Mense hou van verhale of stories.
Wanneer ek preek maak ek dikwels van alledaagse gebeure gebruik om ‘n bepaalde punt te beklemtoon. Ek is dikwels verbaas hoe die “stories” wat ek vertel mense se aandag kry. Wanneer mense dan by die kerk uitstap, onthou hulle dikwels die “storie” wat ek vertel het en nie noodwendig punt 1, 2 en 3 wat ek in die preek wou maak nie.(Ja, my preke het dikwels ‘n paar punte.) Daarmee saam plaas ek dikwels die gedeelte wat ons lees binne die historiese en sosiale konteks van die teks se ontstaan. Mense geniet dit. Geskiedenis is ook mos maar verhalend.
Sulke illustrasies gaan gepaard met risiko. Mense kan dalk die “storie” onthou en vergeet wat die punt is wat jy met die storie wou beklemtoon. Hoe dit ookal sy, mense geniet stories.Omdat mense van “stories” hou, vertel ek dikwels van die Bybel gebeure in ‘n “storie”-vorm. Verlede jaar (2011) was ek verstom om te sien hoe min van die Bybel-verhale is daar wat die tieners ken.
Toe ek aan die einde van die jaar bietjie evalueer, is dit ook die twee preke wat die tieners in die belydenisklas onthou. Lees voort “DIE BYBEL AS VERHAAL”