KRY ‘N PRENTJIE LANGS JOU NAAM

‘n Hele paar ouens e-pos my en vra hoe hulle ook ‘n prentjie langs hulle name kan kry soos myne en al die ander ouens wat op die “Blog” skryf. Hulle wil nie noodwendig ‘n “blog” hê nie, maar die prentjies langs hulle name lyk goed.

Ek gaan my bes probeer om die proses uit te stippel. Gelukkig hoef mens net ‘n klein bietjie rekenaarvaardig te wees om dit reg te kry.

  1. Gaan na Afrikaanse WORDPRESS se tuisblad.

  2. Kliek op Sign Up Now!

  3. Voltooi die vorm wat aangedui word.

  4. As jy graag ‘n ‘Blog” wil begin , kliek op die kolletjie voor: “Gimme a blog!”

  5. Indien jy net ’n gebruikersnaam wil hê, kliek op die kolletjie voor “Just a username please.”

  6. Kliek “Next”.

  7. Die blad sal oopmaak by Global Dashboard.

  8. Kliek op “Profile” daar kan jy kies om ‘n foto of ‘n ander prentjie langs jou naam te sit.

Volg die roete om as jy belangstel. As jy dit regkry en jy moet iets êrens anders doen,  kom sê hier vir ons of kom wys net jou naam en jou prentjie vir ons.  Sterkte!

Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.

Up ↑