Ons gemeente volg ‘n Bybelleesprogram. Die doel is maar net om mense wat graag Bybel wil lees, maar nie regtig weet wat om te lees nie, te help om ‘n sinvolle stukkie te lees. Vir Januarie fokus ons bietjie op verskillende gebede in die Bybel. Net soos mens nie altyd weet wat om te lees nie, weet jy ook nie altyd wat om te bid nie. Persoonlik is die verskillende gebede in die Bybel vir my baie waardevol en ek gebruik ek dit graag in my persoonlike gebedslewe. Ek lees op hierdie stadium in die oggend die gebed en dan bly ek deur die dag met daardie gebed in my gedagtes besig.
Die week se program lyk so:
Maandag 7 Januarie: Dawid bid vir leiding: Psalm 5.
Dinsdag 8 Januarie: Jesus in Getsemané: Matteus 26:39 en 42.
Woensdag 9 Januarie: Dawid bid vir God se ontferming: Psalm 6.
Donderdag 10 Januarie: Jesus by die kruis. Lukas 23:34 en 46.
Vrydag 11 Januarie: Dawid oor God se uitkoms: Psalm 13:6.
Saterdag 12 Januarie: Apostels en die gelowiges se gebed: Handelinge 4:24-31.
Sondag 13 Januarie: Dawid se gebed: Psalm 23.
Mag hierdie gebede jou persoonlike gebedslewe verryk.
Laat 'n boodskap