‘N GELOOF VIR ONS TYD

Hierdie is nie my eie nie. Ek sal op ‘n stadium erkenning gee aan die skrywer, maar nou is nie die regte tyd nie. Ek sou graag wou hoor wat julle hiervan dink.

Baie gelowiges is beangs oor nuwerwetse filosofiese tendense. Hulle is bedreig deur die oop en vernuwende denke wat skynbaar die ou gevestigde geloofsuitgangspunte ondergrawe. Hulle is bekommerd oor teoloë wat skynbaar nie meer met stellige sekerheid uitsprake oor reg en verkeerd kan of wil maak nie.

Hoe kan mens aanhou glo as dinge soos die uniekheid van die Christelike geloof en die suiwerheid van die kerk ondermyn word deur voorste teologiese denkers? En wat gaan van ons geloof word as die kerk wat die geloofsisteem staande moet hou, blykbaar te lamsakkig is om dissipline in eie geledere toe te pas? Lees voort “‘N GELOOF VIR ONS TYD”

‘N LIEFDE WAT GEEN MENS VERDIEN NIE

Dit gebeur meer kere as wat ek graag wil erken dat ek ongehoorsaam is. Ek doen iets wat ek baie goed weet die Here nie wil hê dat ek moet doen nie, of ek doen nie iets nie wat ek weet die Here graag sou wou gehad het dat ek moet doen. Wanneer ek ongehoorsaam was, is my verhouding met God nie wat dit moet wees nie. Nie omdat ek bang is dat Hy my gaan straf nie, maar omdat ek begin het om te verstaan hoe baie lief Hy my het, en ek graag met dieselfde tipe van liefde teenoor Hom wil leef. Lees voort “‘N LIEFDE WAT GEEN MENS VERDIEN NIE”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑