Uit die aard van my werk dink ek baie aan Jesus se kruisiging. Onder andere kan ek nie anders as om te dink aan die soldate wat Jesus gekruisig het nie. Hulle was net mense wat opdragte uitgevoer het. In ons Bybelleesprogram lees ons vandag Lukas 23:32 en 46. Jesus se gebed aan die kruis vir die soldate.
Iemand het vir die groep soldate se bevelvoerder die opdrag gegee om hierdie man te kruisig. Dit was nie ‘n vreemde opdrag nie, want baie mense is in daardie tyd gekruisig. Daar is eintlik nie veel verskil tussen die kruisiging en om iemand op te hang as straf vir moord of dan die doodstraf deur middel van die elektriese stoel of ‘n inspuiting. Dalk ‘n klein bietjie meer beskaafd, maar die eindresultaat is dieselfde, ‘n mens sterf vir die wandade wat hy gepleeg het.
Is daar mense wat al onverdiend en onnodig gesterf het? Natuurlik! Verlede week is ‘n man in die VSA vrygelaat wat vir 17 jaar onskuldig in die tronk was en nou het DNA toetse bewys dat hy onskuldig is.
Terug by die soldate wat Jesus gekruisig het. Lees voort “VYANDE SE BEDOELINGS …”