JESUS SE GEBED IN GETSEMANÉ

Ons lees vandag Jesus se gebed in Getsemanè. Ek kan my nie indink wat Jesus moes deurgaan terwyl Hy daar in die tuin so geworstel het nie. Jesus het geweet wat die wil van die Vader was – Hy moes sterf. Niemand wil op 33 doodgaan nie. Jesus wil lewe, Hy weet hy moet sterwe en Jesus sukkel, stry, stoei, veg, worstel, baklei om Hom te onderwerp aan die wil van die Vader.

Met elkeen van ons gebeur daar dinge wat ons nie kan verstaan nie. Wanneer dit gebeur, word geloof tot op sy uiterste beproef. In sulke tye is dit goed om te weet dat Jesus in die tuin van Getsemanè dieselfde worsteling gehad het. Ons sien hoe Jesus in sy worsteling leer om die dinge te aanvaar wat Hy nie kan verstaan nie. Lees voort “JESUS SE GEBED IN GETSEMANÉ”

Blog at WordPress.com.

Up ↑