JESUS SE GEBED IN GETSEMANÉ

Ons lees vandag Jesus se gebed in Getsemanè. Ek kan my nie indink wat Jesus moes deurgaan terwyl Hy daar in die tuin so geworstel het nie. Jesus het geweet wat die wil van die Vader was – Hy moes sterf. Niemand wil op 33 doodgaan nie. Jesus wil lewe, Hy weet hy moet sterwe en Jesus sukkel, stry, stoei, veg, worstel, baklei om Hom te onderwerp aan die wil van die Vader.

Met elkeen van ons gebeur daar dinge wat ons nie kan verstaan nie. Wanneer dit gebeur, word geloof tot op sy uiterste beproef. In sulke tye is dit goed om te weet dat Jesus in die tuin van Getsemanè dieselfde worsteling gehad het. Ons sien hoe Jesus in sy worsteling leer om die dinge te aanvaar wat Hy nie kan verstaan nie.

Vir my is hierdie toneel in die fliek The Passion die mees aangrypende. Dalk is dit omdat ek die taal so ‘n klein bietjie ken en hoor hoe Jesus vol emosie die woord “abba” sê. Die woord wat ‘n klein seuntjie vir sy pappa sê wat dus besondere intimiteit oordra. Voor Jesus, het niemand hierdie woord gebruik om God aan te spreek nie. Dit is ‘n woordjie wat getuig van familiariteit, ‘n woord wat dikwels in ‘n gesin gehoor word. In die tuin sukkel, stry, stoei, veg, worstel, baklei Jesus met sy Vader en hy gebruik woorde van nabyheid, intimiteit en vertroue.

Selfs toe Hy nie verstaan nie, bly God Jesus se “abba” en is dit die manier waarop Hy Hom aanspreek. Toe Jesus ons leer om die Ons Vader gebed te bid, is die eerste woord van daardie gebed ook “abba”. Ons moet met God saamleef terwyl ons taalgebruik teenoor God getuig van nabyheid, intimiteit en vertroue. Niemand weet wanneer kom daar ‘n Getsemanè oor ons pad nie. Dit is rampspoedig vir mens se verhouding met God as jy Hom eers in Getsemanè ontmoet en daar met ‘n verhouding wil begin.

Hierdie gebed is ‘n gebed wat mens bêre vir baie spesiale, maar ook baie moeilike dae:

In vers 39 bid Jesus vir die eerste keer: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.”

In vers 42 bid Jesus vir die tweede keer. Hierdie keer is die woorde van die gebed effens anders, maar sien ek alreeds ‘n aanvaarding van dit wat Jesus weet moet en gaan gebeur, maar wat Hy nie verstaan nie. Jesus bid so: “My Vader, as hierdie lydensbeker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.”

Die hartseer hiervan is dat mens nie na iemand toe kan gaan en sê: “Ek het net die regte gebed wat jy in hierdie tyd kan bid nie.” As ek nie self nie die keuse maak om die gebed te bid nie, sal die gebed vir my niks beteken nie en sal dit net woorde wees. Hierdie gebed is die gebed waar ons leer om onsself aan die wil van God te onderwerp.

Dalk is jy vandag in jou Getsemanè.

3 thoughts on “JESUS SE GEBED IN GETSEMANÉ

Add yours

  1. Ek het al terug gedink na die tye wat ek nou weet tye van “Getsemanè” was, en hoe ek dit hanteer het. In my getuienis vertel ek baie vir ander dat ek kwaad was vir God omdat Hy dit oor my pad gebring het, selfs gevra – Hoekom ek?. Dan eers later het ek besef wat my optrede, reaksie en “gebed” in daardie tyd was. Jesus het geweet dat Hy gaan sterf of wat oor Sy pad gaan kom. As ek lees wat ds. sê gaan dit oor die verhouding wat Hy het met Sy pa het en weet dat Sy Vader se wil belangriker is as Sy wil. Dankie hiervoor

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: