Liefde vir die self kan nooit die belangrikste liefde van alle liefdes wees nie.
In haar boek maak Twenge die volgende stelling “the iGens, have made the self ‘our hometown'” (49) Die rede hiervoor is dat hulle van kleins af geleer is om hulle self eerste te plaas. Hulle is geleer dat dit vanselfsprekend is dat hulle goed behoort te voel oor hulleself en dat hulle enige droom kan najaag met die verwagting dat die droom sal realiseer.
Hierdie benadering het eintlik rampspoedige gevolge vir hierdie jong mense. Wanneer daar iets gebeur wat in konflik is met “behoort goed te voel oor hulleself” of indien die droom nie realiseer nie, dan sukkel hulle om dit te hanteer. By die een groep het dit depressie of neerslagtigheid tot gevolg, omdat ek nie goed kan voel oor myself wanneer ek my op ‘n Vrydag-aand bewusteloos suip nie, of wanneer die onrealistiese droom nagejaag word net omdat ek kan en dan nie realiseer nie.
Skuldigevoelens en depressie is dalk meer hanteerbaar as die jongmense wat van hulleself hou ten spyte van die feit dat hulle hulleself op ‘n Vrydagaand bewusteloos suip en omdat hulle die reg het om enige droom na te jaag nie, het hulle nie nodig om enige iemand toe te laat om hom anders te laat voel oor sy potensiaal om sy droom na te jaag nie. Nie lank nie, dan gaan die selfregverdiging oor in arrogansie met geen respek vir enige iemand anders en die arrogansie word geweld, nie net teen ander jong mense nie, maar dikwels ook teen volwassenes wat daarvoor verantwoordelik is dat hulle oë oopgaan vir die feit dat selfliefde dalk self-aanbidding geword het.
Die grootste probleme ontstaan egter wanneer die ouers van hierdie jongmense hulle optrede probeer regverdig, goed praat of die blaam skuif na iemand anders in die groep, of na die skool omdat daar in die skool dan geen dissipline is nie en daarom het my kind geen selfdissipline nie. Dan word dit natuurlik kin-aanbidding.
Een van die beter voorbeelde is kinders wat betrap is dat hulle drank misbruik. Op die ou end was die ouers se regverdiging dat hulle kinders gedrink het om te keer dat die ander seun die hele bottel uitdrink. Daardie kind sal baie moeilik leer om verantwoordelikheid vir sy/haar dade te aanvaar.
Die ander een was die seun wat ‘n paar klappe by ‘n ander seun gekry het omdat die ander seun homself aan sy meisie probeer opdwing het, en selfs betas het. Die ouers se verweer was dat die seun nou in puberteit is en dat hulle nie voel dat sy seksuele ontwikkleing en drange erg ingeperk moet word nie, want dit kan dalk tot gevolg hê dat die seun “gay” raak.
Die ergste is, dat wanneer ek hierdie jongmense moet begrawe of die ouers se trane moet afdroog oor die verskrilike seer wat hulle beleef, dan wens ek hulle was daar wanneer ek by een van my ouer-tiener praatjies sê dat ouers dikwels hulle eie hartseer kweek.
LET WEL: Ek veralgemeen nie oor die verantwoordelikheid van ouers vir jongmense se dom optredes nie. Natuurlik is daar jong mense wat vir hulle ouers baie hartseer veroorsaak ten spyte daarvan dat die ouers goeie ouers was.’n Veralgemening veroorsaak weer skuldgevoelens juis by die ouers wat dit nie verdien nie.
Jongmense moet geleer word om realisties oor hulleself te dink wat ook beteken dat hulle verantwoordelikheid moet aanvaar vir die gevolge van hulle optrede en dit wat hulle doen mag nie te alle koste regverdig word nie.
Liefde vir die self kan nooit die belangrikste liefde van alle liefdes wees nie.
Mense probeer self geluk najaag, maar hoe meer selfgesentreerd hulle raak hoe minder gelukkig raak hule. Tog is die oplossing maklik: leer om te gee. Gee vir God en gee vir jou medemens. Hoe meer jy gee, hoe meer ontvang jy. Die Bybel leer ons dat dit beter is om te gee as om te ontvang. Dis nie ‘n goeie gesegde nie, dis die waarheid.
“Liefde vir die self kan nooit die belangrikste liefde van alle liefdes wees nie”
-Ds moet tog die “wet” in die Bybel weer lees. ( 3 elemente: Liefde vir God = liefde vir jou naaste= selfliefde- almal ewe belangrik ,ewe gewigtig ,volgens die bybel). Sonder selfliefde is jy nie instaat tot enige ander vorm van liefde nie.
Duusman … maar selfliefde kan nie die belangrikste van alle liefdes wees nie. Liefde vir God kom eerste – die oorheersende boodskap van die Bybel. En selfliefde het ‘n doel, en die doel is om te weet hoe ek my naaste moet liefhê. Indien selfliefde by die self vassteek dan word dit baie maklik NARSISME .
duusman: Lees gerus ook Matteus 25:15 – “Ek was honger en julle het my iets gegee om te eet; Ek was dors en julle het my iets gegee om te drink”… doen aan ander soos jy graag wil hê ander aan jou moet doen. God het ons gemaak dat ons onsself moet sien as die kroon van sy skepping en ook ander mense so moet sien en dat ons selfrespek moet hê maar ook vir ander respek moet hê.
In Mattheus 22 word daar gevra wat die grootste gebod is. En die antwoord: ‘ Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.’ (v 37), ‘ en die tweede wat hiermee gelykstaan, is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ (v 39.)
Wiskundig uitgedruk is dit : Godsliefde = Naasteliefde = selfliefde.
…versigtig nou ds, hierdie is die kern van jou christelike geloof.
Duusman: Wat jy aanhaal is die grootste gebod. Die kern van my geloof sal (Alhoewel dit moeilik is om dit in ‘n paar sine te beskryf) dat God die wêreld so lief gehad het, dat Hy sy eingsteSeun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.
In Markus 12:29-31 staan die liefdesgebod so geskryf: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag. Die tweede is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Tweede is nie eerste nie en is ook nie gelyk nie.In die Matteus weergawe staan… dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede wat hiermee gelyk staan is…: Die betekenis het daarmee te make dat iemand nie kan beweer dat hy God liefhet en nie sy naaste of homself nie, maar liefde vir God kom eerste. Selfiefde en naasteliefde is ‘n uitvloeisel uit liefde vir God.
Die punt is steeds… selfliefde wat nie oorgaan in naasteliefde nie, word op die langtermyn net dit – selfliefde en kan nie daarop aanspraak maak dat dit gehoorsaamheid aan die groot gebod nie.
en… ons liefde vir God het sy oorsprong in God se liefde vir ons.
Ds Attie- selfliefde is die indiwedu se kern/saadjie waaruit alle vorms van liefde groei. Miskenning daarvan, is om die fondasie te misken. Daarin lê opgesluit die inhirente neiging tot faling van kerklike berading.
Kleinvissie: Ek deel nie jou sentimente nie.
Ek dink dis tog nodig om ‘n onderskeid te maak tussen gesonde selfliefde (=gesonde selfbeeld) en narcisme (‘n oordrewe en ongebalanseerde liefde vir die self). Ek vermoed die Bybel verwys na eersgenoemde in die gebod en ek dink nie Attie misken dit nie. En ja, dan kan jy inderdaad nie jou naaste liefhe as jy nie jouself liefhet nie. Ek twyfel egter ook of jou selfliefde gesond en gebalanseerd sal wees, indien jy nie jou Skepper in die eerste plek lief het nie nie. Dus: liefde vir God lei tot ‘n gesonde selfbeeld…lei tot naasteliefde.
duusman… jy mis die punt van die hele gedeelte, nou in plaas daarvan on vir ds. weer simpel vra te staan en vra gaan lees die gedeelte oor. Jy het die gedeelte nie ge”comment” nie, jy het sommer net gese wat jy lus het…jy bly aanleiding gee dat God se liefde nie eerste kom nie, ek deel nie in daardie mening nie..
steeds vra jy nie ‘n vraag nie maar stel so genaamde ‘wiskunde’ voor, wat niks te doen het met self liefde nie? selfliefde en verlief wees op jou self is twee baie verskillende goed
Bib: Ek dink jy praat soos ek bedoel. PArtykeer sukkel ek maar. Natuurlik is ‘n gesonde selfbeeld nie dieselfde as narsisme nie. REALISME is die bealngrike woord.
duusman: Lets agree to disagree.
Wat die liefdesgebod my leer is dat daar ‘n balans moet wees tussen die liefde wat ek vir myself het en die liefde wat ek vir ander het. Hierdie liefde word gevoed deur my liefde vir God en Sy liefde vir my. As die selfliefde die belangrikste liefde in ‘n mens se lewe word, word die balans versteur en dit lei tot allerande negatiewe dinge.
Kati
Jy verstaan my nie ,want jy verstaan nie.
Kleinvissie
I agree not.