GRONDHERVORMING EN DIE NG KERK

Die verkiesing van Cyril Ramaphosa tot ANC president tydens die onlangse ANC Konferensie (16-20 Desember 2017) het vir baie van ons as ‘n verligting gekom. Oor die res van die top 6 van die ANC is almal nie so opgewonde nie. In die vroeë ure van Donderdag 21 Desember het die nuwe president van die ANC sy nooienstoespraak gegee. ‘n Toespraak wat uit die aard van die saak intens bestudeer sou word.

Persoonlik was die besluit van die konferensie oor die vervreemding van grond sonder vergoeding die besluit wat my die meeste onseker laat voel het. Sommige verslaggewers het selfs gedink dat Ramaphosa die verkiesing tot president van die ANC gewen het, maar die beleidskonferensie verloor het omdat die beleid meer die fokuspunte van die Dlamini-Zuma kamp se Radikale Ekonomiese Transforemasie weerspieël as die van die Ramaphosa kamp.

Ek sien egter in koeranteberigte oor die aangeleentheid dat hierdie besluit met duidelike voorwaardes kom.

Twee voorwaardes wat ek dadelik raakgesien het, is dat geen sektor van die samelewing deur die onteiening van grond ontwrig moet word nie en dat voedselsekerheid nie bedreig mag word nie.

Baie van ons weet van boere op wie se grond daar al vir baie jare grondeise is. Die eise word egter nie afgehandel nie en daar is ook die bewerings van geweldige korrupsie wat gepaard gegaan het met sulke grondeise. Baie vermoed dat die melkplaas in Vryheid in die Vrystaat waaraan die name van die nuwe Sekretaris Generaal (Ace Magasule) van die ANC en die Guptafamilie gekoppel word een so ‘n geval is.

Maar, dit alles in ag genome, wonder ek of die NG Kerk nie hier ‘n rol het om te speel nie. Natuurlik is hierdie ‘n baie sensitiewe terrein, maar ek is tog van mening dat die NG Kerk in ‘n posisie is om hier ‘n rol, te speel. Hoe sou die staat reageer indien ons nou sê: Ons sien dat hierdie saak oor grondhervorming onafwendbaar is. Ons sien dat die ANC met die voorwaardes wat hulle aan hierdie besluit gekoppel het, seker wil maak dat Suid-Afrika nie dieselfde pad as Zimbabwe loop nie. Ons as NG Kerk droom en bid ook saam met die ander kerke in Suid-Afrika:

Therefore let us all leave no stone unturned as we together seriously commit to pray and act for South Africa where:
* Poverty and Inequality will be pushed back and eradicated. All people must be reconciled with their God given dignity,
* Each child born, grows to her God-given potential
* Economic transformation becomes a reality for all and not just a few,
* The fabric of family life is restored and jealously nurtured,
* Democracy is anchored. We ask God to provide us with leaders of integrity and who put the interest of the country, it’s citizens
especially the poor, first and above personal interest.

Al ons lidmate word op een of ander manier emosioneel geraak deur dit wat met die boere in Suid Afrika gebeur. Omdat ons deel is van Suid-Afrika is die voedselsekuriteit vir ons almal krities belangrik. Die onlangse gebeure van Steinhoff en die afgradering van ons ekonomie na rommelslatus, het ons almal laat verstaan dat wanneer die finansiële sektor en die ekonomie in ons land negatief geraak word, verarm almal van ons vinniger.

Op 16 Maart het die voorsitter van die Moderamen van die NG Kerk byvoorbeeld gesê dat die kerk veilige ruimtes moet skep vir gesprekke wat nodig is oor grondhervorming. Ek dink hierdie is ‘n baie belangrike rol wat die NG Kerk, of ander kerke sou kon speel. In so ‘n veilige ruimte moet alle rolspelkers voel dat hulle gehoor sal word.

Ek wonder selfs of die kerk se betrokkenheid by gesprekke oor grondhervorming nie deel kan vorm van ons missionale roeping nie. Is dit nie dalk moontlik dat ‘n grondhervormingsproses wat getuig van integriteit, inklusiwiteit en wedersydse respek en begrip ‘n manier is wat God kan gebruik om versoening in ons land te bring; om armoede te verlig en om die geweldige gaping tussen ryk en arm te laat krimp nie?

Die NG Kerk se kans om hier ‘n rol te speel is vinnig besig om verby te gaan. Indien ons nie vinnig op nasionale- en streeksvlak deel word van hierdie gesprek nie, gaan die gesprek sonder ons plaasvind.

 

 

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: