Ek lees op hierdie stadium ‘n besonder leersame boek van NT Wight – The New Testament and the People of God.
Ek vermoed ek sal van tyd tot tyd nog ‘n paar “posts” skryf oor wat ek by Wright leer. Op hierdie stadium het ek veral die gedagtes oor hoe ‘n mens ‘n teks lees, baie waardevol gevind.
‘n Mens kan die Bybel (of waarskynlik enige ander teks of artikel) op vier verskillende maniere lees. Die maniere waarop mens dan ‘n teks lees, stem in ‘n groot mate ooreen met sekere tydperke. Die vier tydperke is: Die pre-kritiese; die tydperk van die Verligting waar de teks meer in sy historiese konteks gelees is; In die teologiese tydperk is meer vrae aan die teks gevra en laastens is natuurlik die post-moderne lees literêr kritiese lees van ‘n teks. Lees voort “HOE LEES ONS DIE BYBEL (i)”