Ek het my vrou lief. Vir my is sy die mooiste vrou wat daar is. Ek wil met geen ander vrou die verhouding hê wat ek met haar het nie. Sy is die een by wie ek aan die einde van die dag tot rus kom. Elke more as ek wakker word is dit vir my een van die wonderlikste dinge dat ek haar mag liefhê en dat sy my op so ‘n besondere manier liefhet.
Dit maak dalk nie vir jou sin dat ek haar so liefhet en dat ek by geen ander vrou wil wees nie en dat dit vir my so besonders is om saam met haar te wees nie. As jy vir my sou vra waarom ek haar dan meer liefhet as ander vrouens sal ek vir jou ‘n paar redes kon aanvoer, maar op ‘n punt gaan jy bly vra en vra en dan gaan ek sê: Dit is nie vir my belangrik dat jy moet verstaan waarom ek my vrou so liefhet en waarom sy vir my so spesiaal is nie. Die feit dat jy dit nie kan verstaan nie, gaan ook nie maak dat ek haar minder liefhet nie.
Met hierdie voorbeeld probeer ek op ‘n onvolmaakte en gebrekkige manier verduidelik hoe ek oor my geloof dink en voel, en dan in hierdie geval ook waarom ek glo dat die Bybel die manier is waarop God gekies het om met mense te kommunikeer.
Die Bybel is uniek saamgestel; Die Bybel is uniek in sy verspreiding; Die Bybel is uniek in sy bewaring. Hierdie dinge maak die Bybel ‘n unieke boek. Hierdie dinge is vir my genoegsaam om te aanvaar dat die Bybel ‘n besonder unieke rol in my lewe behoort te speel. Ek sal nooit by wyse van redenasies en feite kan bewys dat die Bybel die Woord van God is nie. Daarom is dit ook vir my belangrik om te weet watter unieke aansprake die Bybel oor die Bybel maak.
Christene maak hierdie aanspraak: God is verantwoordelik vir die uniekheid van hierdie boek. Wanneer ons sê dat hierdie Bybel die Woord van God is, dan bedoel ons presies dit: God het self sy Woord bewaar. God self was aan die werk in die lewe van die mense wat hierdie boek geskryf het.
Hiermee is al die vrae rondom die Bybel nie opgelos nie. Ons sal nog steeds vrae hê oor die toring van Babel en oor Jona en oor Noag en die ark, oor dele van die geskiedenis wat in die Bybel beskryf word en oor sekere wonderwerke.
Maar steeds maak hierdie boek unieke aansprake soos: Die 40 verskillende skrywers van die Bybel praat as boodskappers van God.
In hierdie skryfproses het die skrywers van die Bybel ook hulle unieke persoonlikhede waarmee God hulle geskep het, in hulle skryfwerk na vore laat kom.
Hierdie Bybel/boek is die manier wat God gekies het om met die mens te kommunikeer.
Die Bybel maak daarop aansprak dat mense wat dit lees se lewens verander. Hierdie boek het deur al die jare mense wat dit met erns en openheid gelees het se lewens verander. Dit gebeur vandag nog steeds. sal mense wat dit met erns en openheid lees, se lewens verander.
Die Bybel maak die aanspraak dat die Heilige Gees aan die werk was in die skrywers van die verskillende boeke en dat Hy die een wat die eenheid en harmonie wat daar in die 66 verskillende boek te vind is.
Hierdie boek vertel hoe God van die begin af met sy skepping oppad is na ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde.
Hierdie boek gee aan die mens die antwoord op vrae soos:Hoe kan ek met die Skepper van die hemel en aarde versoek raak.
Hierdie boek oorbrug ruimte en tyd. Waarhede wat duisende jare terug mense gehelp het om in die regte verhouding met God te leef, doen dieselfde vir mense vandag – vandag nog verander die verhaal van Abraham se lewe mense se lewens.
Volgens die Encyclopedia Brittanica is daar net drie godsdienste in die Bybel wat daarop aanspraak maak dat die boek wat hulle gebruik die Woord van God is. Dit is die Jode, Islam en die Christene. Al drie hierdie godsdienste gebruik ten minste die Ou Testament as basis. Daar is geen ander godsdiens wat daarop aanspraak maak dat hulle boek die Woord van God is nie – almal se geskrifte is maar net die geskrifte van mense. As ons dus sê dat die Bybel uniek is in sy aanspraak dat dit die Woord van God is, dan maak ons nie ‘n fout nie.
Ons mag dalk nie saamstem met die manier waarop die Jode en Islam te werk gaan nie, maar dit is en bly nog steeds die godsdienste wat dieselfde Ou Testament as ons gebruik en ook aanvaar dat dit die Woord van God is.
Ander godsdienste is nie sleg nie, maar hulle gaan jou nie leer om die ware God te leer ken en om met God die Skepper van die hemel en die aarde te versoen nie.
Hierdie Bybel is nie in die eerste plek ‘n geskeidenis handboek nie, dit is in die heel eerste plek mense wat onder die leiding van die Heilige Gees vertel van God se betrokkenheid by sy skepping en van mense se interaksie in die geskiedenis met hierdie God. Hierdie Bybel is die manier waarop God deur die lewe van mense en deur die verhale van sy betrokkenheid in die lewe van mense aan ons die versekering wil gee dat Hy as liefdevolle God betrokke is by en deel is van ons lewens.
Hierdie Bybel is nie in die heel eerste plek ‘n lys van reëls en wette en dinge wat jy moet doen en dinge wat jy nie mag doen nie. Gehoorsaamheid is vir mense wat reeds die Bybel as die Woord van God aanvaar het en die God van die Woord as sy/haar persoonlike God aanvaar het.
Die Bybel is die heel eerste plek ‘n boek wat jou aan God bekend wil stel. Die Bybel is nie in die eerste plek om jou met skuld te oorlaai nie, maar om jou met verwondering te vul oor die God wat in die Bybel beskryf word.
As jy dan graag wil weet hoe God oor dinge – en in besonder oor ons as mense – dink en voel, kan jy dan regtig bekostig om nie hierdie boek te lees nie?
Is die feit dat hierdie boek soos geen ander boek is nie en oor soveel jare ontstaan het en deur soveel mense geskryf is en deur al hierdie duisende jare bewaar is, nie dalk genoeg rede om net anders na hierdie boek te kyk nie?
Verdien hierdie baie besondere boek nie dat ek en jy dalk meer aandag hieraan moet gee en so ‘n klein bietjie meer moet toelaat dat hierdie boek ons lewens beïnvloed nie?
Kan dit nie dalk die moeite werd wees om hierdie boek en die God van wie hierdie boeke getuig en aan wie hierdie boek ons bekend wil stel ‘n kans te gee om in ons lewens te werk nie?
Sou dit nie die moeite werd wees om een boek (bv. Die evangelie volgens Markus of Johannes) te begin lees met hierdie gebed: God van die Woord, werk deur U Gees in my lewe!
Ek vra nie vandag van jou om soos miljoene der miljoene mense dwarsoor die wêreld en deur al die jare reserweloos te aanvaar dat hierdie Bybel die Woord van God is nie, ek vra jou net: Gee die Bybel ‘n regverdige kans. Ek vra net: Maak net vandag die keuse om minder skepties oor die Bybel te wees en die Bybel te lees asof dit die manier is waarop God Homself aan jou wil bekend stel, en kyk wat gaan gebeur.
POWERFUL!!
Amen!
Hierdie pos is nou ‘n goeie voorbeeld van wilde aansprake.
Die titel daarvan is dat die Bybel uniek is in sy aansprake. Dit is natuurlik hoegenaamd nie die waarheid dat slegs die Bybel uniek is in sy aansprake nie. Die Torah is ook uniek in sy aansprake. Die Koran is uniek in sy aansprake en so baie ander sogenaamde heilige skrifte. Dit is juis hierdie oorvereenvoudigde uitsprake van sogenaamde unieke aansprake wat mens bekommer.
Natuurlik is daar unieke aansprake in die Bybel maar so ook in talle ander geskrifte. Unieke aansprake beteken hoegenaamd nie dit is noodwendig geldige aansprake nie.
In die pos hierbo doen Attie presies dit wat sommige teoloë so maklik doen. Hy kies selektiewe dele uit die Bybel en beroep hom dan daarop dat dit unieke aansprake bevat. Die dele waarmee hyself probleme het en waarna hy bolangs verwys gaan hy geieflikheidshalwe verby en bespreek nie in detail nie.
Attie maak daarop aanspraak dat spesifiek hierdie Bybel/boek die manier is wat God gekies het om met die mens te kommunikeer. Dit is nie net arrogant om dit te beweer nie maar ook glad nie teologies verantwoordbaar nie. Wanneer het God dan besluit dit is die manier om met die mens te kommunikeer? Die dag toe ‘n sinode besluit het watter boeke is in en watter is uit. Hoe het God met die mens kommunikeer voor die tyd? Hoe kommunikeer God met Moslems en Jode? Waarom kommunikeer hy so verskillend met mense deur dieselfde Bybel? Waarom lees mense die bybel so verskillend as dit God manier van kommunikasie is? So kan mens aangaan en aangaan.
En wat al die foute en die teenstrydighede in die Bybel?
In sy hele betoog kon Attie nog geen goeie redes gee waarom die Bybel meer aandag moet verdien as sommige van die apokriewe boeke wat nie die Bybel gehaal het nie. Waarom nie?
Solank as wat kerke en teoloë gaan probeer om God vas te vang tussen die koue buiteblaaie van ‘n stel historiese boeke gaan hulle al hoe meer irrelevant raak in die 21ste eeu.
Daar sal wel altyd ‘n paar wees skreeu: powerful! En: Amen! wanneer hulle kritieklose mumbo jumbo lees maar dit dien op geen manier godsdiens of die Christelike geloof nie. Dit maak dit goedkoop en onderskat gewone mense intelligensie.
My MAAT jy sit die pot vrek mis. Jy praat soos mens van ‘n 1000 jaar gelede en dit is ook nik nuuts vir ons om dit te hoor nie. Jy het Stiltetyd voor God nodig. Stilword,of ook genoem gebed , in Engelse terme “devote”, beteken om jou volle aandag aan God te wy, dus om jouself geheel en al oor te gee in die teenwoordigheid voor God. Dus jy word die mindere en God die meerderheid in hierdie rustige – posisie.. Dit is juis nie om God te bemeester nie, maar dat God Meester word van die leser en sy bepeinsing oor die Skrif .(Kaiser& Silva, bl 214)
Sien wat jy nie vang nie is dat die Bybel nie net ‘n historiese geskrif is nie. Dit sê vir my jy lees nie jou Bybel gedurend nie. Die Bybel is ………..
. Tydgerig: Tekste word behandel as iets wat plaasgevind het in die verlede (Historiese tyd) maar het betrekking op vandag (hede tyd ) ook. Ons erken dus die tyd waarin die gebeure afgespeel het en probeer die inligting so akkuraat as moontlik oordra om die instruksies toepaslik te maak in die tyd waarin ons vandag lewe.
Bybel is volkome God en volkome mens, jy kan dit nie FOUTE noem. Die grootste FOUT IS jy wat soos ‘n dwaas redeneer , en nie ‘n CLUE het waarvan jy praat nie….
Ag waarnemer, of is dit Hercules???
gaan comment op ‘n blog wat jou siening support!! en hou om almal se sieninge te Kritiseer – Behalwe joune!!
‘Jy dink jys die enigste een wat reg is… self regverdig, niemand anderste se siening tel nie. Jy haal almal uit by die kniee en sien nie eers hoe ongeskik jy eintlik is nie.
Ek is nie ‘n Christen nie, maar wragtig, jy veroordeel darem hulle geloof skerp. En moet asb nou nie vir my ‘n lang siening terug skryf nie, skryf eerder ‘n boek en publiseer dit!! Dalk sal jy ‘n fan club he van 1. Jouself!!! Hierdie mense is so nice met jou om jou nog nie te vertel dat jy eintlik is pyn in die …. is nie, is vreeslik Christelik van hulle. Ek haal my hoed af vir hulle verdraagsaamheid.
en verander jou naam, jy neem niks waar nie, HERCULES!
Jesus Christus is die Woord van God.Kyk na Johannes 1 vanaf vers 1.
dit verklaar alles vir jou.Jesus homself het altyd die skrifte of die boek van bv.Jeremia in die tempel gelees.Die bybel se ook dat die mense het geluister na die Apostels en het dan die skrifte gaan ondersoek of dit wel so was.God het nie die Bybel alleen gekies om met ons te praat nie.
Hy doen dit deur Sy Heilige Gees,en ook deur die Bybel.God kan nie beperk word tussen die voorblad en die agterblad van die Bybel nie.Ek herhaal weer wat ek vroeer gese het..Jy moet ‘n lewende verhouding he met God,soos wat jy met jou vrou het of jou kinders.As jy nie so ‘n verhouding het met God nie,is daar erens iets fout.God sal jou altyd terug wys na die skrifte(Bybel)of iets bevestig in die Bybel.Die Woord van GOD het kom woon in jou die dag toe jy tot bekering gekom het,en ‘n harts bekering gehad het,en nie ‘n kop bekering nie.Die bybel is die skrifte wat getuig van die ondervindinge,wonderwerke,en getuienis van mense en wat hulle gesien en gedoen het en wat gebeur het.Julle praat net die hele tyd van God en van Jeus Christus maar nooit van die Heilige Gees nie.Hy is ook ‘n persoon met gevoelens.Het God dan nie gese,moenie my Heilige geess bedroef nie.Jy kan nie ‘n “force” “energie” bedroef nie,maar slegs ‘n persoon.Die Heilge Gees is ook God.Jy kan nie God en Jesus in die kerk toelaat en nie die Heilige Gees nie,want anders werk julle nie met dieselfde God wat ek ken nie.Elke keer wanneer die Heilige Gees se naam genoem word,is dit asof daar so ‘n stilte ontwikkel.Mense ,die Heilige Gees van God is die krag van God.JY moet Hom ook in jou kerk toelaat,anders sal daar niks in jou kerk gebeur nie.God se self,”not by might,not by power,but by my Spirit”Die oomblik dat jy die Heilge Gees geleentheid gun om in jou kerk te begin werk,begin die dinge gebeur wat in die Bybel gebeur het.’signs,wonders,miracles.”For those that BELIEVE,signs,wonders,miracles will follow them,of verkies julle ‘n storieverteller God in julle kerke.
Let wel:Ek gesels net,en leer uit ondervinding,ek beoordeel niemand nie.God se verpakking hgoef nie te verander nie.Ons moet ons verpakking verander.
Attie:kan ons ook nie later bespreek waarom daar ongeveer elke 6 maande ‘n nuwe Bybel gedruk word nie.Miskien hardloop ek dinge vooruit?
Opsoeknaantwoorde… lykmy jy is eerder op soek na jouself boet. Ek het niks teen Christene nie. Ek is self een. Ek dink net nie die feit dat ek ‘n Christen is maak my of die Christelike geloof fougtloos nie. Daar is baie foute in die Christendom asook in die Bybel. Deur dit te erken maak ons nie die Christendom minder werd nie maar juis meer geloofwaardig.
Ek is gewoond aan opemerkings soos die van jou. Ek is nie hier omdat ek aan ‘n gewildheidskompetisie wil deelneem nie so jy mors jou asem as jy dink jy gaan my krenk deur my te beledig.
Ek hoop jy vind antwoorde.
Waarnemer: Jou laaste paar kommentare soos onder andere hierbo het niks te make gemaak met die onderwerp nie en was persoonlik gemik op die mense wat hier kommentaar lewer. Soos jou antwoord aan Alec, moet ek ongelukkig nou ook vra waar is die liefde en is dit die manier waarop Christene die evangelie uitdra. Jy behoort nou al agter te gekom het dat die ander lesers hier hulle nie regtig aan jou steur nie. EK stel voor jy kry jou eie “blog” waar jy mense kan nooi om met jou in gesprek te tree oor die dinge wat jy glo. Jy het ongelukkig by geleentheid op jou eie blog per ongeluk onder hierdie skuilnaam geantwoord op ‘n persoonlike vraag wat aan jou gevra is, so jou identiteit is aan ‘n paar ouens hier bekend.
EK hoop jy vind ‘n gehoor.
Attie: Die stelling: “Hierdie Bybel/boek is die manier wat God gekies het om met die mens te kommunikeer”, is ter sake. God kon in Sy wese en bestaan ook ‘n ander manier gekies het om met die mens te kommunikeer. Natuurlik kommunikeer Hy ook op ander maniere, soos bv. deur die natuur.
Die verskillende mensbeelde en mensbeskouings in die Bybel is baie afhanklik van die tyd waarin die Bybelskrywers geleef het. Dit gaan in die Bybel om die handelinge van God met mense. Dit veroorsaak juis dat die mens nie uit die Bybel ʼn baie duidelike mensbeeld kan aflei nie. Die Bybel fokus nie op die mens op sigself nie, maar juis op die mens in sy verhoudingskonteks. Teologies kan ‘n mens ook nie oor ‘n mens as verhoudingsmens praat buite ‘n verhouding met God nie. Ons kan nie besef wie ons is, wat ons is, wat die sin en doel van die lewe is, as ons nie besef dat ons voor God leef nie, dat ons Sy skepsels is en dat Hy Hom beslissend aan ons verbind het nie. ‘n Mens is ‘n mens voor God
Dit beteken dat die teenwoordigheid van die Gees onmisbaar is. Deur die stem van die Skrifgeworde Woord praat die Gees, lei Hy, onderrig Hy, versterk Hy.
In enige kommunikasie tussen God en mens is dit só dat elkeen van ons ‘n groot deel van ons eie ervaring, eie wêreld en eie konteks indra in die voorverstaan van die Skrif en sy boodskap. Elke Christen lees en luister na die Skrif en na sy boodskap vanuit sy eie konteks. Elkeen het sy eie hermeneutiese sleutel waarmee die Skrif en sy daaglikse lewe oop- en toegesluit word. Die saak is ‘n kompleksiteit op sy eie, want jy werk met die kompleksiteit van menswees.
Mooi gestel Herman
Ek stem met Ben saam (5). Waarnemer het geldige opmerkings/vrae te maak(3). Maar soos Ben glo ek die antwoord op meeste van Waarnemer se vra is die Heilige Gees. God het tog insae in die doen en late van die mensdom. Al het hy nie self die Bybel in sy huidige vorm saamgevoeg nie glo ek hy het deur sy Heilige Gees die mense wat dit gedoen het gelei om dit so te doen. Die Bybel gee vir ons baie voorbeelde van hoe God met mense gekommunikeer het voor die Bybel daar was. Dis weereens baie maal deur die Heilige Gees. Hoe God met Moslems en Jode kommunikeer en of Hy hoegenaamd met hulle kommunikeer sal ek nie weet nie. God kommunikeer verskillend met verskillende mense omdat die mense verskillend is en verskillende situasies beleef. Meeste mense wat God op die regte manier aanbid en in Hom glo lees die Bybel op dieselfde manier danksy die Heilige Gees wat in hul harte is. Die sogenaamde “foute en teenstrydighede” is wat my betref meestal die mense wat die Bybel op die verkeerde manier probeer interpreteer. Soos Attie beskryf het is dit eintlik meer besonders dat die Bybel so koherent is ten spyte van die diversiteit in skrywers en die lang tyd waaroor die geskryf is. Dit opsigself behoort vir mens ‘n aanduiding te wees dat ‘n Hoe”r Hand betrokke was.
Die tanak en die koran het nie ‘n nuwe testamemt nie.die jode wag nog op die messias en die moslems ontken onder andere dat jesus op die kruis gesterf het.Jesus is die nuwe testament.hy is nie in hulle lewe nie .daar is ook nie vergifnis vir sondes nie,sonder jesus se bloed nie.as jy nie die seun het nie,het jy nie die ewige lewe nie.hy is die enipste weg en die waarheid en die lewe.niemand kom na die vader behalwe deur hom nie.alles wat ek gee is skrif.daar is nie ruimte vir spekulasie nie.jesus se self dat in sy bloed is die nuwe testamemt.hy is die nuwe testament.Die ou testament is die rigtingwyser na die nuwe testament.dit begin bx Genesis 3 vers 151
Jammer,3 vers 15
Wel, ek het nou finaal my bybel weer tussen die boeke neergesit wat ek nou lees en nog sal lees. Dit is waar, en van baie daarvan was ek al bewus, in geestelike soeke behoort ‘n mens ook die bybel te lees en te bestudeer, al lees en bestudeer ‘n mens ook baie ander geestelike of spirituele boeke. Vir my besonder is dit nodig, eerstens omdat ek daarin groot geword het, moet ek daarmee “deal”, want ‘n mens kan nie net ‘n kinderlike oortuiging die rug toekeer sonder totale berusting nie. In geestelikheid bly die bybel tog ‘n boek met groot invloed, en is deel van en die grondslag van een van die belangrikste godsdienste in die wereld. Dit word deur te veel opregte, intelligente en “goeie” mense van talle geslagte bestudeer en geglo, en daar is te veel belydenisse van die woord wat vir mense “oop gegaan het” en ander geestelike ondervindinge van christene om dit net bloot te ignoreer, totdat ‘n mens ‘n volkome besluit daaroor kon neem, en ‘n mens die kern daarvan goed ken.
doxa se preek vannaand het gegaan oor die bybel en hoe jy dit in jou eie lewe kan en moet gebruik. die dominee het gese dit die handleiding wat vir my vertel hoe ek die woord van God kan verstaan. hy gebruik die voorbeeld van ‘n selfoonhandleiding..party mense ken die handleiding uit hul kop maar het nog nooit met die selfoon in hul hand gesit en try uitfigure nie. Net so is die Bybel niks werd as jy nie toelaat dat die woorde wat jy lees van die ware ‘woord van God’ af kom nie.
Ek is grootgemaak om te dink jy lees Bybel uit verpligting uit maar het met tyd besef dit is werklik die kos wat jou honger kan wegvat.
Hy het die volgende gese wat baie cool was…” The Bible is all about Jesus..and Jesus is all about you!” WOW AWESOME.
so uhm…druk die freaken groen knoppie!
Hehehehehe!!
Dis baie goed gestel! en loof die Here vir so openbaring!
Baie dankie
Blondie skryf: Hehehehehe!!
Dis baie goed gestel! en loof die Here vir so openbaring!
Baie dankie
Ja-nee die diepte van die openabrings op die blog is absoluut verstommend. Loof die Here.
Goed gestel Attie. Ek lees al baie jare die Bybel en het een gehad wat ek as kind persent gekry het. Deur die jare se lees, onderstreep en aantekeninge maak in die Bybel, was skrifte maklik om te vind en die boodskap agter ‘n skrif te herroep. Ek het die spesifieke Bybel orals met my geneem tot ek eendag die Bybel in ‘n vliegtuig vergeet het. Ek het vir weke tevregeefs probeer om die Bybel op te spoor. Toe moes ek ‘n nuwe Bybel kry en weer my eie maak. Verbasend hoe moeilik ‘n nuwe Bybel aanvanklik lees. Die wonder is dat die nuwe Bybel toe weer vir my nuwe skrif gedeeltes oopgemaak het. Dalk was die verlies van die ou Bybel nie so groot gesien in die lig van die nuwe skrifte wat ek ontdek het nie. Dit het my hart ook oop gemaak om ander vertalings te begin lees en te vergelyk. Verbasend om te sien hoe verskillend mense dieselfde oorsprong kan interpreteer. Ek het ook geleer dat God die mens basies as “goed” sien en nie as “sondig” nie. Dit het my lewens beskouing van ander mense verander deur eerder die goeie in mense te WIL sien as die slegte. Soos jy hierbo se, ‘n baie unieke boek en op elke mens wat DIE boek lees sal dit ook ‘n unieke uitwerking he.
Ds Attie, hoekom so stil??
wanne kry ons weer ‘n update, jy kan ons nie so uithonger nie!!
:O
So gepraat van die Bybel wat uniek is.Ek het lank gesit en probeer vasstel hoekom die Bybel so dikwels oor en oor “vertaal ” word.Vandag kry mens fisies ‘n Bybel vir elke soort situasie.Dan vergelyk ek verse soos bv.JOH:3 v16:en ek moet se dat die vers nie meer dieselfde klink soos in die ou Bybels nie.Dit het my nogal bedroef dat mense die Bybels so verander.Eers het mens net een afr.Bybel gehad wat almal in hulle huise gehad het en as dit gelees word,herken jy die gedeelte en almal weet waaroor jy praat.Ek het een Sondag in die kerk gesit en die prediker het uit ‘n Engelse Bybel gelees.Dit was een van hierdie hipermoderne Bybels en hy het die skrif gegee waaruit hy sou lees.Ek het toe my Afrikaanse 1933 / “53
vertaling nageslaan na die teks toe,en dit begin lees saam met hom,ek moet se dat ek vandag nog soek na die gedeelte waaruit hy gelees het.want sy bybel se teks en myne het wereldswyd verskil.
So staan ek een sondag na kerk in ‘n christelike boekwinkel en praat met ‘n dame oor die byels en die hordes wat daar is,en op die plek gee die Heilige Gees vir my ‘n openbaring oor die situasie.God se Gees verwys my na die ou testament,Gen”11 .die toring van Babel.
“Die Here se:daar is hulle nou een volk en het almal een taal.En dit is net die begin van hulle onderneming:niks sal vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.En toe die gedeelte wat God neerdaal en verwarring bring deur hulle verskillende tale te laat gesels.Wat ek kon aflei is dat almal dieselfde taal gehad het en dat hulle almal dieselfde doel voor oe gehad het,en die belangrikste van alles is dat daar eenheid was.Ek kom toe dadelik agter dat die vyand besig is om ons christene se taal(die Bybel)verwarring bring.Onssal bv.se tien mense in ‘N vertrek wees almal met verskillende Bybels,en een hoofstuk behandel.daar sal dan so ‘n groot verskil wees onder ons dat ons gaan begin wonder wat aangaan.Almal het die Bybel maar elkeen se Bybel verskil.Dan is daar verwarring en heel moontlik sal party begin stry en ander sal hulle vertroue verloor in die Bybel ens ens.Dan het die vyand verwarring gesaai in die kamo van gelowiges en die eenheid is verbreek.Ons moet waak hierteen.Oor een geslag of twee geslagte verder gaan ons kinders ‘n Bybel lees wat nie meer sal wees soos die ouer Bybels nie.
God se duidelik dat ons nie Sy woord moet verander nie of byvoeg,of weglaat nie want die wat sulke dinge doen lees maar verder in Openbaring hieroor.Ek hoop dit beteken vir iemand iets soos wat dit vir my beteken het.
Attie!
Ek sal verseker meer gereeld hier by jou kom inloer… Ek glo daar sal tye wees dat ons van mekaar sal verskil, maar met ‘n blye wete dat beide van ons 100% die Here met oorgawe dien.
Ons maak weer kontak!
Groete,
Murph
Ek wil graag uitbasuin hoe “amazing” die skrywer van hierdie wonderlike boek is, en watter wonderlike en groot dinge Hy vir my, en in my lewe gedoen het. My gebed is dat ek Hom soveel beter uit elke woord van Sy wonderlike boek sal leer ken en dat my lewe so elke oomblik van Hom sal spreek dat jy my nie sal raaksien nie, maar hierdie “great and amazing, all powerfull Creator and Heavenly Father” sal raaksien en eer vir wat Hy is en wat hy elke dag aan ons gee, ook deur Sy boek.
Miskien kry ds Attie so klein bietjie skaam oor die eenrigtinggesprek wat die afgelope ruk hier gevoer is. Dan is daar hoop want dan is die verdonkering waarvan Julian Muller is sy artikel verwys waarvan ds Attie die verwysing hier ook uitgevee het nie so erg soos wat dit op die oog af lyk nie.
Die vraag is wat gaan hy daaraan doen?
Heeltemal…
voel na elke vertaling of dit meer afgewater is as die vorige!
Dankie dat jy dit gedeel het
Waarom gebruik happy clappies altyd woorde soos “amazing” en “awsome” en “powerful” wanneer hulle oor geloof praat? Dink hulle God hou van sulke taalbrousels of wat? Nou verstaan ek ook g’n lekker van watter skrywer praat Muis nie. Daar was mos nie net een skrywer van die Bybel maar ‘n hele klomp.
Griet: Wat jy hier skryf is presies die rede waarom ek Waarnemer ook geblok het – jy verkleineer mos nou vir alhoewel jy ‘n vraag het wat beantwoord sou kon word oor wat muis bedoel met die skrywer van die Bybel. Jy bespreek nie regtig die saak nie, maar jy val mense persoonlik aan. Dit is baie interessant dat jou e-pos adres ook nie werk nie. Elkeen moet maar self sy gevolgtrekkings maak oor wat dit sou beteken. Ek los jou laaste twee opmerkings, sodat almal wat hier lees kan sien waarom ek jou opmerkings nie meer gaan deurlaat nie en almal kan sien wat jy bedoel dat die gesprek eensydig is omdat mense soos jy en waarnemer se kommentaar nie deurgelaat word nie.
Griet skryf ‘n sprokie:Die Heilige Gees is die antwoord op al jou vrae en onsekerheid.Wanneer jy Hom ontvang het,dit gebeur na wedergeboorte sal alles sin maak
Ook ‘n persoonlike verhouding met God, is soos wat jy het met die persoon naaste aan jou.Jy gesels met God en Hy antwoord jou op al jou vrae en onsekerheid.Ek verduidelik net omdat ek ook alles probeer uit redeneer het soos wat iemand ‘n pizza ontleed.Dit werk nie,totdat ek ruimte gemaak het vir die persoon van die HEILIGE GEES.Lees Johannes 16 vers 1-15.Jy gaan nie jou antwoorde by mense kry nie,jy gaan dit net by God alleen kry.Die Vader se,nader tot My en Ek sal tot jou nader.
Los die leringe van ander mense uit.Bepaal al jou aandag tot God en bestudeer die Skrifte.Die Bybel.Ek probeer net in my eenvoud rigting wys.Jy hoef dit nie te volg nie.Na ek tot bekering gekom het,was daar ‘n intense begeerte om die Bybel te lees.Ek kon dit nie neersit nie.Seenwense.
Geseënd is die wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. Geseënd is julle wanneer julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel.Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg. (Matteus 5:10-11)
Hoekom kom ons nie terug na die gesprek toe nie. Die gesprek gaan oor die unieke aansprake van die Woord. In die eerste paar sinne sê Attie dat ander mense dalk nie kan verstaan waarom hy sy vrou liefhet nie, maar dit gaan nie maak dat hy anders voel oor sy vrou nie.
Die Bybel wil ons aan die eerste plek bekend stel aan die God wat deur al die eeue in die geskiedenis betrokke is by wat met mense en met sy skepping gebeur. Dit maak nie saak as ander dit nie wil glo nie. Juis omdat hierdie Boek – die Bybel so uniek is, was ek bereid om dit ‘n kans te gee in my lewe. Ek was nog nooit spyt nie – dit is wat die “post” sê. .
Ds Attie
Murph maak ‘n opmerking hier bo wat my al lankal pla (Murph, ek stem saam met jou opmerking). Hoekom is dit dat ons as Christene die selfde Bybel lees, gered is deur dieselfde Jesus, hoor van die selfde Heilige Gees en gehoorsaam is aan die selfde Vader maar ons verskil so van mekaar ten opsigte van hoe ons die Bybel interepeteer of selfs net oor die uniekheid van die Bybel? Hoekom is daar so baie onverdraagsaamheid tussen Christene? Ons almal is tog nie slim geleerdes nie en maak foute met dit wat ons sê maar dit sê nie dat ek nie die Bybel verstaan of dalk verkeerd gehoor het van die Heilige Gees nie. Ek vra net !
Pieter: Ek dink elkeen van ons kyk met beperkte kennis soos ‘n spieël in ‘n raaisel. Ons kan nie God volledig ken deur die Bybel nie. Deur die Bybel leer ons God ken deur die manier waarop Hy in die geskiedenis betrokke was by sy mense en by sy kerk. Ek verstaan dit as dat God nie minder is as wat ons in as dit wat ons in die Bybel ontdek nie, maar Hy is definitief meer.
Oor onverdraagsaamheid: Ek reken dit is maar deel van ons menswees dat ons sukkel om ruimte te laat vir mense wat van ons verskil. Verdraagsaamheid is om ruimte te laat vir verskille. Gelowiges behoort egter ook op die punt te kom wat hulle sê: Kom ons aanvaar dat ons van mekaar verskil op hierdie en hierdie punte, maar kom ons ontdek die dinge waarmee ons saamstem.
in Kolossense word verdraagsaamheid beskryf as dat ons geduldig met mekaar moet wees en mekaar moet vergewe as die een iets teen die ander een het. Ek dink almal van ons ontbreek aan genoegsame geduld en vergifnis.
Ek is deur ‘n goeie kennis na hierdie blog verwys. Wie mag almal deelneem hier?
As ons ons praat van goeie gashere of vroue, dan sal ons vir ‘n reisiger se, kom in! kom ek gee vir jou iets om te eet, soek jy dalk wyn, kom ons breek brood saam, ek gee jou plek om te slaap, is jy warm? maar wat van die ontvanklikheid van gedagtes? as iemand verskil, moet ons dit nie verwerp wat hul te se het nie, ons moet luister, saamstem of verskil en dit doen met beskaaftelikheid. Meeste glo in die bybel en die God van die bybel, maar as iemand nie, moet hom nie verag nie, want dit sy keuse, dit moet gespekteer word, en as iemand wil glo, laat dit hom toe want dit is sy keuse, wat ons nie mag doen nie is om ons idees en geloofskeuses in ander mense te probeer afdwing, en om mense vrees in te boesem om te se “jy sal
hel toe gaan as jy nie dit of dat wil doen of afstand doen van nie” Ons het geen reg om mense te verag as hul gelowig is en en hul geloof wil uitleef nie, nee, ons het geen reg om dit te doen nie!, Die kerk het oor die eeue heen baie verander en is nogsteeds besig met reformasies, en dit is die normale gang van enige iets, so, leef en laat leef, want wat ons weet en wat ons glo is twee verskillende goed.
Maar liefde, krag en selfbeheersing bo alles!
Vrede!
As ons ons praat van goeie gashere of vroue, dan sal ons vir ‘n reisiger se, kom in! kom ek gee vir jou iets om te eet, soek jy dalk wyn, kom ons breek brood saam, ek gee jou plek om te slaap, is jy warm? maar wat van die ontvanklikheid van gedagtes? as iemand verskil, moet ons dit nie verwerp wat hul te se het nie, ons moet luister, saamstem of verskil en dit doen met beskaaftelikheid. Meeste glo in die bybel en die God van die bybel, maar as iemand nie, moet hom nie verag nie, want dit sy keuse, dit moet gespekteer word, en as iemand wil glo, laat dit hom toe want dit is sy keuse, wat ons nie mag doen nie is om ons idees en geloofskeuses in ander mense te probeer afdwing, en om mense vrees in te boesem om te se “jy sal
hel toe gaan as jy nie dit of dat wil doen of afstand doen van nie” Ons het geen reg om mense te verag as hul gelowig is en en hul geloof wil uitleef nie, nee, ons het geen reg om dit te doen nie!, Die kerk het oor die eeue heen baie verander en is nogsteeds besig met reformasies, en dit is die normale gang van enige iets, so, leef en laat leef, want wat ons weet en wat ons glo is twee verskillende goed.
Maar liefde, krag en selfbeheersing bo alles!
Vrede!
Jak: Jy i welkom. Sien gerus my antwoord hier bo aan Pieter. Ons wil graag verdraagsaam, geduld en vergifnis met mekaar omgaan. Ons mag van mekaar verskil, maar ons doen dit met wedersydse respek. As ons dit nie regkry nie, mag ons mekaar daarop wys.
Baie dankie. Ek sal eers na van die ander poste gaan kyk en dan reageer as ek mag. Ek is gelowig maar wil graag weet of net gelowiges mag saamgesels hier?
Jak: Weerens – almal is welkom soos hierbo gesê: Aanvaar net ook daarmee saam dat ons nie al die antwoorde op al die vrae ken nie.
Aanhaling van Attie: “Ek het my vrou lief. Vir my is sy die mooiste vrou wat daar is. Ek wil met geen ander vrou die verhouding hê wat ek met haar het nie. Sy is die een by wie ek aan die einde van die dag tot rus kom. Elke more as ek wakker word is dit vir my een van die wonderlikste dinge dat ek haar mag liefhê en dat sy my op so ‘n besondere manier liefhet”.
My probleem: hoe sou jy reageer as iemand na jou toe kom en vir jou sê jy het die verkeerde vrou lief? Jy behoort eintlik vir iemand anders lief te wees wat beter vir jou sal sorg. Ek sal jou help om van jou vrou te skei en jou aan die vrou voorstel met jy moet trou.
As jy dit nie doen nie is ek bevrees daar wag net ellende en teenspoed vir jou.
Ek is seker jy sal hoogs onsteld wees en my waarskynlik uit jou huis uit jaag. Met goeie reg ook.
Tog doen ons presies dieselfde met mense wat anders glo as ons. Ons dra dikwels geen kennis van hulle geloof of hulle geskrifte nie maar het die vermetelheid om aan hulle te sê om dit waarvoor hulle lief is net so te los en lief te word vir dit wat osn aanbied.
Jak: Ek dink jy is reg, maar as ek in die ander persoon se huis is, sal ek waarskynlik uitstap en slegs terugkom as hy of sy my om verskoning vra. Ek het nie nodig om my liefde vir my vrou te verduidelik en te motiveer nie,maar tog verhinder dit my nie om steeds te bly sê dat ek haar liefhet nie. So glo ek die Bybel is die manier waarop God met ons kommunikeer en Homself aan ons bekend maak. Ek kan dit tot op ‘n punt verduidelik, waarna ek ook mag sê: Ek kan niks meer doen om jou te oortuig nie.
Goed ek stem saam. Maar kom ons neem die analogie van jou verhouding met jou vrou verder. Dit is ‘n goeie vergelyking wat jy gekies het om oor geloof te praat.
My probleem lê nie by jou liefde vir jou vrou nie. As ek jou eie analogie weer by wyse van spreke mag gebruik. Jy is heeltemal reg dat jy nie jou liefde vir haar aan ‘n buitestaander hoef te verduidelik nie. Dit is privaat en ‘n buitestaander weet van jou verhouding met jou vrou niks nie.
So is dit ook met godsdiens. Ek of jy weet niks van my Moslem of Joodse buurman se verhouding met God nie. Wat gee my dus die reg om hom of haar te probeer oortuig om sy of of haar God te skei in ruil vir my of jou God?
Gister op die radio sê iemand in die program waar Angus Buchan opgetrtee het as mens nie vir Jesus as jou saligmaker aanneem nie gaan jy hel toe en klaar. Angus sê niks nie en stem klaarblyklik saam.
My punt is dit: net soos wat dit jou volste reg is om die Bybel as uniek te sien (jou vrou) is dit die Moslem se reg om die Koran as uniek te sien en die Jood s’n om die Torah as uniek te sien (hulle “vrouens”) en nie jy of ek of enige iemand kan ‘n groter aanspraak maak op die Bybel se uniekheid as wat hulle doen op hulle skrifte s’n nie.
Jak: Mens moet versigtig wees om ‘n beeld te ver te neem, want enige beeld het sy berperkinge. Moslems en Jode het die reg om aanspraak te maak op die uniekheid van hulle geskrifte, en hulle het die reg om my te probeer oortuig dat hulle meer reg is as ek. of dat hulle reg is en ek verkeerd. Ek verstaan die Bybel so dat Jesus Christus die Verlosser van die wêreld is. As ek verkeerd is, sal niemand skade lei nie. As ek reg is??? Maar, ons verantwoordelikheid is om andersdenkendes met verdraagsaamheid en geduld en vergifnis te hanteer.
Nee ek neem glad nie die beeld verder as wat jy dit self neem nie. Al wat ek doen is om die beeld wat jy self gekies ook op jou van toepassing te maak.
Mens kan mos nie ‘n beeld soos wat jy in jou pos noem net selektief gebruik net om jouself te pas nie. As die beeld vir geld dan moet dit logies wees dat dit ook vir die Jood en die Moslem geld of jy moet vir my verduidelik waarom dit nie vir hulle oog kan geld nie.
Jy gebruik die beeld om te probeer toon dat jy aanspraak kan maak op jou vrou se liefde vanuit jou eie subjektiewe raamwerk.
Daar is geen “unieke” rede waarom jy kan aanvoer waarom jy so lief is vir haar nie. Dit is gegrond op julle twee se persoonlike verhouding en niks meer nie.
Maar dan gaan jy verder en sê: “Ander godsdienste is nie sleg nie, maar hulle gaan jou nie leer om die ware God te leer ken en om met God die Skepper van die hemel en die aarde te versoen nie”.
Op grond waarvan kan jy dit sê? Jy weet mos net so min wat hulle verhouding met God is as wat iemand anders weet wat jou persoonlike verhouding met jou vrou is.
Ek sal graag wil weet op grond waarvan maak jy hierdie aanspraak behalwe op grond van die Bybel en jou eie subjektiewe oordeel?
Doom,
Hoe sou ons Moslems, Jode, Hindoes en Boediste behandel, sal ons beste vriende met hul kan wees? trou? kinders he ?
Wat sal jy se?
Ek ontken natuurlik nie dat ek subjektief is oor wat ek dink en voel oor Christenskap nie. Soos ek in my vorige kommentaar geskryf het: “Moslems en Jode het die reg om aanspraak te maak op die uniekheid van hulle geskrifte, en hulle het die reg om my te probeer oortuig dat hulle meer reg is as ek, of dat hulle reg is en ek verkeerd.” Enige mens is subjektief oor sy godsdiens en sy oortuigings. Ware objektiwiteit met betrekking tot iets soos godsdiens bestaan nie.
Ja dit is inderdaad so dat godsdiensoortuigings per definisie subjektief is. Ek is bly jy sien dit ook so in.
Die HAT woordeboek beskryf subjektiwiteit dan ook as ‘n neiging om jou eie gewaarwordinge tot grondslag van al jou beskouinge te neem, om ‘n saak uitsluitlik van jou persoonlike standpunt te beskou.
Dit is dan ook presies wat geberu as ons, ons eie godsdiens en ons eie godsdienstige geskrifte tot die enigste waarheid verabsoluteer.
Teenoor subjektiwitet staan natuurlik objektiwitet wat beteken onbevooroordeeldheid.
Ek dink dit is tyd dat almal van ons met minder vooroordele na die mense om ons kyk wat nie noodwendig soos ons dink nie. Al kan ons miskien nie waarlik objektief wees met betrekking tot iets soos godsdiens nie gee dit ook nie aan ons die reg om bevooroordeeld te wees oor goed waarvan ons baie min of selfs niks weet nie.
Dis baie kontemporer en gewild om te redeneer dat alle gelowe na dieselfde god lei en dat die god die ware god is. My probleem met hierdie gewilde aanname is juis dit: die persoon wat dit glo en nie ‘n getroue aanhanger is van een van hierdie gelowe nie, skiet hom/haarself in die voet. Want dis slegs as jy ‘n getroue aanhanger van een van hierdie gelowe is, wat jy dus by God kan uitkom. Nou is jy nie ‘n getroue Christen, Hindoe, Buddhis, Moslem ens. nie, maar ‘n kwasi-gelowige buitestaander wat met ‘n esoteriese geloofskwassie jou eie prentjie skets. Gaan jy dus by God uitkom, as jy nie getrou ten minste een van hierdie geloofspaaie volg nie?
Geloof…egter eerder “spiritualiteit” het binne die huidige tydsgees ‘n gerieflike DIY manier van geloof geword. Jy kies bloot dit wat jy na voel vanuit bestaande gelowe en skep sodoende jou eie geloof wat jouself en jou leefwyse pas. Dan maak jy aanspraak daarop dat al hierdie gelowe in essensie dieselfde is. Maar steeds is jy nie vis-of-vlees nie, maar is jy gestrand met ‘n eieskepping wat jou laat goed voel omdat jy ten minste “spiritueel” is. Maar waarin jy nou glo – dit weet nie eintlik nie. Vir sommiges is hierdie denkwyse ‘n gemaksone…vir ander ‘n doodloopstraat.
Jak: Ek sê maar net weer: “Moslems en Jode het die reg om aanspraak te maak op die uniekheid van hulle geskrifte, en hulle het die reg om my te probeer oortuig dat hulle meer reg is as ek, of dat hulle reg is en ek verkeerd.”
Ek glo in een God wat die hemel en die aarde gemaak het en wat in sy Seun Jesus Christus homself aan ons openbaar het. Hierdie Seun het aan die kruis gesterf en daardeur het Hy die wêreld met God versoen. Nadat hierdie Jesus opgestaan het en opgevaar het na die hemel is die Heilige Gees uitgestort. Deur die geskiedenis is God die Skepper met sy skepping oppad na die nuwe hemel en die nuwe aarde.
Die feit dat ek hierdie dinge glo, beteken nie dat ek met vooroordeel na ander kyk in die sin dat ek hulle nie hulle geloof gun nie, maar om hulle hulle geloof te gun het ek nie nodig om my eie geloof af te water nie.
Jak: Dalk verstaan ek nie mooi nie, maar is die punt wat jy wil maak dat Christene meer verdraagsaam en minder veroordelend teenoor ander godsdienste moet wees?
Hoor Israel die Here ons God is die enigste Here. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag, en jou naaste soos jouself. Daar is geen groter gebod as hierdie nie.
Thinus by 42: Ek het op ‘n stadium saam met ‘n Moslem gewerk. Ons het lekker saamgewerk en ons het dikwels oor ons geloofsverskille gepraat. Ek kon hom nie oortuig nie, en hy kon my nie oortuig nie. Ons het dit so aanvaar. Ek sal vriendelik wees met so ‘n persoon as dit nodig, is en ek sal so iemand in my huis ontvang. Trou? Ek dink dit is elke individu se keuse.
As ek Johannes 14 vers 6 aanhaal,waar Jesus se :Ek is die weg,die waarheid en die lewe:niemand kom na die Vader(God)behalwe deur My nie.God is die Vader,die Seun en die Heilige Gees.Ons aanbid nie drie gode nie,maar een.Soos ons gees ,siel,en liggaam is,is ons ook drie,maar ons is een.Sover ek weet se die skrifte dat God die wereld so lief gehad het dat hy sy eniggebore seun gestuur het,sodat almal wat in Hom glo,(Jesus)nie verlore sal gaan nie,maar die ewige lewe sal he.Ek weet ook dat Jesus die ou testamentiese offers vervang het,wat een keer per jaar geoffer was aan God vir die bedekking van die sondes van die volk.Jesus is eenmaal geslag as offer aan ‘n kruis en deur Sy bloed word ons sondes vergewe.Jeus het vir almal se sondes gesterwe,ook die van die Jood en die van die Moslem.Dit is die wereld wat GOD so lief gehad het.Jy kan nie God aanbid ,maar die Heilige Gees uitsliut nie,of enige van die drie nie.Op grond daarvan se ek dat ons dan nie dieselfde God aan bid nie.Jy kan nie God aanbid,maar se dat Jesus nie aan ;n kruis gesterf het nie.dan Verskil ons met die God van die Bybel.Op die oomblik is die belangrikste persoon op die aarde,die Heilige Gees.Ek weet ook nie,van ‘n andr manier wat sondes vergewe word nie,behal;we deur Jesus Christus nie.Ek weet ook nie van ‘n ander weg as Jeus Christus nie.Die Rooms katolieke dra ‘n skapulier om hulle nek,wat ook ;n weg is na die Hemel,as Jesus.Moeder Maria het dit aan hulle geopenbaar.Ons sien dit duidelik in the passion of the christ,op die kruis,waar Jesus en die twee rowers hang.die een het ‘n skapulier en die ander een het nie.Kom ons hou by die God van die Bybel.Hy lewe.het opgestaan uit die dode.die lee graf getuig daarvan.ek weet dat die ander nog in hulle graf is.Hulle het nie die dood oorwin nie.Jesus het ook vir Hulle gesterf en hulle sondes.God gaan nie op ‘n ander manier die ander red nie.Is ekm uit lyn met my opmerkings.dit is alles gebaseer op die Bybel.
Jak: Kan ek ook vra? Jy sê hier bo: “Ek is gelowig maar wil graag weet of net gelowiges mag saamgesels hier?”
Kan jy dalk vir ons verduidelik wat jy bedoel met “gelowig”? Elkeen van ons het mos ons eie definisie van geloof en almal van ons glo mos nie dieselfde dinge en op dieselfde manier nie.
Dus: Wat bedoel jy met gelowig en wat glo jy?
Jou antwoorde op hierdie vrae sal my help om die aard en hoek van jou subjektiwiteit te verstaan.
Ons ou mensies is so klein en God is so ongelooflik groot. Hoekom verlaag ons Hom en sy wonderlike koninkryk tot ‘n vlak van aanvalle en teenaanvalle. Kan ons nie net ons medemense en hulle opinies sien soos Hy ons sien en lees deur Sy bril en die ou goedjies wat ons irriteer opsy skuif en Sy eer bo alles soek nie? Hy is lief vir my soos ek is, ek wil so voel oor my medemens omdat Hy dit van my vereis.
Hy is uniek, Sy boek is uniek en Hy gee ons ‘n unieke kans om te leef tot Sy eer. Kom ons doen dit.
‘mens moet oor kennis beskik van ander gelowe om hulle te bedien met die woord.Jy moet kan onderskei waar en wanneer die regte vrae te vra,soos bv.
‘Wat dink jy van dit ens….”Stel belang.
Jak:Ek glo jy is ‘n gelowige maar volgens jou vrae wat jy vra,kom dit voor dat jy nie die God van Die Bybel dien nie?Net ‘n vraag.
Boer in ballingskap:Ek stem volkome saam met jou.mense skep ‘n geloof of reik uit na ‘n geloof wat die beste pas by HULLE leefwyse sonder om opofferinge te maak.met die G od van die Bybel moet jy egter aanpas by HOM aanpas en jouself verloen,en jou kruis opneem en en Hom volg.As jy egter ‘n getroue aanhanger van jou geloof is,sal jou pad geestelike dood wees.Ons het te doen met ‘n lewende God,en nie net tradisies wat vir ons gelos is nie.God leef.Hang ons nou die tradisies aan (maw is ons ‘n getroue volgeling) of het ons ‘n LEWENDE verhouding met God.dit is verskillend.
Daar is net een Lewende God.Sy graf is leeg en Hy het opgestaan.Buddha IS dood.gaan kyk na sy graf en die ander ook.Jesus se graf is leeg.HY LEWE.
Aan ????? en Soekend: Ja, my punt is dat Christene meer verdraagsaam moet wees teenoor mense van ander gelowe. Maar dit is ook meer as net dit.
Wanneer ek sê ek is gelowig dan bedoel ek daarmee dat ek uit ‘n bepaalde geloofstradisie (Christelik) kom en vanuit my geloofstradisie het ek ‘n bepaalde godsbeeld. Hoewel ek, soos seker baie ander mense, ook baie vrae het is ek heel gemaklik met die tradisie waaruit ek kom omdat ek weet dat enige geloofstradisie ook maar net ten dele ken en eintlik bitter meen van God af.
In jou antwoord aan my, Soekend, skryf jy dat elkeen van ons, ons eide definsie van geloof het en dat almal nie dieselfde dinge op dieselfde manier glo nie. En dit is juis my punt.
Ons glo almal verskillend. Selfs al staan ons in dieselfde geloofstradisie soos by voorbeeld die Christendom verskil ons godsbeeld soms radikaal van mekaar.
Wat ek dus bepleti is dat ons hierdie diversiteit breër moet trek as slegs ons eie geloofstradisie. Nie een van ons hoef ons eie geloof prys te gee deur ruimtge te skoep vir mense wat anders as ons glo nie.
Wie sê in elk geval ons is reg?
Jak: Baie dankie. Jy klaar dinge vir my op. Is dit nie basies wat doom ook sê nie?
“Moslems en Jode het die reg om aanspraak te maak op die uniekheid van hulle geskrifte, en hulle het die reg om my te probeer oortuig dat hulle meer reg is as ek. of dat hulle reg is en ek verkeerd. Ek verstaan die Bybel so dat Jesus Christus die Verlosser van die wêreld is. As ek verkeerd is, sal niemand skade lei nie. As ek reg is??? Maar, ons verantwoordelikheid is om andersdenkendes met verdraagsaamheid en geduld en vergifnis te hanteer.”
Na aanleiding van doom se opmerking: “Ander godsdienste is nie sleg nie, maar hulle gaan jou nie leer om die ware God te leer ken en om met God die Skepper van die hemel en die aarde te versoen nie.”
Vra jy (In pos 41) Die volgende vraag: “Op grond waarvan kan jy dit sê?”
My antwoord sou wees dit is ‘n geloofskeuse. Net soos ander godsdienste vry is om ‘n geloofskeuse met betrekking tot hulle godsdienste te maak, oefen ek mos nou dieselfde vryheid van keuse uit om te glo dat aanvaar dat die Bybel ‘n unieke boek is en dat ek kies om te glo dat Jesus Christus die Verlosser is wat die sonde van die wêreld wegneem. En as ek op grond van daardie geloofskeuse nie regtig daarin belangstel om ander godsdienste te verstaan nie, is die beginsel wat gehandhaaf moet word tog verdraagsaamheid en nie veroordeling nie. Ek veroordeel nie Moslems en Jode nie, maar volgens my geloofskeuse is die boek wat ek lees uniek en my geloof in Jesus as die Seun van God God se antwoord op die sonde van die wêreld. Ek kan dit nie bewys nie, en daarom is dit ‘n geloofskeuse.
Soekend ek dink nie my en Attie se siening is dieselfde op die punt nie. Tensy ek hom verkeerd verstaan lyk dit vir my steeds hy meen die Christelike geloof is die ENIGSTE geloof wat legitiem is. Hy meen ook die Bybel is uniek in die opsig dat dit die enigste stel boeke is waardeur God hom aan die mens openbaar.
Ek dink ons doen heeltemal te min moeite om die ontstaansgeskiedenis van die Bybel na te vors en presies hoe die kanon tot stand gekom het. Dit was as gevolg ‘n besluit deur ‘n kerklike sinode wat deur Konstantyn aangestel is. Dit was nie God nie, maar doodgewone mense, wat in hulle gebrokenheid besluit het watter boeke word deel van die Bybel soos ons dit vandag ken en watter nie.
Attie erken wel Moslems en Jode se reg om aanspraak te maak op die uniekheid van hulle geloof maar glo steeds net sy geloof se geskrifte is uniek. Hulle aansprake beteken dus vir hom niks nie maar hy wil graag hê dat ander wel sy (subjektiewe) aansprake moet glo. Hoe werk dit? My siening is anders. Ek vra op grond waarvan kan mens so ‘ n aanspraak maak behalwe vanuit jou eie subjektiewe geloofsoortuiging?
Natuurlik is jy reg as jy sê dit bly ‘n geloofskeuse. Ek stem saam. Maar ‘n geloofskeuse beteken nie dat jou keuse ‘n groter waarheid inhou as iemand anders se keuse of dat dit meer gewig dra nie. ‘n Geloofskeuse is presies dit wat dit sê naamlik ‘n keuse en niks meer of minder nie. As jy in die Joodse gemeenskap of in die Moslemgemeenskap gebore was sou jou keuse heel waarskynlik anders wees.
Maar ‘n vreemde stelling wat Attie volgens my maak is wanneer hy sê: “As ek verkeerd is, sal niemand skade lei nie. As ek reg is??? “
Besef jy wat is die implikasie daarvan? Dit is glad nie so eenvoudig as om te sê as jy verkeerd is sal niemand skade ly nie. Inteendeel! As jy verkeerd is en die Islam (of wie ook al) is reg dan is Attie en almal wat soos hy glo daarmee heen!!
En dan?
Ek het afgelei dat baie mense soekend is..Skrop hier en skrop daar,en maak n groot geraas.hulle redeneer hierdie kant toe en daardie kant toe,al om die antwoord,al hoe verder weg van die goudpot af,en alles oor n gebrek aan kennis.Die sluier moet gelig word.
Jak: Dalk het dit tyd geword dat ek en jy vir mekaar sê dat ons van mekaar verskil. Geloof is vir my juis data ek die risiko loop om verkeerd te wes. Ek is bereid om daardie risiko te loop. Oor die samestelling van die kanon, dit is waar ‘n sinode het besluit watter boeke ingesluit moet word. Die voorwaarde vir die Nuwe Testament was dat die skrywers in die van Jesus gelewe het en as gelowiges in die opgestane Here Jesus hulle boeke op briewe moes geskryf het.
“Attie erken wel Moslems en Jode se reg om aanspraak te maak op die uniekheid van hulle geloof maar glo steeds net sy geloof se geskrifte is uniek.”
Die Ou Testament speel tog ‘n baie belangrike rol in die geskrifte van Jode en Moslem. Die Bybel is uniek, maar ek kan tog nie sê die boeke van die Ou Testament si vir my uniek, maar soos hulle dit gebruik is dit nie uniek nie.
In my volgende opmerking aan ek iemand hieroor aanhaal.
“The largest reiligon in today’s world is Christianity accounting (loosely speaking) for about 33 percent of the world’s inhabitants. Islam, the world’s second largest religion accounts for an additional 20 percent, and both relgions are daughters of Judaism. Together, these three religionsnurture and guide more than half the world,s population. And of coursem they wield an influence that effects 100 percent of the planet’s six-plus billion living human beings, not to mention incounted trillions of human beings who will someday exist unless aggressive and suicidal elements in these three religionsdrive drive us to exrinction. No doubt, much of the inluence of these religions is positive, but these days, many of us are worreid that any two of them could get us alle nuked.” (Brian McClaren.)
M.a.w.: Al drie hierdie godsdienste het hulle oorsprong by Abraham. Al drie hierdie godsdienste lees die Ou Testament as hulle heilige boek. Al drie hierdie godsdienste leef met die ooruiging dat God ‘n Messias sou stuur. Die Christene is oortuig dat daardie belofte aan ‘n Messias in Jesus Christus vervul is. Die Moslems is in ‘n groot mate daarvan oortuig dat Mohammed hierdie Messias was.
My geloof beteken dat ek glo en aanvaar dat die God van die Bybel, die Skepper van die hemel en die aarde die enigste God is (Monoteïsme), en dat hierdie enigste God in Jesus Christus wat in die begin van hierdie jaartelling geleef het en gekruisig is en opgestaan het die beloofde Messias is.
Dit is my oortuiging. Enige iemand is welkom om anders te glo.
Jak: Laat doom maar vir homself praat, maar my antwoord is steeds: “… dit is ‘n geloofskeuse. Net soos ander godsdienste vry is om ‘n geloofskeuse met betrekking tot hulle godsdienste te maak, oefen ek mos nou dieselfde vryheid van keuse uit om te glo dat aanvaar dat die Bybel ‘n unieke boek is en dat ek kies om te glo dat Jesus Christus die Verlosser is wat die sonde van die wêreld wegneem.”
Ek verstaan nie: “Hoekom mag Christene dit nie glo nie?”
Ek verstaan nie: Hoekom mag doom nie van jou verskil nie? Hoekom mag enige iemand nie van jou verskil nie?
Dis ‘n baie interessante debat wat julle hier voer. Maar ek voel nie dat julle iewers gaan uitkom nie want die fondamente is verskillend. Wanneer twee party redeneer met die doel om ten minste mekaar se punte in te sien moet daar ten minste dieselfde fondamente wees. Dis hoekom redenasies oor geloof so moeilik is. Mense met verskillende geloofsoortuigings het noodwendig verskillende lewens en wereld beskouings. Dus kan hulle selde mekaar se punte insien.
Ten spyte van wat ek sopas hierbo gese het gaan ek nou ook probeer om vir Jak te verduidelik wat dit beteken om te glo dat die Bybel uniek en waar en al daai dinge is. Om te glo is om seker te wees van die dinge waarop ons ons hoop vestig en om volkome oortuig te wees van dinge waarvoor ons geen bewyse het nie. (Min of meer soos Hebreers dit stel.) Dis wat dit beteken om ‘n geloofskeuse te maak.
Hoe weet ek die Bybel is waar? ek glo dit.
Hoe weet ek Christenskap is die regte geloof en nie een van die ander nie? ek glo dit.
Hoe kan ek dit glo as ek geen bewyse het nie? Dis wat geloof is.
Sonder geloof is mens soos ‘n kurkprop op die see wat deur die golwe rondgespoel word. Geloof is die anker waaraan mens vashou en sodoende kan staande bly ten midde van die golwe.
Daarmee se^ ek nie mens moet ander mense met ander gelowe of gebrek aan geloof veroordeel nie. Die Bybel is baie duidelik daaroor dat ons nie die gesag het om sulke oordele te maak nie.
Flippiefanus: Ek stem met jou saam. Hierdie debat gaan nêrens heen nie. Die fondamente is wêreldwyd uit mekaar uit.
Soos Soekend verstaan ek ook nie mooi wat hier aangaan nie.
Jak: Ek het geen twyfel dat jy ‘n saak het om te stel nie, en ek het nogal gehou van die manier waarop jy jou saak hier gestel stel. Nou vra ek maar net, hoekom kry jy nie vir jou ‘n platform waar jy jou saak kan stel nie. Daar kan ouens dan met jou in debat gaan as hulle wil. Ek is oortuig daarvan jy sal daar mense kry wat met jou saamstem, maar jy gaan ook ouens kry wat met jou verskil, dan kan die debat mos na jou keuse gevoer word.
Ek het ook ‘n geloofskeuse gemaak, en alles wat jy so mooi gesê het en verduidelik het, het nie vir een oomblik my geloof laat weifel nie. Ek weet nie alles van hoe die Bybel tot stand gekom het nie; ek verstaan eintlik bitter min van die Moslems en die Jode. Ek het die boek wat ons die Bybel noem gelees en dit wat ek daar gelees het, het my vir my sin gemaak en die geloofskeuse laat maak. Ek het die geloofskeuse gemaak, en ek het net eenvoudig nie nodig om dit teenoor jou of enige iemand anders te regverdig of te verduidelik nie, en dit het ‘n hele paar ouens in hierdie gesprek al gesê.
Ek sien nie neer op niemand wat anders as ek glo nie, en ek veroordeel niemand wat van my verskil nie, maar ek glo wat ek glo.
Sela…
Ek hoef nie Jesus Christus te verdedig teenoor ‘n ander god nie.Hy is Die alfa en die omega.Hy is die Skepper en nie ‘n ander god nie.Hy is die lewend makend Gees en geen ander geloof,sekte,kan dit se nie.
??????? Skryf aan my: “Ek het geen twyfel dat jy ‘n saak het om te stel nie, en ek het nogal gehou van die manier waarop jy jou saak hier gestel stel. Nou vra ek maar net, hoekom kry jy nie vir jou ‘n platform waar jy jou saak kan stel nie. Daar kan ouens dan met jou in debat gaan as hulle wil. Ek is oortuig daarvan jy sal daar mense kry wat met jou saamstem, maar jy gaan ook ouens kry wat met jou verskil, dan kan die debat mos na jou keuse gevoer word.”
Dankie ek is bly jy voel ek het ‘n saak om te stel. Dit is presies wat ek hier doen. Jy vra waarom kry ek nie ‘n platform waar ek dit kan doen nie. Gelukkig het Attie reeds hierdie platform geskep so dit is nie vir my nodig om nog ‘n platform te kry nie want hier bestaan reeds een. Nog een sal onnodig wees.
Ek het reg van die begin mos gevra of ek mag deelneem en Attie ja gesê. Gister het hy ook vir my ‘n epos gestuur waarin hy vir my die versekering gee dat hy geen probleem het my deelname nie. Ek waardeer dit. In sy eerste pos aan my skyf Attie soos volg: Ons mag van mekaar verskil, maar ons doen dit met wedersydse respek. Dit is wat ek probeer doen.
Ek het dus geen probleem met die manier waarop die debat hier gevoer word nie en daarom is dit onnodig om nog ‘n platform te skep.
Ek stem nie saam dat die debat nêrens heen gaan nie. Ek glo hier word na beide kante nuwe insigte gedeel en mense word sodoende beter ingelig om nie sommer alles net te aanvaar wat vir hulle gesê word nie.
Flippiefanus skryf: “Hoe weet ek die Bybel is waar? ek glo dit.
Hoe weet ek Christenskap is die regte geloof en nie een van die ander nie? ek glo dit.
Hoe kan ek dit glo as ek geen bewyse het nie? Dis wat geloof is.”
Dit is die waar flippiefanus maar dit geld ook vir ander gelowe.
Hoe weet die Jode en die Moslems dat die Torah en die Koran waar is? Hulle glo dit.
Hoe weet hulle dit is die regte geloof en nie die Christelike geloof nie? Hulle glo dit.
Hoe kan hulle dit glo as hulle geen bewyse het nie? Dis wat geloof is.
Soekend vra: Ek verstaan nie: Hoekom mag doom nie van jou verskil nie? Hoekom mag enige iemand nie van jou verskil nie?
Natuurlik mag mense van my verskil Soekend. Ek het nog nooit gesê mense mag nie van my verskil nie. Dit is elke mens se goeie reg om van iemand te verskil en dit getuig van volwassenheid as mens dit kan aanvaar dat daar verskille is.
Attie skryf:
“Die voorwaarde vir die Nuwe Testament was dat die skrywers in die van Jesus gelewe het en as gelowiges in die opgestane Here Jesus hulle boeke op briewe moes geskryf het.”
Ek sal graag wil weet wat is jou bron vir daardie stelling Attie dan kan ons verder daaroor praat. As dit die voorwaarde was waarom is daar nie ook van die ander apokriewe boeke ingesluit nie en wat ‘n boek soos die Evangelie van Thomas wat veel ouer is as baie ander boek in die Bybel. die voorwaarde gewees.
Verder skryf jy die boeke van die ou Testament is vir jou uniek maar dis nie uniek soos wat die Jode dit gebruik nie. Ek kan glad nie verstaan hoe kan die boeke vir jou uniek wees maar nie soos wat die Jode dit gebruik nie. Ek begrypo nie mooi wat bedoel jy daarmee nie en dalk kan jy verder verduidelik.
In ‘n vorige pos het jy gesê as jou manier van glo verkeerd is sal dit nie saak maak nie maar as jy is reg is wat dan? My vraag aan jou bly steeds: gestel die Moslem se manier van glo is reg en joune is verkeerd wat?. Sien die tweede laaste paragraaf van pos 56
Jak: Ek gaan dit nou maar weer sê: Ek is bereid om die kans te vat dat ek verkeerd wees. (Sien pos 57)
My bronne: NT Wright. Ek het ook al reeds gesê dat NT Wright en Sanders aangedui het dat die Evangelie van Thomas se onstaanstyd later as al vier die evangelies is en dat die Q bron eerder ‘n vroeër ontstaanstyd het, maar ongelukkig is daar geen manuskripte van die Q bron beskikbaar is nie.
Lees gerus NT Wright se boek The New Testament and the People of God.
Ek gaan dit nog een maal sê: Ek het hoegenaamd geen probleem as die Jode en die Moslems op grond van ‘n geloofskeuse aanvaar dat hulle boek uniek is nie. Die feit dat hule dit glo het geen invloed op wat ek van die Bybel glo nie. Hulle loop die risiko om verkeerd te wees. Ek loop die risiko om verkeerd te wees.
En dan… ek verskil graag van jou, maar die antwoorde wat ek gee, word nie raak gelees nie.
Ek stem ongelukkig saam: Die platform van waar ons sake sien is uiteenlopend, die gesprek gaan ons nêrens bring nie. Jy het jou bronne en ek het myne. ‘n Mens moet ook maar kies watter bronne jy wil aanvaar.
Ek gaan nou afstap van hierdie gesprek, want dieselfde vrae word die hele tyd gevra en dieselfde antwoorde word die hele tyd gegee. As jy dit wil sien as ‘n oorwinning vir jou, dan sal dit my ook nie pla nie. Ek weet wat eerder gebeur het is, dat ek meer oortuig geraak het van wat ek glo en hoe ek glo.
Jak: Jy’t gevra wat die gronde is vir ons oortuiging en ek het geantwoord dat ons dit eenvoudig glo. Toe antwoord jy dat die Jode en Moslems ook gewoon glo. Inderdaad.
Nou lei ek af waarna jy soek is een of ander unieke onweerlegbare bewys dat een van die gelowe die waarheid is en nie die ander nie. Wel ek het slegte nuus vir jou. Daar bestaan geen onweerlegbare bewys van so aard nie. Slegs argumente soos wat jy hier teegekom het. Op die ou ent moet mens maar op grond van hierdie argumente, gebrekkig soos wat dit vir jou mag lyk, ‘n keuse maak. Dis wat dit impliseer om ‘n geloofskeuse te maak.
God stel nie belang in bewyse nie, eendersyds omdat onweerlegbare bewyse mense van hul vrye wil ontneem en andersyds omdat geloof mense se gedrag bepaal en nie bewyse nie.
Dankie Attie jy is natuurlik welkom of af te stap van die gesprek maar eintlik stap jy mos maar net weg van die gesprek. Hierdie gesprek het nog nooit daaroor gegaan of jy of wie ook al aan Moselms of Jode die kans glo om e glo soos wat hulle wil nie.
Dit gaan daaroor dat sommige – let wel SOMMIGE – Christene op ‘n arrogante manier glo dat net hulle reg is en dat almal wat nie soos hulle glo nie hel toeg gaan.
Dankie vir die gesprek ek sien uit na ‘n volgende tema.
Jak.
Jak:joh.14 v 6:Ek is die weg en die waarheid en die Lewe.Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.Dit is die woorde uit die mond van Jesus Christus.As mense nie so glo nie,is die weg uitgespel in die Bybel.
ELKEgeloof kan glo soos hy wil ,Die God van die Bybel se HY is die ewige lewe,en as jy nie aan Hom behoort nie,gaan die pad wat jy loop jou bring by jou bestemming,either hel of hemel.Jy kies.Dit is nie my woorde of besluit nie.Dit is wat die God van ABRAHAM,ISAK en JAKOB se.Ek is slegs hier om mense daaraan te herinner.Ek doen presies wat God in die Bybel se ek moet doen.II Timoteus 3 vers 16.
Seemwense vir jou in die naam van Jesus Christus.ek is een van daardie SOMMIGE christene.