SOMS IS DIE DAE DONKER

Dawid is een van my gunsteling karakters in die Bybel.

Ek respekteer hom vir sy waagmoed toe niemand anders Goliat wou aandurf nie;

Ek respekteer hom vir sy nederigheid toe hy bereid is om harp te speel vir ‘n versteurde koning terwyl hy self reeds geweet het dat hy die volgende koning was;

Ek respekteer hom vir sy selfbeheersing om nie vir Saul dood te maak toe hy die kans gehad het nie;

Ek respekteer hom vir die manier waarop hy eerder van sy seun Absalon af wegvlug alhoewel hy met die klap van sy vingers kon verseker dat Absalon doodgemaak word;

Ek respekteer hom vir sy eerlikheid dat hy dadelik teenoor Natan erken dat hy die skuldige persoon is;

Ek respekteer hom vir sy foute onder andere met Batseba en die opvoeding van sy kinders want dit verseker my dat daar vir my ook hoop is.

Meeste van alles, respekteer ek Dawid vir die verhouding wat hy met die Here gehad het. Die liedere wat hy geskryf het, getuig van ‘n intiem en baie persoonlike verhouding met die Here. In alle tye en in alle omstandighede was hy in kontak met die Here. Ten spyte daarvan, was daar ook die tye wat Dawid neerslagtig – dalk selfs depressief was. Depressie en neerslagtigheid is nie ‘n aangename belewenis nie. Lees voort “SOMS IS DIE DAE DONKER”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑