Met die oog op Sondag se preek lees ek hierdie week 2 Samuel 23:1-7, Dawid se laaste woorde. Uit die aard van die saak moet ons verstaan dat die laaste woorde van Dawid lank na sy dood geskryf is. Waarskynlik in ‘n tyd toe hy reeds meer as ‘n ikoon geword het. In die oë van God en mens was daar nooit weer ‘n koning soos Dawid nie, en sou daar ook nooit weer een soos Dawid wees nie. Maar, kan mens die man wat ons in 1 en 2 Samuel leer ken, die grootste koning in die oë van God en mens noem?
Die prentjie wat Dawid se laaste woorde oor hom skets, is nie akkuraat nie of ten minste nie die volledige prentjie nie. Uit hierdie laaste woorde sal ‘n mens nooit raai dat dit die man is wat ‘n buite egtelike verhouding met Batseba gehad het en toe sy swanger raak haar man laat doodmaak het nie. Lees voort “ONS EN ONS LEIERS”