MURE RONDOM ONS

Ons woon nogal in ‘n mooi omgewing. As ons in die oggend wakker word en ons trek die gordyne oop, dan sien ons ‘n klein stukkie berg. Die Kapenaars sou sê ons sien iets wat met ‘n koppie vergelyk kan word. Hoe dit ookal sy, vir ons is dit ‘n stukkie berg – die Magaliesberg.

Die strate is besonder boomryk en hier by ons maak die munisipaliteit die slaggate redelik getrou reg. Die meeste strate het sement sypaadjies en die mense stap graag met hulle honde of draf vir oefening. Ons voel as gesin baie veilig in Waverley. Die meeste mense wat in Waverley bly, bly al baie jare lank hier. As ek sê ‘n leeftyd dan bedoel ek 70-80 jaar en soms selfs langer. Mense is hier gebore en hulle gaan hier dood. Die meeste mense ken mekaar of weet ten minste van mekaar.

Maar so ‘n gemeenskap is ook ‘n moeilike gemeenskap om deel van te word. Vir ons was dit maklik toe ons in Augustus 2009 hier ingetrek het. Ons was immers die dominee en sy gesin en ons het in die pastorie ingetrek. Mense het ons opgesoek en ons verwelkom. Ek kom egter agter dat dit veral vir die jonger mense wat hier intrek moeiliker is. Die jonger mense met wie ek in aanraking kom sê nogal dat dit moeilik is. MURE RONDOM ONS.

As mense sukkel om deel te word van ‘n gemeenskap moet die kerk daarvan kennis neem. Lees voort “MURE RONDOM ONS”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑