NOU WAAR IS DIE HEMEL DAN?

Ek het so pas “Simply Jesus” van NT Wright gelees.

Wright het my aan die dink gesit oor ‘n hele paar dinge. Een daarvan is die hele kwessie oor die hemel. Hierdie gedagte van Wright kom in verskeie van sy boeke na vore:

“In the Bible, “heaven” and “earth” overlap and interlock, as the ancient Jews believed they did above all in the temple.” (p. 191)

Hemel is die plek waar God volkome in beheer is. “Heaven is the place from which the world is run.” (p 195) Ek kon nie anders as om te dink aan die manier waarop die evangelie volgens Markus Jesus se “intreepreek”  beskryf nie:

“Die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.” (Markus 1:15)

In sy boekie King Jesus Gospel skryf Scot McKnight dat die koninkryk in Jesus so naby gekom het dat as jy jou arm uitsteek kan jy dit dalk binne in die koninkryk insteek. In Jesus het hemel en aarde ge-“overlap” en ge-“interlock”. Volgens Wright is hierdie saak vir ons moeilik om te snap want ons leef eintlik met Plato se beeld van die hemel en die aarde en nie noodwendig die Bybelse beeld nie.

“… we are Platonists at heart, supposing that if there is a “heaven”, it must be non-physical, beyond the reach of space, time.”

Ek weet nie hoe jy geleer is om oor die hemel en die aarde te dink nie. Indien Wright reg is, dan het die meeste van die mense wat op my denke as kind ‘n invloed gehad het, ‘n ernstig Platoniaans aanslag gehad. Die “hemel” is om weggeneem word uit hierdie wêreld. Wright maak die punt dat die “overlap” en die die “interlock” op verskillende plekke en geleenthede gebeur. As die “hemel” is waar God is dan vind hierdie oorvleueling en aansluiting plaas waar die teenwoordigheid van God ookal realiseer. Die sakramente; gebed; die lees van die Bybel; waar twee of drie in sy Naam saam is; waar honger mense kos kry en arm mense versorg word.

The resuurection of Jesus doesn’t mean, “It’s all right. We’re going to heaven now.” No. the life of heaven has been born on this earth. It doesn’t mean, “So there is a life after death.” Well, there is, but Easter says much, much  more than that. It speaks of a life that is neither ghostly nor unreal, but solid and definite and practical. The Easter stories come at the end of the four gospels, but they are not about an “end.” They are about a beginning. The beginning of God’s new world. The beginning of the kingdom. God is now in charge, on earth as in heaven. And God’s being in charge is focussed on Jesus himself being king and Lord.

Wright het my ernstig aan die dink gesit oor die hemel. Aan die een kant is dit vir my wonderlik om te weet dat ek kan bid of Bybel lees of kerk toe gaan of ‘n kind doop of nagmaal gebruik en weet: “Die Koninkryk van God het naby gekom.” Ek kan ‘n stukkie hemel op aarde beleef. Aan die ander kant vra ek ook die vraag: “Waar is die tekens van die heerskappy van God?”

Dit is tog ook waar dat die hemel op aarde kom wanneer ‘n honger man kos kry en ‘n dors man water kry en ‘n treurende vertroos word en verhoudings herstel word en…

 

5 thoughts on “NOU WAAR IS DIE HEMEL DAN?

Add yours

  1. Ek het nog nie juis hieroorintens nagedink nie. My gedagtes, voor ek hierdie stuk gelees het, was eenvoudig as volg: Hemel is waar God regeer. God regeer op aarde en in my lewe en daaglikse omgang. Dus – Hemel is ook op aarde en in en om my!
    Attie,ek weet nie hoe ek op jou blad afgekom het nie. Ek het nog nooit hierdie tipe blogs op die internet gelees nie. Maar ek is bly ek het jou ‘gevind’.

    Ek wil met jou praat oor Rooiberg en die bosveld – hoe kontak ek jou privaat?

  2. Die volgende gedagtes uit jou blog is ter sake:” As die “hemel” is waar God is dan vind hierdie oorvleueling en aansluiting plaas waar die teenwoordigheid van God ookal realiseer. Die sakramente; gebed; die lees van die Bybel; waar twee of drie in sy Naam saam is; waar honger mense kos kry en arm mense versorg word.”
    My afleiding nr 1
    In 1 Johannes 4 lees ons ‘God is liefde’; dan kry ons uitleef van naasteliefde en liefde vir medegelowiges (1 Joh 4:7) nuwe betekenis. Dan is God se liefde oral sigbaar. Kan ek dan aflei dat die konsepte van ‘hemel’, ‘God se teenwoordigheid’, ‘die getuienis van ‘n gelowige en ‘God se liefde’ op dieselfde horisontale vlak funksioneer en dat daar inderdaad nie ‘n vertikale (lees trappe van vlakke) vlak bestaan nie, want in die geloof is God die senior vennoot en die gelowige die junior vennoot (aldus prof J Heyns).
    Afleiding 2
    Attie, ek wonder of NT Wright iets skryf oor die hel, want jy kan nie oor die hemel praat ‘as woonlek van God’ en niks skryf oor die hel ‘as die plek waar God nie is?

  3. Hmmm, vier gedagtes diekant:
    1. Moedertjie gaan diep teleurgesteld wees as sy moet hoor en aanvaar dat hemel nie vir die afgestorwenes is nie – Ding reken sy sien deesdae nogal daarna uit om “hemel toe te gaan”.

    2. Wat Herman sê, interesseer vir Ding – daardie gedeelte oor hoe praat man-man sinvol oor hemel sonder om te praat oor hel. Ding hou die spasie dop vir Doom se inset daarop.

    3. Ding het as kind laas op die naat van Ding se rug op die grasperk gereken hemel is agter die blou van die lug en dan kon Ding vir Onsepa daar sien. Maar dit was laaste. Vir Ding is hemel ‘n verhewe staat, of dan abstrakte dimensie, wat mettertyd deur kwalifiserende siele betree word, maar wat uiteraard reeds teenwoordig is.

    4. Ding moet bieg dat Ding eintlik selde wonder oor die hemel en die hel – Ding is mos maar ‘n leke-gelowige. As Ding nie eers die huidige staat waarin Ding se siel verkeer, kan ontsyfer nie, wat sal Ding laat reken dat Ding kan weet van die hemel? As Ding nie eers die mensdom wie Ding kan sien en mee kommunikeer, die lewe wat Ding self eerstehands as tweedeklas burger lewe, kan uitpluis, ontsyfer en begryp nie, wat sal Ding laat dink Ding kan die onsienbare verstaan of begryp? Neewat, Ding verkies om daardie ‘n misterie te hou vir eendag se ontdekking en ervaring.

    Maar ja, dit bly interessant om te leer daarvan – dankie vir die inskrywing en die deel hiervan, Doom.

    Grondgroete
    Ding

  4. Ding kan maar vir Moedertjie gerusstel. Die hemel is waar God in sy alwysheid regeer en teenwoordig is. Wie die tydelike met die ewige verwissel gaan waar God volkome in beheer is. Daaroor dalk meer by ‘n ander geleentheid. So ook sal ek nog ‘n inskrywinkie oor die hel ook maak. Ek dink egter die dat ons die hele gedagte van “misterie” baie naby moet hou wanneer ons oor hierdie dinge praat. Ons verstaan nog nie alles nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: