OM GOD SE VERGIFNIS TE BELEEF

In ons gemeente se Bybelleesprogram lees ons vanoggend Psalm 51. Dawid skryf die Psalm nadat hy deur die Here uitgevang is dat hy met Batseba owerspel gepleeg het. ‘n Doelbewuste sonde en moord met voorbedagte rade waar die koning van ‘n land sy magsposisie misbruik het om sy wellus te bevredig en selfs nie gehuiwer het om ‘n man dood te maak sodat sy oortreding minder sleg kan lyk nie.

Ek stel dit so kras, want as daar vir so ‘n man vergifnis is, dan tog sekerlik vir my ook. Ek wil nie eers begin om voorbeelde te noem van mense wat God se vergifnis nodig het nie. Mense neem aanstoot as mense hulle van sonde probeer oortuig. Ek het dikwels God se vergifnis nodig. Ek het dikwels my medemens se vergifnis nodig. Ek het dikwels nodig om Psalm 51 te lees.

Wat daarvan ons lees vanoggend hierdie Psalm deur en laat toe dat die Psalm met ons werk soos die Psalm met ons wil werk. Lees voort “OM GOD SE VERGIFNIS TE BELEEF”

Blog at WordPress.com.

Up ↑