In my stiltetyd werk ek deur die Saligsprekinge in Matteus 5-7. Daar is dae wat ek nie daarby uitkom nie, maar ek gooi nooit tou op nie. Op hierdie stadium is dit meestal een dag ‘n week wanneer ek nie daar uit kom nie. Vanoggend is een van daardie oggende omdat ek net tussen drie uur en half- ses geslaap het. Maar in my gedagtes bly ek besig met die gedeeltes wat ek in my stiltetyd lees.
Die gedeelte wat ek gister gelees het was Matteus 7:1-6. Dit is die gedeelte oor oordeel en spinters in ander se oë en balke in jou eie oë. Maar nou onthou ek ook dat ek ‘n rukkie terug oor Matteus 6:5-14 gelees het – die gedeelte waar ons die Ons Vader gebed lees.
In Matteus 6:14 lees ek daardie woorde wat my bietjie bang maak. Daardie woorde wat sê dat as ek ander hule oortredings ( teenoor my) vergewe sal die Vader ook my oortredings (teenoor Hom) vergewe.
Laat ek eers iets sê oor vergifnis. Smedes besryf die verksilende stadiums van vergifnis so: Lees voort “OOR VERGIFNIS EN SPLINTERS EN BALKE EN HONDE EN VARKE”