HELP MY OM U WIL TE DOEN

Ek het in 1977 tot bekering gekom en een van die eerste dinge wat ek deur my groepie geestelike mentors geleer is, is hoe belangrik stiltetyd is. Ek moes daagliks tyd gee om Bybel te lees en te bid. Aangesien dit ‘n dissipline is, moes ek die gewoonte aanleer. Oor ‘n tydperk van drie weke moes ek ‘n “geestelike dagboek” hou waarin ek aantekening gemaak het oor my tyd alleen met die Here. Vrydae-aande was dit koffiekroeg. Elke Vrydagaand het ek ‘n ander een van my “mentors” ontmoet en gesels oor my week se stiltetyd. Na drie weke was die gewoonte gevestig. Vandag is die gewoonte nog steeds daar.

Gebed was altyd vir my die grootste uitdaging. My gebede het vir my so lusteloos en sonder inhoud geklink. Lees voort “HELP MY OM U WIL TE DOEN”

BYBELLEESPROGRAM: 7-13 Januarie 2008

Ons gemeente volg ‘n Bybelleesprogram. Die doel is maar net om mense wat graag Bybel wil lees, maar nie regtig weet wat om te lees nie, te help om ‘n sinvolle stukkie te lees. Vir Januarie fokus ons bietjie op verskillende gebede in die Bybel. Net soos mens nie altyd weet wat om te lees nie, weet jy ook nie altyd wat om te bid nie. Persoonlik is die verskillende gebede in die Bybel vir my baie waardevol en ek gebruik ek dit graag in my persoonlike gebedslewe. Ek lees op hierdie stadium in die oggend die gebed en dan bly ek deur die dag met daardie gebed in my gedagtes besig.

Die week se program lyk so: Lees voort “BYBELLEESPROGRAM: 7-13 Januarie 2008”

Blog at WordPress.com.

Up ↑