Hier is my preek van die laaste Sondag van 2007.
Dinsdag is dit Nuwe Jaar. Dit is daardie tyd van die jaar wanneer ‘n mens vir jouself begin vra: Wat wil ek graag bereik in 2008? Die begin van ‘n nuwe jaar is eintlik die ideale geleentheid om te vra: Is my lewe op koers? Is ek tevrede met die rigting waarin my lewe op hierdie stadium beweeg?
Ek dink aan Jesus se lewe op aarde. Ek dink daaraan dat ons as kerk die taak het om die werk wat Jesus begin het voort te sit. Ek dink daaraan dat die kerk uit mense bestaan. Elke Christen is deel van die kerk.
Dit sou ons kon help as ons in 2008 besig sal wees met die dinge waarmee Jesus besig sou gewees het. Waarmee was Jesus besig toe Hy op aarde was? Lees voort “2008 OPPAD WAARHEEN?”