VANDAG NOG SAL JY SAAM MET MY IN DIE PARADYS WEES

Wat gebeur as ‘n mens doodgaan?

Mens esal aanhou om die vraag te vra. Ek is nie ‘n akademikus nie en het beslis nie genoeg kennis om finale uitsprake oor hierdie sake te maak nie en sou heeltemal bereid wees om hieroor te sĂȘ: “Ek verstaan nog nie alles nie.” of selfs: “Ek dink ek moet anders dink oor hierdie saak.” Tog is die hele gedagte oor die lewe na die dood iets wat vir gelowiges ‘n ontsaglike groot bron van hoop is.

Ek moes hierdie ding vir myself verstaanbaar maak sodat ek kan probeer om vir mense troos en veral hoop te bring.

Vir my is Jesus se antwoord op die versoek van die moordenaar aan die kruis een van die meer hoopvolle uitsprake in die verband. Meeste ken die gebeure. Die misdadiger is saam met Jesus gekruisig. Op een of ander manier het die misdadiger tot die oortuiging gekom dat Jesus die Messias is en dat God deur Hom besig is om beheer te neem en dat God dus weer koning gaan wees. In sy misdadiger-gemoed is daar geen onsekerheid dat hy gaan sterf nie. Lees voort “VANDAG NOG SAL JY SAAM MET MY IN DIE PARADYS WEES”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑