Eerskomende Sondag lê amper 90 tieners belydenis van hulle geloof af. Daar is verskillende kinders in die groep. Daar is die kinders wat ek in hierdie jaar wat verby is sien groei het in hulle geestelike lewens en in hulle gehoorsaamheid aan die Here Jesus. Daar is ook die oor wie ek klein bietjie onseker is omdat ek tekens sien dat hulle wel die Here liefhet, maar hulle vang die stoutste dinge denkbaar aan. Daar is ander oor wie ek baie onseker is. Hule lewens en hulle gebrekkige getuienis laat my wonder of hulle die regte ding doen om belydenis van hulle geloof af te lê. Vandag se gelykenis kom op die regte tyd want die gelykenis help my om te weet hoe ek oor hierdie dinge moet dink.
So lees die gelykenis:
“Hy het nog ‘b gelykenis aan hulkle voorgehou en gesê: ‘die koninkryk van die hemel kan vergelyk word met ‘n man wat goeie saad op sy land gesaai het. Een nag, toe die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid tussen die koring gesaai en verdwyn. Toe die groen koring opskiet en in die aar begin kom, het die onkruid ook sigbaar geword. Die slawe van die boer kom sê toe vir hom: ‘Meneer het u nie goeie saad op u land gesaai nie? Waar kom die onkruid dan vandaan?’ Hy antwoord hulle: ‘Dit is ‘n vyand se werk.’ Die slawe sê toe vir hom: ‘Wil u hê ons moet dit gaan uittrek?’ Nee, sê hy as julle die onkruid nou bymekaarmaak, sal julle die koring saam uittrek. Laat altwee saam groei tot met die oes. In die oestyd sal ek vir die wat oes sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, bring die koring na my skuur toe.” (Matteus 13:24-30)
“Daarna het Jesus van die mense af weggegaan huis toe. Sy dissipels kom toe by Hom en vra: ‘Verduidelik tog vir ons die gelykenis van die onkruid in die land.’
Jesus antwoord hulle: ‘Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens. Die saailand is die wêreld. Die goeie saad, dit is die mense van die koninrkyk; die onkruid is die aanhangers van die Bose; die vyand wat die onkruid saai, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld; die wat oes is die engele.
Soos die onkruid bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die Seun van die mens sal sy engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree en sal hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle trande kners. Dan sal die gelowiges in die koninkryk van hulle Vader skitter soos die son.
Wie ore het moet luister.” (Matteus 13:36-43)
Sommige mense reken dat hierdie gelykenis een van die mees praktiese gelykenisse is wat Jesus vertel het.
Hierdie gelykenis sou vir die mense in Palestina baie sin gemaak het. Die onkruid waarvan Jesus hier praat was een van die peste waarmee die boere geworstel het. Daar was twee dinge wat die hantering van die onkruid bemoeilik het.
Eerstens: Wanneer die koring en die onkruid nog besig is om te groei is dit moeilik om hulle van mekaar te onderskei.
Tweedens: Die koring en die onkruid se wortels is so in mekaar verstrengel, dat jy nie die onkruid kon uithaal sonder om koring daarmee saam uit te haal nie.
Uit hierdie gelykenis leer ons onder andere:
(i) Daar is altyd ‘n vyandige mag in die wêreld wat daarop uit is om die goeie saad te vernietig. Ons ervaring is dat ons albei invloede in ons lewens beleef. Die een invloed is die invloed wat die goeie saad in ons lewens laat groei en die ander invloed is die invloed wat die goeie saad wil vernietig voor dit enigsins enige vrug kan dra. Die les is: Ons moet altyd op ons hoede wees.
(ii) Dit is baie moeilik om te onderskei tussen die wat in die Koninkryk van God is en die wat nie in die Koninkryk van God is nie. ‘n Mens wat op die oog af na ‘n goeie mens lyk, is in der waarheid dalk ‘n slegte mens en die mens wat op die oog af na ‘n goeie mens lyk is in der waarheid ‘n slegte mens. Ons is genieg om aan mense etikette van goed of sleg toe te ken sonder dat ons al die feite het.
(iii) Ons moenie te vinnig wees met ons oordeel nie. As die slawe hulle sin gekry het, sou hulle probeer het om die onkruid uit te trek en hulle sou baie van die koring ook vernietig het. Oordeel moes wag tot die oesdag. Aan die einde sal elke mens geoordeel word, nie na aanleiding van een ding wat hy gedoen het of ‘n sekere fase in sy lewe nie, maar sy hele lewe sal geoordeel word. Oordeel kan eers aan die einde gebeur, wanmt ‘n mens mag dalk ‘n baie groot fout in sy lewe maak, en wanneer hy dit besef, besluit om sy lewe te verander en deur die genade van God is hy in staat om die res van sy lewe ‘n goeie lewe te leef. ‘n Mens mag ook dalk ‘n wonderlike lewe lei, en dan aan die einde van sy lewe dit alles ongedaan maak met ‘n enkele fout of sonde. Niemand wat slegs ‘n gedeelte van iets sien, kan die geheel beoordeel nie.
(iv) Daar sal oordeel wees aan die einde. Oordeel is nie gejaagd nie, maar oordeel kom verseker. Dit mag dalk selfs voorkom asof sondaars in hierdie lewe die gevolge van hulle sonde vryspring, maar daar is ‘n lewe wat voorlê. Dit mag ook lyk asof die vrug of resultaat van ‘n goeie lewe in hierdie lewe nooit beleef word nie, maar daar is ‘n nuwe wêreld waarin die wanbalans van die oue herstel gaan word.
(v) Die enigste persoon wat die reg het om te oordeel is God. Net God kan onderskei tussen die goed en die sleg. God alleen sien die hele mens en die hele lewe. God alleen kan oordeel.
Einde laaste het hierdie gelykenis twee belangrike punte wat beklemtoon word: ‘n Waarskuwing dat ons nie mense moet oordeel nie, en die weaarskuwing dat daar aan die einde wel ‘n oordeel sal wees.
Ek wonder bietjie oor hierdie vrae:
Watter uitwerking het oorhaastige oordeel en veroordeling van mense in sonde op ons roeping as Christene?
Hoekom is geduld en verdraagsaamheid met mense wat in sonde leef vir ons so moeilik?
Ek hoor graag jou gedagtes.
Ek wonder of ons geduld en onverdraagsaamheid met mense wat in sonde leef dalk met jaloesie te make het. Ons is jaloers omdat ons nie alles doen wat hulle doen nie. Jaloers omdat hulle wegkom daarmee, terwyl ons ‘n gehoorsaamheidskeuse gemaak het om sekere dinge nie te doen nie en ander dinge wel te doen. Dis onregverdig dat ek so gehoorsaam is en daar dan op die oog af geen verskil is tussen my en die ander persoon nie.
Dan dink ek vanoggend skielik aan dit wat besig is om in my lewe te gebeur. Ek kom al hoe ander aan die Here. Ons verhouding is baie meer naby en openlik en persoonlik en eerlik. Ek besef ook dat as ek vasval in sonde, sal daardie skuldgevoelens soos ‘n baie besige snelweg tussen my en die Here wees.
Nou wonder ek of ongeduld en onverdraagsaamheid nie alreeds my manier van oordeel is nie. Dit is nie goed genoeg dat God eendag regter gaan wees nie. Ek wil vandag regter wees. Die straf vir jou sonde is my ongeduld en onverdraagsaamheid.
Daar is iets wat ding nie lekker kleinkry nie: wat is die doel van die onkruid?
Ek val sekerlik heel uit die bus uit, maar waar kan ek uitvind oor Scott McKnight en meer, die spesifieke tyd van die vrystelling van Historical Jesus… Ek wil graag een van Michael Bagent se boeke uit die 80’s met Scot McKnight s’n vergelyk – dit lyk so al of daar baie is wat ooreenstem, veral gekonsentreerd op Jesus se poletieke bande.
Ding: Ek dink die onkruid het net een doel en dit is om die groei van die koring te belemmer. “Die goeie saad, dit is die mense van die koninkryk; die onkruid is die aanhangers van die Bose; die vyand wat die onkruid saai, is die duiwel.” Maar ek wonder darem of jy as boer nie dalk self ‘n goeie uitleg hieroor kan gee nie.
Die woord wat hier met onkruid vertaal word het ‘n spesifieke onkruid in gedagte. Die onkruid lyk baie soos koring en sy wortels is ook verstrengel met die wortels van die koring. Die arbeiders sou maklik koring vir onkruid aansien, of selfs dan wanneer hulle die onkruid reg identifiseer, die onkruid uittrek en dan agtergekom dan die koring ook uitkom omdat hulle wortels verstrengel is. By ons personeel se Bybelstudie sê iemand wat lank geboer het, vanoggend dit is soos wilde hawer wat baie soos koring lyk.
Onkruid se bestaan is eintlik sinloos. Onkruid het eintlik geen bestaansdoel nie.
troglodiet: Kyk gerus by Scott McKnight se blog by http://jesuscreed.org. Daar is ook ‘n plek waar jy hom persoonlik sou kon kontak as jy dalk ‘n vraag sou wou vra.
My siens wyse van die koring en onkruid is anders, maar voor ek verder gaan, wil ek net sê, ek wil niemand aanvat of verkeerd bewys nie. Godheid is nie daar vir ander om te verstaan en dit wat hulle verstaan oor te dra aan die wat dit nie verstaan nie. Dis dan ook my persoonlike opinie dat die wat iets nie verstaan nie daarvan vertel word en dit net aanvaar sonder om te vra hoekom en waarom. Wat kan dit wat vir hulle gebring word beteken as hulle iets glo omdat dit so moet wees, maar die skulle is nog nie verwyder van hulle oë nie. Johannes 1 sê tog duidelik “Aan die begin was die Woord, en die Woord was by God en die Woord was God” en verder aan sê dit hierdie Woord het die vorm van n mens aan geneem. Myns insiens kan die Woord dus slegs deur n mens lewe – dis hoekom die Skrif dan ook sê, die Geloof sonder die daad is dood… Dit help nie net om te glo omdat iemand dit sê nie, want as jy nie dit verstaan nie, maar wel glo, hoe kan jy die daad daarby voeg? En dit is dood?
Korreksie: Godheid is nie net daar vir sekeris om te verstaan nie.
Ek kyk vanoggend so na ons groentetuin en ek merk op dat die onkruid net so fluks opkom soos die groente. Ek dag toe so by myself dat die tuinhulp Vrydag as hy kom, die onkruid sal moet verwyder en die beddings bietjie skoonmaak. Dit kom toe ook by my op dat dit ‘n taak is wat ek gereeld in my eie lewe ook moet toepas. Vir myself die vraag afvra of ek nie dalk meer onkruid (sonde) as groente (vrug) in my lewe het nie.
‘n Predikant wat ek eenkeer mee gesels het, het vir my hierdie stukkie wyse raad gegee: Jy moet jou voorstel dat jy ‘n tuin het met ‘n hekkie en ‘n muurtjie daarom. Jy alleen dra die sleutel van daardie hekkie. Slegs jy kan besluit wat jy daarin gaan toelaat. Gaan jy onkruid in jou tuin toelaat of gaan jy nie? Dit gaan dus oor keuses wat jy moet maak.
Om terug te kom na jou vrae, dink ek dis die mens se sondige natuur wat maak dat hy oorhaastig oordeel, ongeduldig en onverdraagsaam is en ook self wil regter speel.
troglodiet: Ek aanvaar jou opmerking dat jy niemand wil aanvat of verkeerd bewys nie. Ek voel dieselfde. Johannes 1:1-5 en vers 14 lees so: “In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja nie ‘n enkele ding wat bestaan het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en diè lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie. Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.”
Die Woord waarvan Johannes 1 praat is tog sekerlik nie dieselfde as die Woord wat ons die Bybel noem nie. Ek wonder of daar enige Christen is wat daarop aanspraak maak dat hy God ten volle verstaan, maar tog waag elkeen van ons dit om te sê: “Ek glo in God.” Ons bely mos nie: “Ek verstaan God ten volle.”
Ek glo omdat ek die getuienis van die Bybel voor my het en die getuienis van die Gees in my. As ek dan nog ‘n teksvers mag aanhaal: “Om te glo is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” (Hebreërs 11:1)
My mening.
dissipel: Bly jy sien dat ek niks leliks bedoel by my comment nie. Anders as ander blogs waar jy net moet lees en glo wat die 1 wat dit redigeer sê. Ek het egter nooit gesê die Bybel is die woord nie, maar dis goed dat jy dit aanhaal, want is dit nie maar die mens en sy slimheid (domheid) wat reeds maak dat die Bybel baie dubbelsinnig en onverstaanbaar voorkom nie? Die Bybel self is tog maar net n boek met geskrewe in. Dis n dooie ding, alhoewel dit lewendmakend is as jy die leiding toepas soos wat die Skrif sê. Die Woord egter is lewend en soos jyself sê het dit die vorm van n mens aan geneem.
Om te sê: jy is honger en jy wil eet, maar jy eet nie, gaan nie maak dat jy vol word nie. En as jy vir n besigheid werk, maar nie die werk verstaan nie, wat is die use daarvan? Jy gaan misluk. As ek reg is sê die Skrif tog, die natuur is die voorloper van die Gees. Wat is die waarde van God as jy Hom nie kan verstaan nie? Wat is die waarde van die Skrif as dit nie verstaanbaar is nie? Dan mors ons mos ons tyd? Wat Hebreërs 11:1 betref, ek gaan dit sodra ek by die huis kom lees om dit geheel in konteks te sien.
Lekker dag 🙂
troglodiet : vra maar net : Wat van geloof soos ‘n kind?
Ek dink die ongeduld & vedraagsaamheid ht sopas by my begin sin maak, het dit nie te doen met … dalk trots, mag, kompeterend, wil, beste wees ens. Ek dink die mens se behoefte om aanvaar te word, en om in beheer te wees vestig hierdie ongeduld by ons. Soms gaan dit meer oor ons mag as oor ons onderdanigheid aan ons Skepper. Miskien sal dit verdwyn die oomblik wat ons ons oe vestig op God, dan sal ons nie oordeel oor ander nie (ons oe van mense afhaal, miskien die geheel beeld sien, en nienet vas kyk in die ‘n enkelvoudig verkeerde besluit nie). Haat die sonde nie die sondaar. Een van ons opdragte is om nederig te wees. Ons lewens moet mense oorhaal na God, moet ander nie dan soos ons Christene wilwees nie. Mooi goue koring are wat iets kan beteken vir ander, nie doellose onkruid. Dit staan immers geskrywe dat ons deur ons optrede en liefde ander sal kan oorhaal tot geloof in Christus sonder om ‘n enkele woord te rep.
tanzie: dissipel het dit so mooi aan gehaal. Johannes 1:1-5 en vers 14 lees so: “In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom
Die klem egter val nie op die betekenis van “Woord” nie, maar eerder op “kindjie”, want voordat jy n kindjie kan wees (die Woord aan neem) moet jy sekerlik eers die oumens (die ou gewoontes) afsterf (kruisig).
Interressantheids halwe: let op na die Skrif. Voordat Jesus gekruisig was word daar gepraat van Jesus Christus. Nadat Jesus op gestaan het word daar gepraat van Christus Jesus. Hierdie is nie net n ander manier van kyk na Jesus nie, daars n duidelike rede daarvoor…
Snaaks hoe ons almal eintlik dieselfde se, al klink dit so verskillend. In eie krag sal ons geen “ou gewoonte” kan kruisig nie. Maar deur die kragtige werking van die Heilige Gees word ons ‘n “kindjie”. Ek is seker ons almal verstaan dit tog.
troglodiet: God se droom vir die mens was dat almal Hom sou ken. As Christene aanvaar ons juis ons roeping om dissipels van al die nasies te maak omdat dit God se bedoeling was dat almal Hom sou ken.
kaalvoetkind: Ek dink dit is in ons aard om ander te oordeel en met ander fout te vind. Een van die resultate van geestelike groei is dat die behoefte om altyd reg te wee, verdywn – dalk sterf, ‘n kruisdood sterf.
tanzie: Wat jy hier gesê het, was vir my waardevol: Ons lewens moet mense oorhaal na God, moet ander nie dan soos ons Christene wilwees nie. Mens kry Christene wat in die naam van arrogansie die onkruid wil trek en dan die koring daarmee saam uittrek. Ander mense moet wes hulle kon soos ons wees. Franciscus van Assissi het gesê: “Go preach the gospel, if necesarry use words.”
troglodiet: Glo mens eers dan begin jy die oumens afsterf, of sterf jy eers die ou mens af en dan glo jy? Ek het gewonder.
More Attie
Ek het op jou vraag van eers glo of eers afsterf iets lank terug gehoor.
As jy n glas vol vuil water het en jy wil dit met skoon water vervang het jy 2 keuses. Jy kan skoon water by die vuil water gooi, maar in die proses besoedel jy die skoonwater of jy kan die vuil water uit gooi en dan skoon water in gooi. Ek sal sê voordat jy die nuwe dinge kan glo sal jy eers die ou dinge moet afsterf. Anders om gesien kan jy altyd die geboorte van hierdie kindjie in jou ondervind, maar agv die besoedeling gaan jy maar weer terug op die ou pad beland.
Dis my mening 🙂
Dit klink vir my die boer het geweet dat al sy koring plantjies nie net koring plantjies was nie, maar onkruid ook. Want to die slawe vir hom vra waar die onkruid vandaan kom het die boer dadelik geantwoord van die vyand af, sonder huiwering en hy’t ook presies gweet wat om te doen. Dis net weereens ‘n bewys dat die Here altyd weet, maak nie saak wat jou situasie is nie, Hy weet wat die regte ding is om te doen. Al is ons dan ongeduldig en wil “die onkruid verwyder”, moet ons tog bietjie terugstaan, geduldig wees en luister wat Hy vir ons wil sê.
troglodiet: Geen vergelyking of metafoor kan ooit daarin slaag om enige saak ten volle te verduidelik nie. Ek wens dit kon in die praktyk so gewerk het dat ‘n mens sê: Hierdie lewe is geheel en al skoon gemaak. Hier begin ‘n nuwe lewe waarin die ou dinge ten volle afgesterf is. Het die praktyk en die evangelie ons nie geleer dat geestelike groei en heiligmaking ‘n proses is waar ons al hoe meer verander word om aan die beeld van Christus gelyk te word nie. As ons sê dat ons geen sonde het nie, dan mislei ons onsself en dan is die weaarheid nie in ons nie. (1 Joh 1:8)
Ronel: Dankie, die Boer weet. Hy weet wat my situasie is. Hy is die Een wat die beste weet.
Dagsê Doom!
Onthou Doom nog hierdie gesprek van ons? Doom, onkruid se bestaan, veral hierdie enetjie soos Doom verduidelik, van die onkruid waarvan die wortels verstrengel is met die van die koring, KAN mos NIE doelloos/sinloos wees nie – dink Doom nog steeds so?
Doom, wie’t onkruid geskape?
*Ding trek hoed weer terug, diep oor sy kop en oë; suig-suig maar so aan die dooie pyp tussen die tanne…*
Dan sê ding maar eers weer dag, Doom.
Hi Ding, lekker om van jou te hoor. Die een wat die onkruid saai is die duiwel. Die duiwel is ‘n gevalle engel. Die gevalle engel is deur God geskape. Teen God se sin in het die verkeerd en die sonde (die onkruid) ontstaan. As mens so daaraan dink, vermoed ek dat iemand iewers tot die gevolgtrekking sou kon kom dat God dan mos self verantwoordelik is vir die bestaan van die verkeerde (of dan die onkruid).
In my verstaan is die duiwel verantwoordelik vir die bestaan van die verkeerde, maar dit bly steeds my keuse of ek dit gaan doen of nie. Tog is die evangelie boodskap dat God deur sy Seun Jesus voorsiening gemaak het om die gevolge van die sonde te neutraliseer.
Hoop dit help.
Ek mis jou gesprekke.
Ding, dat jy nou juis vandag hierdie vraag moes vra. Ek is koring, volgens hierdie gelykenis. Ek dink selfs met tye ek is koring waarop die boer darem so ‘m klein bietjie trots kan wees. Maar gister, ai! My hart huil. Ek kon nie die situasie vermy nie. Ek het sterk gestaan, tot op ‘n punt. Toe val ek my knieë dat die bloed loop. Onkruid, neef suiwer onkruid se optrede. Vir ‘n paar uur is elke teken van koring in my lewe afwesig, weg. Lyk asof die bose die sekel in sy hand gehad het en koring begin sny het. Ja, ek kon nee gesê het. Punt is, ek het nie.
Ding: Ek het nou weer kom kyk en sien nou eers die vraag na die sinloosheid al dan nie van die wortels wat so verstrengel is. Een van die dinge wat ons oor gelykenisse geleer het is dat mens nie in te veel goed te veel “boodskappe moet inlees nie. Jy moet soek na die bedoeling die rede waarom ons Here hierdie verhaal vertel. My antwoord sal iets wees van: Ons as Christene leef in hierdie wêreld tussen nie-Christene en die gedagte is dat ons hulle met ons lewe sal oortuig om ook te glo in die Een wat ons lewe moontlik maak. Die verstengeling vajn die wortels is God se evangelisasie aksie.
klienvissie: Jesus se kruis neutraliseer die gevolge van jou sonde. Jy het nie opgehou om kind van die Here te wees nie. Jy het wel “uitgeslip” en die Koshuisvader weet daarvan, maar dis beter “to come clean” so gou as moontlik.
Doom, dankie dat Doom ‘n ware herder is: loop maar altyd weer terug vir die verlore skaap.
Doom, ding waardeer dat Doom sê die duiwel saai die onkruid. Ding wou weet: wie’t onkruid geskape, Doom?
Ding meen om saam te stem, in beginsel en breë trekke, met alles wat Doom sê. Is net, Doom, ding sit op hierdie klip en sukkel om te aanvaar dat enigiets in hierdie lewe sin- of doelloos kan wees.
Ding het nou deurgesit oor hierdie ene en ding het ‘n paar gedagtes. Ding sokkel-sokkel maar met die uitwan van die oes so om die koffietafel, Doom – by die koffietafel wil manman mos maar eintlik net die korrels los. Derhalwe het ding nou sooo gereken: ding sal vir die Doom ‘n posduif stuur waarin ding nou nie hoef skaam te wees vir die kaf tussen die koring nie; dan kan die Doom mos maar self die koringkorrels vang en self besluit, ja?
Kleinvissie – ding is geen gesaghebbende bron op hierdie gebied nie – ou ding is maar ‘n boer, né. Maar ding kan vandag die vir jou sê, ja: een van die nommers wat ‘n verskil maak tussen ‘n swak oes en ‘n goeie oes, is dat die boer die oes wat hy grootmaak, dophou en ken. Vir ‘n boer om raak te sien dat daar nie net koring op sy land staan nie, maar onkruid ook, is al ‘n tree in die rigting van ‘n goeie oes. As die boer dan boonop kan oordeel watter is onkruid en watter is koring, dan raak kanse vir ‘n goeie oes nog beter. Glo maar vir ding: nie alle boere doen nie, hoor!
Nie almal nie doen die moeite om te onderskei tussen koring en onkruid; laat staan nog om van die onkruid ontslae te raak! Smaak tog vir ding asof jy inderdaad koring is om op trots te wees!
Nog ‘n keer dankie, Doom.
Ding: Hierdie gelykenis van Jesus wil my maar altyd herinner aan die God van tweede kanse. Hy los die onkruid omdat daar nog ‘n kans is.