene wat vervolg word. (Lees ‘n artikel hier.) Hy het onder andere ‘n onderhoud gevoer met ‘n man wat voorheen die sekretaris was van die Kommunistiese Jeugliga in China. Die man het vertel hoe hulle die Christene in China vervolg het. Terwyl hy die deel was van die soldate wat die Christene vervolg het, het daar ‘n vraag by hom begin spook: Hoekom is die mense bereid om alles te waag terwille van hulle geloof en hulle godsdiens. Wat het gemaak dat hierdie mense bereid was om vervolg, gemartel en selfs dood gemaak te word ter wille dit wat hulle geglo het.

Op soek na ‘n antwoord op hierdie vraag, het die man besluit om die Bybel heeltemal deur te lees. Terwyl hy die Bybel gelees het, het hy besluit om ook ‘n volgeling van Jesus Christus te word. Vandag is daardie man die leier van 260 000 Christene in China wat in kleingroepe van 15 bymekaar kom.

Yancey het ook ‘n onderhoud gevoer met ‘n man van 90 jaar oud was en die leier was van 3 Miljoen Christene in China. Christene wat ook in kleingroepe van 15 mense bymekaar gekom het. Die man was 22 jaar lank in ‘n tronk in die noorde van China – naby aan Siberië deurgebring. Die regering van China het die man verbied om te reis. Ten spyte van die reisverbod, het die man steeds vir Yancey gaan sien. Toe Yancey hom vra of hy nie bang is nie, het hy gesê: “Ek is 90 jaar oud. Ek was 22 jaar in die tronk, wat is daar wat hulle nog aan my kan doen?”

David Aikman is ‘n joernalis vir die tydskrif Christianity Today. In ‘n boek het hy geskryf dat die Christene in China in die laaste 5 jaar met 1 miljoen mense gegroei het. Volgens die syfers van die Chinese regering is daar 10 000 000 Christene in China. Aikman het bevestig dat daar ongeveer 15 miljoen Christene in China is. Ten spyte van die vervolging, is die kerk in China is die waarskynlike die grootste en vinnigste groeiende kerk in die wêreld. Dit alles, te midde van die ergste vervolging denkbaar.

Paul Davenport het in 2000 berig dat die getal protestante en katolieke saam 28.3 miljoen is.

10 thoughts on “DIE KERK IN CHINA

Add yours

  1. Ben: Hierdie was vir my ‘n wonderlike getuienis wat wat kan gebeur as ons as Christene toegewy is aan dit wat ons glo en die Here wat ons aanbid.

  2. Attie:Jy is heeltemal korrek.Eenheid en dieselfde visie.Dan kan niks onmoontlik wees nie.Die probleem is dat ons alles op ‘n skinkbord kry,daarom is ons geestelik verlam.Wag net tot ons vryheid van godsdiens weggeneem word,soos Lou dit stel.Hoe sal ons verlang as die vrou wat ons so liefhet,ons geskei word van haar.

  3. sjoe dit laat my nogal skuldig voel as ek kyk na hoe min ek eintlik doen hier in my klein wereldjie…en ek hoef nie bang te wees om vervolg te word nie!

  4. ‘n Vraag: Wat maak dat mense bereid is om hierdie dinge ter wille van hulle geloof in God deur te gaan? Wat het gemaak dat die gelowiges in die eerste gemeentes (Bv.: Stefanus; Johannes; Paulus) bereid was om die vervolging deur te gaan? Dink byvoorbeeld daaraan dat die dissipels die nag toe Jesus gevange geneem is, uit vrees weggehardloop het en na sy kruisiging uit vrees in ‘n bovertrek weggekruip het. Wat my ook geraak het, was dat die gelowiges en China en die gelowiges in Handelinge nie met geweld op geweld geantwoord het nie.

  5. ‘n goeie boek om te lees is Gesant van God.Dit gaan oor ‘n Chinees, broer Yun.JY begin dit lees en eindig op jou kniee waar jy die boek biddend verder lees.

  6. Ek glo met my hele hart dat Christene vandag in geslote en sogenaamde vry lande, soos Suid-Afrika, vervolg word en gaan word in die toekoms. Jesus praat van die Bose en Paulus praat van ‘n geestelike oorlog wat ons voer. . Die duiwel gaan mos nie goedsmoeds toelaat dat daar in sy slaai gekrap word nie. Hy sal die eerste, die beste persoon wat ver genoeg van Jesus af is gebruik om menste teen te staan. Mense wat iets by Abba Vader en Jesus gekry het wat so besonders is dat hulle soveel as moontlik mense na Hom toe wil saamneem. Daarvoor is die Jesus-volgelinge bereid om teen logiese denke in alles te waag. Hulle weet Wie hulle beskerm en na Wie hulle eendag toe op pad is. Hulle weet ook dat dit wat jy in vervolging verloor jy in elk geval nie eendag saam met jou kan neem wanneer jy hierdie lewe verlaat nie. Is dit nie ook maar vervolging nie wat ons elke dag op subtiele maniere rondom ons beleef nie?

  7. In ‘n mate glo ek dat die Christen in Suid Afrika vervolg word. Nie by wyse van die direkte vervolging van ons geloof nie, maar deur die feit dat die Grondwet nie die Afrikaner beskerm nie en dat die Afrikaner in oorgrote meerderheid Christene is.

Lewer kommentaar

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑