Kan ‘n mens vandag die Here se stem hoor?
Ek het gisteraand ons tieners se selgroep gehad – hard werk, hulle hou net nie op nie. Uit ons gesprekke het hierdie saak ook aan die orde gekom – hoe weet mens as die Here wil hê jy moet iets doen? Ander sou die vraag dalk ‘n bietjie anders vra. Bv.: Hoe hoor ‘n mens die Here se stem?
Volgens ons gemeente se Bybelleesprogram, lees ons vandag ook die gedeelte in Handelinge 13:1-3 oor die eerste gemeente wat saam was en toe het die Heilige Gees gesê: “Sonder Barnabas en Saulus vir My af om die werk te doen waarvoor Ek hulle geroep het.” (Handelinge 13:2) Die ander baie bekende voorbeeld in die Nuwe Testament is natuurlik Johannes op die eiland Patmos. Vyftien keer in die Nuwe Testament praat God met mense. (Uitgesonderd die sewe kere in Openbaring.) Lees voort “OM GOD SE STEM TE HOOR”