NOU WAT DAN VAN DIE HEL?

Ek skryf hierdie post met versigtigheid. Om oor die hel te praat is omstrede.

Rob Bell het in 2011 Love Wins: A Book About Heaven, Hell, and the Fate of Every Person Who Ever Lived geskryf. Die boekie was topverkoper en een van die mees omstrede van die jaar.

Rob Bell is daarvan beskuldig dat hy Universalisme verkondig. Universalisme verkondig basies die boodskap dat alle mense gered sal word selfs mense soos Adolph Hitler en Osama Bib Laden. Na ‘n mens se dood het God dan al die tyd wat Hy nodig kan hê om deur sy liefde mense te oortuig sodat hulle die evangelie as die waarheid aanvaar.

Vir my is daar duidelike aanduidings in die Skrif dat daar wel ‘n hel is en dat sommige mense wel verlore gaan onmdat hulle nie in God geglo het nie.

“Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees.

Maar die wat bang en ontrou geword het, die losbandiges, moordenaars en onsedelikes, bedrieërs en afgodsdienaars en al die leuenaars, hulle lot is die poel wat met vuur en swael brand, dit is die tweede dood.” (Openbaring 21:7-8)

Aan die ander kant is dit ook so dat Openbaring 22 weer vertel van “die rivier met die water van die lewe.”

Dit is helder soos kristial en dit stroom uit die troon van God en van die Lam uit. Tussen die hoofstraat van die stad aan die een kant en die rivier aan die ander kant staan die boom van die lewe. Hy dra twaalf keer per jaar vrugte: elke maand lewer hy sy vrugte. Die blare van die boom bring genesing vir die nasies.” (Openbaring 22:2)

Die vers wil tog ook die indruk skep dat daar selfs in die nuwe hemel en die nuwe aarde genesing gaan plaasvind.

Dit lyk vir my daar kan drie menings wees.

1. Daar is ‘n hel waar almal wat nie gered is nie die ewigheid gaan deurbring nie.

2. Daar is nie ‘n hel nie. Met die verloop van tyd oortuig God almal om te glo.

3. Daar is nie ‘n hel nie. Die wat gered is leef vir ewig by God en die wat nie gered is nie hou by die dood net op om te bestaan.

Een dink wat ek dink ons duidelik moet stel is dat die vraag oor wie gered is/word en wie nie gered is/word ‘n vraag is wat net God kan antwoord. NT Wright maak hierdie opmerking:

The central fact about humans in the Bible is that they bear the image of God (Genesis 1.26-8, etc.).I understand this as a vocation as much as an innate character. Humans are summoned to worship and love their creator, and to reflect his image into the world. When, however, instead of worshipping and loving him, they worship and love that which is not him — in other words, something within the order of creation, whether spiritual or material — they turn away from him. But they can only be maintained in his image, as genuine humans, by worshipping him; they depend on him for their life and character. The rest of creation, by contrast, is subject to decay and death. If we worship it, or some part of it, instead of the life-giving God, we are invoking death upon ourselves instead of life.

Ons skeppingsdoel is om God te aanbid. God wil hê dat ons Hom moet aanbid omdat dit deur aanbidding van Hom as die enigste ware God is wat die “Imago Dei” (Beeld van God) die beste in ons gevorm word.

Ek dink ons moet waak teen fundamentalistiese arrogansie wat sou wou sê dat “Net mense wat soos ek glo gaan gered word.” Ek dink ook mens moet versigtig wees om die duidelike waarskuwings van die Woord oor die gedagte dat sommige verlore gaan ignoreer en langs die weg van teologiese liberalisme glo dat niemand verlore sal gaan nie.

Jesus kom weer om alles nuut te maak. Hy sal heers en onder sy volkome heerskappy sal daar geen dood of lyding meer wees nie. Jesus se wederkoms sal ongelukkig ook gepaard gaan met sommiges wat die ewigheid weg van God af gaan deurbring.

13 thoughts on “NOU WAT DAN VAN DIE HEL?

Add yours

  1. As daar nie ‘n hel is nie, was Cristus se sterwe verniet, of mis ek iets? Hel is dalk nie soos ons dink dit is nie, maar ek dink ons moet maar bly glo dat as ek nie ‘n kind van die Here is nie, ek die ewigheid gaan deurbring op ‘n ander wyse en ander plek as die kinders van die Here. Ek is geleer dat mense wat in God glo Hemel toe gaan en die res na die ewige bederf. Daar is beskrywings van die poel van vuur, ens wat “die ander plek” beskryf. Miskien moet ons net meer glo aan die onsienlike en weet dat ons eendag ten volle sal ken. Vandag kan ons maar net spekuleer, maar. Spekulasie moet ons nie laat twyfel aan die liefde en genade van God nie en meer belangrik, spekuilasie moet nie die swakkes van geloof laat struikel en val nie. ‘Om ons aanvaar dus maar vir nou dat daar wel ‘n hemel en hel is.

  2. Daar is nog ‘n (vierde) mening: alles eindig met die dood. Daar is niks hierna nie. Die rede: hemel en hel is antieke terme wat baie algemeen in die destydse religieë bestaan het. In die die moderne tyd (met nuwe kennis), ontstaan die 4e mening. Vgl. ook NGK sinode se besluit oor die bestaan van die duiwel al dan nie.

  3. Albert: Daar is inderdaad die vierde mening, maar dit is merendeels ‘n standpunt wat veral deur Ateïste gehandhaaf word. Ek het die drie genoem wat vir gelowiges ter sprake is.
    Jou verwysing na die besluite van die Algemene Sinode oor die bestaan van die duiwel sou maklik misleidend kon wees. Eerstens is dit eintlik besluite met betrekking tot die bediening van bevryding. Die besluite van die Algemene Sinode het GEEN verwysing hoegenaamd na die hel of die hiernamaals nie (Tensy ek iewers iets mis lees).
    Gaan lees gerus weer die besluite by http://www.ngkerk.org.za/documents/BEVRYDING%20ALGEMENE%20SINODE%202011-10-12.doc

  4. Ek sal meer hieroor moet nadink, maar huidiglik sien ek dit so:
    – Om by God te wees is wonderlik.
    – Om verwyderd te wees van God en Sy genade is ‘vreeslik’ – selfs al is dit net ‘n tydelike gevoel. ‘Vreeslik’ kan vervang word met ‘die hel’. vir my is dit die plek waar jy verkeer as jy nie die Heerlikheid van Goid se Genade kan geniet nie.
    – die ‘hel’ kan ook op aarde wees en hierna.
    – ek glo nogal dat God se Genade is so groot dat Hy wel aan sondaars die opsie sal gee om die hel vry te spring ( dink aan Jesus aan die kruis waar die een mede gekruisigde verseker was deur sy uitspraak om Hemel toe te gaan na sy dood)

  5. Albert, Die Algemene Sinode het inderdaad nie gehandel met die begrippe hemel of die hel nie, maar met die “bose”, hetsy die duiwel of enige ander bose mag.
    Ek luister gisteraand op die TV na “Lewe met…..” en een dame wat ‘n “na doodse ervaring” beleef het, sê dat sy nie aan ‘n spesifieke God of godsdiens glo nie, maar aan “iets meer”, maar sy kon nie sê wat, wie of hoe nie. Die dame was duidelik totaal in die duister oor wie en wat God is en eintlik het ek haar jammer gekry. Ek het so gewens ek kon haar net die heel basiese van die Evengelie verduidleik – in kinderlike terme. Om te praat oor die hel en die hemel is om te spekuleer oor dinge wat ons nie werklik verstaan nie – die “dowwe spieel” waarin ons kyk waarvan die Bybel praat. Die Bybel leer ons dat die hel ‘n plek / toestand is waar dit nie “lekker” gaan wees nie, terwyl die hemel weer beskryf word as ‘n plek / toestand waar dit “baie lekker” gaan wees. Glo dus maar net dat daar ‘n “hel” is en ook ‘n “hemel” is. Oor die detail van waar dit is en hoe dit gaan wees, is daar nie duidelikheid nie. As ek kan kies, kies ek om maar eendag hemel toe te gaan. Ds. Attie, ietsie uit die heup uit: Ek wonder al die jare nog of iemand wat gesterf het dadelik “hemel” toe gaan en nie dalk eers iewers in “transito” bly todat die Here weer kom om al Sy kinders saam met hom hemel toe te neem nie. Wil jy nie assebelif bietjie daaroor ietsie sê nie?

  6. Philip – Jy het dit reg. God bied aan ons elkeen tot met die laaste asemteug die geleentheid om in Hom te glo.
    Johan – Moeilike vraag, maar ek kan dalk ietsie daaroor skryf. Ek dink egter net die gedagte van “hemel” en “hel” en dat alle gelowiges dink daar is ‘n “hemel” of ‘n “hel” is nie vanselfsprekend nie.

  7. Attie, Ek wonder nog altyd wat bedoel my dierbare vrou as sy sê; “Julle mans het hemel op aarde.” Dalk het sy net iets meer teologies hier beet.
    Ek sal dit baie waardeer as jy ons so paar “pointers” kan gee oor my vraag. Ek weet dit is ‘n baie moeilike een. Ek begin al meer dink dat God sy kinder alam eendag saam met Hom gaan neem waar Hy is – ek weet nie, maar dit lyk vir my al meer na so iets.
    Ons blog darem nou oor “diep dinge” en ek geniet dit.

  8. Dagsê Doom Attie

    Baie dankie vir hierdie inskrywing. Ding waardeer nog al die jare dat Doom bereid is om te praat – met groot omsigtigheid. Dit is nodig dat daar dapper Dominees soos Doom is in die lewe. Regtig.

    Johan se vraag is ook al jare lank een van Moedertjie se vrae. Deesdae, met Oom Groot Donker wat al langer skadu’s tussen haar treë kom gooi, wonder sy meer dikwels daaroor. So, ja, asseblief, Doom Attie, gesels met ons oor daai ene? Wanneer Doom tyd het.

    Oor die hel:
    Janee, Ding hou nogal van daai een om redelik simplisties te glo – iewers is daar ‘n storie in die Skrif oor die “buitenste duisternis …. en ‘n geween en gekners van tande” – Ding onthou altyd, wanneer Ding aan die hel dink, as dis daai plek waaroor die ou bejaarde Kleurling-predikant destyds vir sy minder wel-ter-tale gemeente verduidelik het. Hy reken een Sondag vir hulle te vertel iets in die lyne van:
    Djulle bieter beginte glo, ne, want daai dag as die Jirre we’ kom, ga djulle sports sien. Die duiwel vat niemand se nonsens nie en as die Jirre vir djulle uit Sy Lig uitgooi vi’ die duiwel en sy donkerte, dan sal djulle in daai buitekantste duiste’nis net ‘n geween en klaagliedere hoor en ‘n gekners van tanne…. Op daai stadium kyk hy sy gemeente so deur en besef party van hulle sit nou twee en twee op ‘n letterlike wyse bymekaar en dink hulle is gered, want min van die gemeente het hulle eie tande oor… Dis toe dat hy as nagedagte bysê: …. En smile sallie helpie! Die van djulle wattie me’ djulle se tanne hettie en op djulle se rims ry, djulle sal a’mal gesupply worre, verstaan djulle?!

    Maak vir Ding nog al die jare sin om presies so eenvoudig aan die hemel en die hel te glo – weet maar daar IS ‘n hel en moenie dink jy kan maak soos jy wil nie – as jy nie ore het nie, sal jy jou tande deurkners en as jy nie tande het nie, sal jy gegee word om te kan kners, maar in die hel, SAL jy kners!

    Dankie vir ons pastoriegroete, Doom – ougat!
    Grondgroete
    Ding

  9. Albert
    Jammer vir jou, Attie is reg. Die sinode het nog nie besluit jy hoef nie in die hel te glo nie. Maar soos ek dit sien, en die kerkreg verstaan, was die sinode se besluit oor die duiwel ongeldig. Dus sal jy maar miskien jou ongeloof oor die duiwel ook weer in heroorweging moet neem.

    Johan is natuurlik reg: As daar nie ‘n hel is nie, waarvan het Christus ons dan gered? Om op te hou bestaan klink vir my nie so sleg nie…

    Lees hier oor hoekom die sinode se besluit ongeldig is – ten spyte van die feit dat die kerkorde sê enige kerkraadsbesluit is geldig tot dit deur ‘n ander besluit vervang word.

    http://hierstaanek.com/2011/12/29/ferdie-mulder-die-ontkenning-van-jesus-se-liggaamlike-opstanding-uit-die-dood-n-teologiese-agtergrond/

  10. Die bybel praat van Lasarus en die ryk man . Die ryk man wat baie swaar kry en slegkry vra dat sy famile tog net gewaarsku moet word op aarde. Toe word daar aan die rykman gese dat God selfs sy eie Seun gestuur het en hulle het selfs hom doodgemaak. Dit lyk my dat baie mense al hoe meer aards word en minder in God glo deur sy bestaan te verontagsaam. Dit is so jammer . Ek stem saam met Phillip ek kan nie sonder God se liefde genade en leef nie. Nou die aand op die plaas voor sononder so 18H50 loop ek buite . Ek se toe vir God dankie vir alles! God is my Vader Hy beskerm my. Regso Phillip ek kan nie een oomblik sonder God nie. Groete in Jesus.

  11. Zoals je schrijft staat in Openbaring een “plaats buiten de stad” en een rivier van leven. Als je goed leest staat nergens echt dat de mensen buiten de stad daar altijd zullen blijven (in het Grieks staat dat niet). Maar dat is niet dat universalisme zegt dat de hel niet bestaat.

    Voor Johan: als Christus niet gekomen was, dan was de hel voor iedereen. Pas toen Christus kwam, was er een andere weg. En al redt Christus dus we zijn echt vrij van de straf en vergeven, er is nog straf voor wie niet luistert. En als God allen redden wil, dat zegt Paulus, dan is dat toch geen plaats om te blijven maar een plaats om te veranderen en dan zullen slechte mensen die niet naar God luisteren en christenen vervolgen toch de gevolgen ervaren (straf) en ook snappen dat ze verkeerd waren en dan als God genadig is en rechtvaardig en geduldig ook van slechte mensen goede mensen maken zodat alles vergeven wordt en alles weer goed is? Dat is universalisme. (http://www.christelijk-universalisme.nl is mijn website hierover)

    [I guess you can read this just fine, but if you want I can translate it to English]

Lewer kommentaar op Abraham Kanselleer antwoord

Blog at WordPress.com.

Up ↑